VGK Riebeek Wes

VGK Riebeek Wes Members of VGK Riebeek-Wes

Die VGK Riebeek West host die gewilde en bekende gospel groep, Die Lekker Crew, op Saterdag, 29 Augustus, in ons gemeent...
28/08/2026

Die VGK Riebeek West host die gewilde en bekende gospel groep, Die Lekker Crew, op Saterdag, 29 Augustus, in ons gemeente.
U sal moet spring as u die geleentheid wil meemaak want daar's nog net een dag oor en enkele kaartjies oor, om te verseker u is binne...if you snooze you loose...
Elke persoon met kaartjie kry gratis koppie sop en n broodjie😋😋 yummy

04/08/2026

WOTD:
Kyk uit vir die goedheid, trou en sorg van die Here sodat jy bewus daarvan kan wees as Hy dit vir en aan jou doen deur die dag;
Kyk uit waar God besig is om te werk, en stel jou beskikbaar om diens te doen, presies daar waar Hy aan't werk is...moenie werk waar JÝ wil werk nie....
Mag u Sy seeninge ervaar..🙏🏽

01/06/2026

Gelukwensing namens gemeente...Martin Appollis

01/06/2026

Br Jevon Appollis namens kerkraad

01/06/2026

...en hulle kan sing

01/06/2026

CYM se gelukwensing

01/06/2026

Chain Breakers...

01/06/2026

Pragtige sang

01/06/2026

Leraarswaarderingsdiens
17 Mei 2026

Onse Vader in die Hemel, ons harte is gevul met en loop oor van dankbaarheid teenoor U, o Here God, die Gewer van lewe, ...
22/05/2026

Onse Vader in die Hemel, ons harte is gevul met en loop oor van dankbaarheid teenoor U, o Here God, die Gewer van lewe, by die aanbreek van 'n nuwe dag en die voorreg wat U aan ons geskenk om dit te mag aanskou te beleef en daarin te kan deel. In ons groei opnuut die diepe besef dat ons niks gedoen het om dit te verdien nie, en ook niks besit/het, om U te vergoed (vergeld) vir hierdie besondere genade wat U oor ons en ons geliefdes uitgestort het nie. Ons kan net ons oneindige dankbaarheid aan U bring as offer vir U liefde, goedheid en trou, wat U met hierdie weldaad aan ons bewys het.

Ons besef dat dit ook nog 'n dag is wat U ons kollega, vriend en broer, Trevor Links, deurgedra het, en op die wyse U getoon het dat U U ore na ons swakke, smeekgebede vir hom gedraai het, en ag daarop geslaan het.
Al sou ons ook n duisend tonge gehad het, sou dit nie genoeg woorde kon spreek oor hoe groot, diep en oneindige ons dank is, oor U ontferming van Hom. In sy swak- en hulpeloosheid, sy totale aangewesenheid/afhanklikheid van U, was U genadiglik daar met U reddende regterhand, U was sy enigste bystand en hulp, U het hom deurgedra.
Vir sy steeds gespaarde lewe en vandag, nog 'n dag met hom aan sy geliefdes geskenk, bring ons eer en hulde aan U, loof ons U, besing ons U glorie en verhef ons U Naam bo alles en almal.
Ons besef, alles is net genade.

Here, ons bely ons, benoudheid en angs, ons kommer en kleingelowigheid, oor sy toestand wat hom gekoppel hou aan masjiene en gekluister hou op 'n siekbed. Nou roep ons U Naam aan in ons benoudheid, met die versugting dat U die kettings v sy siekte wat hom vashou, sal verbreek; ons pleit angstig by U, o Here, dat U aan Trevor nog/weer 'n genadekans tot en op die lewe sal skenk; ons smeek U, magtige God, aan Wie alle mag in Hemel en aarde behoort, om die krag v U opstanding in werking te stel om die sterk wurggreep wat hom beroof en ontneem van vrye en sterk asemhaling, kragteloos te maak; ons tot by U, Here in ons kommer oor die oënskynlike vasgeloopthed van Trevor se siektetoestand, smekend dat U dit vir hom en ons, 'n weg sal oopkloof na uitkoms/verlossing, soos U destyds met die Israeliete voor die Rooisee gedoen het; Here, ons bely ons eie kleingelowigheid, selfs ongelowigheid op herstel, maar daar is in ons 'n stille hoopvolle vertroue dat U n wonderbare deurbraak en uitkoms sal bewerk.

Here sien ons harte....hoor wat ons smeking vir lewe, ennons weet U kan dit in Trevor blaas deur die kragtige werking van die Heilige Gees, -Wind, - Asem...
Maar Here bowenal bid ons...laat U wil geskied, U koninkryk kom, vir Trevor Nolan Links....
In die magtige naam van Jesus Christus

Amen.

Address

Church Building, Kachelhoffer Street
Riebeek-Wes
7306

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VGK Riebeek Wes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to VGK Riebeek Wes:

Share

Category