NG Gemeente Riebeek-Wes

NG Gemeente Riebeek-Wes Waar Diens aan God 'n Avontuur is!

Skryf nou in! Lekker pryse om te wen. Volledige instruksies sal aan al die deelnemers gestuur word. Skryf in as 'n besig...
07/09/2026

Skryf nou in! Lekker pryse om te wen. Volledige instruksies sal aan al die deelnemers gestuur word. Skryf in as 'n besigheid, of sommer net 'n klomp pêlle saam.

Ons jaarlikse basaar is ‘n wonderlike geleentheid om die gemeenskap en die gemeente beter te leer ken. ‘n Bietjie hulp (...
05/09/2026

Ons jaarlikse basaar is ‘n wonderlike geleentheid om die gemeenskap en die gemeente beter te leer ken. ‘n Bietjie hulp (of baie 😄) sal baie help by al ons stalletjies!
Trek aan jou tekkies en trek jou moue op en bied hulp aan by 'n stalletjie (of 3) van jou keuse en 'n tyd wat jou pas!
Skakel of WhatsApp die tafelhoofde en steek jou hand op (baie dankie! 🙌🏻)
As die wind so waai is dit tyd om reg te pak en daar sal ons met ope arms items wat nie langer in gebruik is verwelkom vir die wit olifant tafel!

01/09/2026
30/08/2026

*AANKONDIGINGS*
Sondag 30 Augustus 2026
*Bybelsondag*

💒 09:30 Erediens
Prediker: Dr André Bartlett
Teks: Matteus 11:16-19
Tema: Jesus wat lief is om te kuier

*Deurkollekte*
Spesiale kollekte: Bybelgenootskap

*Kinderkerk* 👧🧑
Geen kinderkerk

*Verjaarsdae*
31 Aug Hanschen Probart
1 Sep Edna Minnie (Huis Bergsig)
2de Helene Dippenaar, Tiaan Willemse
3de Raniël Koegelenberg
4de Frank Smith
Baie geluk! 🌻

*Kerkraadsvergadering*
Donderdagaand 3 September om 18:30 in die konsistorie.

*Bloeddiens*
Maandag 31 Augustus vanaf 14:00 tot 17:30 in die kerksaal.

*Kerkalmanak*
Ons is besig om die kerkalmanak vir 2027 saam te stel. Datums wat op die almanak moet verskyn, kan by die kerkkantoor ingehandig word. Kies 'n maand en borg 'n bladsy teen R500. Ons benodig daarvoor die embleem, nommer en naam van die onderneming sodat dit by die betrokke maand geplaas kan word.

September en Oktober is gewoonlik twee belangrike maande op ons kalender. Die veeveiling vind gedurende September plaas en die basaar gedurende Oktober. Ons sien uit na die basaar op 10 Oktober te Groenrivier. Dis jaarliks 'n lekker saamkuier vir klein en groot.

*Nagmaal*🍷🍞
Volgende Sondag - 6 September

*Tee*
Geniet 'n koppie tee/ koffie in die kerksaal na afloop van die erediens.

Ons Wynveiling was n heerlike aand van samesyn, lekker kos, pragtige lotte en puik wyne! Baie dankie aan elkeen wat daar...
25/08/2026

Ons Wynveiling was n heerlike aand van samesyn, lekker kos, pragtige lotte en puik wyne! Baie dankie aan elkeen wat daar was en ook aan al ons donateurs! Ons is baie dankbaar!

16/08/2026

*AANKONDIGINGS*
Sondag 16 Augustus 2026

💒 09:30 Erediens
Prediker: Dr André Bartlett
Teks: Matteus 8:18-22
Tema: Jesus die Swerwer

*Deurkollekte*
Spesiale kollekte: Alta du Toit skool

*Verjaarsdae*
18de Ria Dormehl, Hersia de Jager, Estelle Bester, Johan Mynhardt
19de Jana Mynhardt
21ste Alwyn Dippenaar (jnr)
Baie geluk! 🌻

🍷*Wynveiling*
Donderdagaand 20 Augustus te Groenrivier

🌸*Dankfees-basaar* 10 Oktober 2026
Die basaar kom ook vinnig nader. Daar is konvenors wat al kliphard aan die werk is. Ons gaan vanjaar ook 'n tafel inbring nl wit olifante, handwerk en geskenke. Elkeen wat iets kan brei, naaldwerk doen of 'n geskenkie saamstel, kan nou begin om vir ons iets te maak. Dis ook nou tyd om die rakke en garage reg te pak en die wit olifante te bring wat in die pad staan. Wat nie meer vir jou werk nie, is 'n winskopie vir iemand anders.

*Lief en Leed*
Twee gesinne uit ons gemeente het geliefdes verloor en ons dink aan hulle in hierdie hartseertyd.
✝️Gerhard Wentzel. Sy gedenkdiens is Dinsdag 18 Augustus om 11:00.
✝️Gielie van Niekerk. Besonderhede sal later bekend gemaak word.

*Tee*
Geniet 'n koppie tee/ koffie in die kerksaal na afloop van die erediens.

Address

162 Kerkstraat
Riebeek-Wes
7306

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:30 - 10:30

Telephone

+27224612518

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Gemeente Riebeek-Wes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category