Primrose Gereformeerde Baptiste Kerk

Primrose Gereformeerde Baptiste Kerk Die Woordverkondiging Suiwer en Bybels gerig!

13/06/2026

✝️✝️Erediens 14 Junie 2026 - Nagmaal Diens✝️✝️

Ek nooi jou hartlik uit na ons Erediens by Primrose Gereformeerde Baptiste Kerk om 10 uur!

Straatadres: Pretoriaweg 161, H/V Pretoria en Turnhout Laan, Primrose.

Indien u nie persoonlik die erediens kan bywoon nie, kan die prediking regstreeks gevolg word, so om en by 10:20, op my persoonlike Facebook blad by Jaco Coetser

Skrifgedeelte: Lukas 22:39-46
Preektitel: Die Vier Kenmerke van Triomfantelike Gebed.
Preek Tema: Om te Bid soos Jesus.
Kern Waarheid/Tesis: Kenmerke wat ware gebed kenmerk is, Verwagting, Lyding in die gruwels van sonde en versoeking, asook Onderwerping aan die wil van God.

Sê my, hoe ernstig is jy oor jou gebedslewe?

Hoe lyk jou gebedslewe? Maar meer nog, waaraan word jou gebede geken?

Die groot probleem vandag is dat mense nie meer bid nie! Ons wonder hoekom ons lewe en so baie dinge uitmekaar val, ek reken dis omdat ons verleer het om reg te bid.

Waarom sê ek so?

Kom na ons Erediens toe en kom luister waarom ware, opregte gebed so belangrik is vir elke mens wat bely dat hulle kinders van die Here is.

Sien jou môre!!! Almal welkom!!!

06/06/2026

✝️✝️Erediens 7 Junie 2026 ✝️✝️

Ek nooi jou hartlik uit na ons Erediens by Primrose Gereformeerde Baptiste Kerk om 10 uur!

Straatadres: Pretoriaweg 161, H/V Pretoria en Turnhout Laan, Primrose.

Indien u nie persoonlik die erediens kan bywoon nie, kan die prediking regstreeks gevolg word, so om en by 10:20, op my persoonlike blad Jaco Coetser

Skrifgedeelte: Markus 8:34-38
Preektitel: Jesus vra vir ‘n totale onderwerping en onvoorwaardelike toewyding aan Hom.
Preek Tema: Die Ware Koste van Dissipelskap.
Kern Waarheid/Tesis: Dit verg die woord van Jesus om die oneindige waarde van die menslike siel te leer, en Hy alleen is voldoende om dit te bewaar.

Almal welkom!

30/05/2026

✝️✝️Erediens 31 Mei 2026 ✝️✝️

Ek nooi jou hartlik uit na ons Erediens by Primrose Gereformeerde Baptiste Kerk om 10 uur!

Straatadres: Pretoriaweg 161, H/V Pretoria en Turnhout Laan, Primrose.

Indien u nie persoonlik die erediens kan bywoon nie, kan die prediking regstreeks gevolg word, so om en by 10:20, op my persoonlike Facebook blad by Jaco Coetser

Skrifgedeelte: Jeremia 3:19-4:4
Preektitel: Hoe lyk ware Bekering?
Preek Tema: God roep Sy volk tot Bekering.
Kern Waarheid/Tesis: Ware bekering is ‘n innerlike transformasie, wat die noodsaaklikheid om na God toe terug te keer beklemtoon.

Sê my, verstaan jy jou bekering? Weet jy wat bekering beteken? Indien jy enigsins twyfel, moet jy more se erediens nie mis nie!

Almal welkom!

23/05/2026

✝️✝️Erediens 24 Mei 2026 ✝️✝️

Ek nooi jou hartlik uit na ons Erediens by Primrose Gereformeerde Baptiste Kerk om 10 uur!

Straatadres: Pretoriaweg 161, H/V Pretoria en Turnhout Laan, Primrose.

Indien u nie persoonlik die erediens kan bywoon nie, kan die prediking regstreeks gevolg word, so om en by 10:20, op my persoonlike Facebook blad by Jaco Coetser

Skrifgedeelte: Matteus 12:33-37
Preektitel: Uit die oorvloed van die hart, praat die mond.
Preek Tema: Die Waarheid oor ons hart Ontbloot.
Kern Waarheid/Tesis: Woorde is objektiewe, waarneembare bewyse van 'n mens se geestelike toestand.

Sê my, waarvan getuig jou mond? Hoe lyk jou hart?

Kom maak seker van die toestand van jou hart.

Almal welkom!

14/05/2026

Goeie middag, ek hoop dit gaan goed met elkeen. Van my kant af, ‘n Baie Geseënde Hemelvaart.

Met dit in gedagte, nooi ek julle om 7 uur in te skakel op my persoonlike Facebook blad, Jaco Coetser, vir ‘n Spesiale Hemelvaart Boodskap.

Ek hoop om julle daar te sien.

Seënwense,

Address

C/o Pretoria Street & Turnhout Street
Primrose
1416

Opening Hours

09:00 - 11:00

Telephone

+27832711035

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Primrose Gereformeerde Baptiste Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Primrose Gereformeerde Baptiste Kerk:

Share