New Temple Ministries AOG

New Temple Ministries AOG We endeavor to continuously achieve excellence in service delivery.

MISSION

We are a church, based in George, which aims to impact the local church and the community through:
Effective Outreach;
Projects and Programmes;
Various target Driven Ministries.

Ons laaste Sondag van vroue maand - 30 Augustus 2026Prediker: Sr. Rhona Ruiters - Genesis 2 & 3Titel: Van anval na oorwi...
01/09/2026

Ons laaste Sondag van vroue maand - 30 Augustus 2026

Prediker: Sr. Rhona Ruiters - Genesis 2 & 3

Titel: Van anval na oorwinning - Van vrou na Eva‼️

Dis hartseer om te lees dat Eva die toets gedruip dit. Die vyand het ñ aanvalsplan beraam, want hy wou tussen die noue verhouding tussen Adam, Eva en God kom. Hy was jaloers en wou dit nie so hê nie, en hy het dit reg gekry.

📍Die vyand se 1ste aanvalsplan:
- Die aanvalsplan begin by Genesis 3:1 - het God werklik so gesê? Die vyand bring twyfel.
- Baie keer word ons so vasgevang in twyfel wanneer ons luister na ñ storie en vra "kan dit waarlikwaar so wees?"
- Toe die vyand die twyfel bring, toe kon Eva nie reguit sê wat die Here gesê dit nie, en sy sny God uit die waarheid uit.
- As jy die waarheid in 2 moet sny om die 1 wat jou versoek tevrede te stel teenoor God wat jou leer, loop jy in gevaar.

📍Die vyand se 2de aanvalsplan: Genesis 3:6
- Eva wou meer hoor en weet en later van tyd toe begeer sy.
- Is it nie hoe ons baie keer vasgevang word wanneer ñ skinder storie na ons toe kom, dan begeer ons om meer te wil weet.
- Begeer ons ook nie soms wat ander het om in te pas nie?
- Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. EXODUS 20:17

📍Die vyand se 3de aanvalspunt:
- Hy dwing die begeertes af op jou om die wat na aan jou is ook in twyfel te laat.
- Eva gee die appel vir Adam nadat sy weet dis verkeerd, en wys vir Adam hoe sappig dit is, maar omdat hy lief is vir haar, is sy wildskrag min, en hy stap nie weg nie, en hy sê nie vir haar sy mag nie, en hy eet saam met haar.
- Is it nie hoe die bose ons vasgevang kry in negatiewe dinge om dit oor te dra sodat ander ook daar deur weg draai van God af nie?
- Deur verkeerde besluite te neem om ander tevrede te stel, kan dit jou lewe en jou verhoudings kos.

Baie keer as iemand jou invloed, dan invloed jy iemand anders en dis hoe die ketting reaksie begin.

ñ Storie wat uitgepluk is, kan jy nie beteel nie, want dis klaar uit gesit.

Dis wat die vyand doen om verhoudings te verbreek; Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. JOHANNES 10:10

📍Die vyand se 4de aanvalspunt:
- Hy het dit reg gekry om hulle vas te vang in sy web, want hulle draai weg van hulle God af.
- Is dit nie hoe ons as mens is nie, en dan besef ons te laat en probeer dit te bedek, dan beweeg ons weg van God en mekaar af, want die bose het dit reg gekry om tussen ons te kom.
- Dis so maklik om ñ verkeerde besluit te neem en ander daardeur seer te maak, en in die proses God een kant toe te skuif vir plesier.

Eva moes seker nag en dag voor die Here geween het, omdat sy nie sterk genoeg was om deur die slang gebruik te word nie.

Ons is soms nie sterk genoeg om beheer te neem oor sitausies nie, dan word dit erger en erger tot jy nie meer kan nie.

Genesis praat van ñ belofte van God wat ons van ons sonde verlos, en Hy sal sorg dat ons die oorwinning behaal.

En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt. GÉNESIS 3:15

☝🏼 Eva kry ñ belofte uit die hand van God, en dis die eerste Evangelie wat gebore word.

