Suiderkruis Gemeente Potchefstroom

Suiderkruis Gemeente Potchefstroom Suiderkruis Gemeente, Potchefstroom
'n Vernuwende en Eietydse NG Gemeente van Jesus Christus vir oud en jonk!

08/06/2026
08/06/2026
04/06/2026

Liewe Gemeente
Dit is met hartseer dat ons kennis neem van die afsterwe van Carel Van der Merwe.
Ons innige meegevoel gaan aan Elizabeth, hulle kinders en die hele familie. Mag die Here hulle in hierdie tyd van afskeid en rou met Sy troos, vrede en krag omring.
Kom ons dra Elizabeth en haar familie in ons gebede op aan die Here, wat belowe het: “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie” (Hebreërs 13:5).

Namens die Kerkraad en Gemeente

Liewe Gemeente, na 40 jaar en 7 maande is dit my laaste dag in Suiderkruis gemeente 😥 Baie dankie vir al jul liefde en o...
29/05/2026

Liewe Gemeente, na 40 jaar en 7 maande is dit my laaste dag in Suiderkruis gemeente 😥 Baie dankie vir al jul liefde en ondersteuning deur die jare. Dankie vir elke oproep en whatsap, ek waardeer dit baie. Ek gaan julle baie mis, hier is nog 'n paar lidmate wat ek 40 jaar terug hier gekry het. My gesegde was altyd: Die dominees kom en gaan, maar hierdie Skriba bly staan. Maar nou het dit tyd geword om te groet.

20/05/2026

VRAE
Lees 1 Johannes 5:6-15

1. Volgens vers 12, wat is die verskil tussen iemand wat “die Seun het” en iemand wat Hom nie het nie?
2. Waarom d**k julle gebruik Johannes die beeld van getuies? Hoekom is dit belangrik dat daar drie getuies is? (D**k aan Deuteronomium 19:15)
3. Waarna verwys die “water”?
4. Wat het Jesus se doop oor Hom openbaar?
5. Waarom was dit belangrik vir Johannes om te beklemtoon dat Jesus werklik mens was?
6. Wat getuig Jesus se bloed oor Hom?
7. Waarom is die kruis sentraal tot die Christelike geloof?
8. Wat verloor ons as Jesus net ‘n goeie leermeester was, maar nie die Seun van God nie?
9. Hoe getuig die Heilige Gees vandag nog oor Jesus?
10. Hoe werk die Gees in ‘n gelowige se hart?
11. Het julle al ervaar dat die Gees julle oortuig of verseker van God se waarheid?
12. “Jy het die lewe, of jy het dit nie.” Hoe voel julle oor so ‘n sterk stelling?
13. Watter vals “bronne van lewe” soek mense vandag?
14. Wat beteken ewige lewe volgens hierdie gedeelte? Is dit net iets ná die dood?

19/05/2026

VRAE
Lees 1 Johannes 4:7-19

1. Wat beteken dit vir jou dat Johannes nie net sê God het liefde nie, maar dat “God liefde is”?
2. Waarom is dit belangrik dat God eerste liefhet?
3. Hoe verskil God se liefde van die wêreld se liefde?
4. Johannes sê niemand het God nog ooit gesien nie. Hoe “sien” mense vandag vir God?
5. Hoekom sê Johannes iemand is ’n leuenaar as hy sê hy het God lief maar haat ander?
6. D**k aan jou eie lewe:
- Is daar iemand wat jy sukkel om lief te hê?
- Hoe kan God se liefde jou help?
7. Watter soorte vrese dra mense vandag?
8. Johannes praat van vrymoedigheid op die oordeelsdag. Waarom hoef ’n Christen nie bang te wees vir God se oordeel nie?
9. Wat beteken dit dat ons sekerheid nie uit selfvertroue kom nie, maar uit Christusvertroue?
10. Hoe sou Mefiboset waarskynlik gevoel het toe hy voor koning Dawid verskyn?
11. Met wie identifiseer jy meer in die verhaal:
- Dawid wat liefde wys?
- of Mefiboset wat genade ontvang?

Address

108 Kampstraat
Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 08:00 - 12:30
Wednesday 08:00 - 12:30
Friday 08:00 - 12:30
Sunday 09:00 - 10:00

Telephone

+27832976748

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Suiderkruis Gemeente Potchefstroom posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category