📍Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. JOHANNES 16:33 🙏🏼

30/08/2026

Thank you, sis Mariette and sis Christina for the blessed duet...

Our Father which art in Heaven 🙌🏼

30/08/2026

Mengelmoes-Vrou 🥰

Sondag oggend ere diens... Die laaste Sondag van vroue maand... Mengelmoes-Vrou 🥰 Wat ñ geseënde tyd in die Here se teen...
30/08/2026

Sondag oggend ere diens... Die laaste Sondag van vroue maand... Mengelmoes-Vrou 🥰

Wat ñ geseënde tyd in die Here se teenswoordigheid 🙏🏼

Psalm 122:1: "Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die Here gaan!" 🙌🏼🙇🏻

Sondag Oggend Nagmaal Ere Diens - Lukas 22:14-23Dit is tyd dat jy tyd moet maak om saam Jesus aan tafel te sit sodat Jes...
23/08/2026

Sondag Oggend Nagmaal Ere Diens - Lukas 22:14-23

Dit is tyd dat jy tyd moet maak om saam Jesus aan tafel te sit sodat Jesus ñ een tot een gesprek met jou kan hê.

Jesus wil ñ diep gesprek saam jou aan tafel hê om jou te verseker dat Hy meer kan doen vir jou as die verskillende kleure in jou lewe.

Maak nie saak hoe diep donker jou kleur is nie, Hy is in staat om dit witter as sneeu te maak.

Baie keer sit ons aan tafel saam die Here, dan gee Hy ons ñ wonderlike woord, maar soms is ons smaak nie daar om te besef hoe genadig en goed God is nie.

Jesus wil graag aan tafel saam jou sit om te hoor wat jy deur maak. Hy wil tyd saam met jou spandeer. Hy wil ñ betekenisvolle tyd met jou hê.

"There need to be a willingness to sit with Him at His table. He can only work with you if you say: Lord here I am, I need your help as I cannot help myself".

Jesus kom nie na die tafel toe omdat Hy iets wil hê nie, Hy kom na die tafel toe om daar te wees vir jou waar jy verlossing en vergifnis kan kry, waar jy gebreek en weer opgebou kan word.

Die Here werk met mense wat gebroke is. Jesus was gewillig om gebreek te word, dis hoekom Hy homself oorgegee dit om gebreek te word vir ons.

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. Openbaring 3:20

Sondag oggend Nagmaal ere diens...Ons kleur vir vandag is groen wat deel uit maak van ons vroue maand tema "Time to Aris...
23/08/2026

Sondag oggend Nagmaal ere diens...

Ons kleur vir vandag is groen wat deel uit maak van ons vroue maand tema "Time to Arise". Dit vertoon ook die lig van ñ nuwe dag.

Groen is een van die ideale kleure in ons tema, "Dit voeg die gevoel van groei en vernuwing by"

Mag hierdie vroue maand vir al ons vroue passie en krag gee om aan te hou doen wat die Here van ons verwag 🙏🏼🥰

Sien u môre oggend om 10:00vm vir ons 3de vroue prediker vir vroue maand 💚
22/08/2026

Sien u môre oggend om 10:00vm vir ons 3de vroue prediker vir vroue maand 💚

17/08/2026

Every Praise is to our God 🙌🏼

Thank you Lighthouse Assemblies of God Mosselbay Worship Team for ending off our annual Ladies camp on such a high note 🎤🎼🙏🏼

National & Regional ladies annual camp, ending it off at Mosselbay Lighthouse Assemblies of God 🙌🏼🙏🏼What legacy are you ...
16/08/2026

National & Regional ladies annual camp, ending it off at Mosselbay Lighthouse Assemblies of God 🙌🏼🙏🏼

What legacy are you leaving behind for your family, friends, neighbors, colleagues?

How will they remember you?

"You strike a Women, you strike a Rock"

Address

Olympic Street
Pacaltsdorp
6529

Opening Hours

10:00 - 11:30

Telephone

+27718832185

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when New Temple Ministries AOG posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share