Ahavah Familiekerk

Ahavah Familiekerk Ahavah is die Hebreeuse woord vir liefde, ons glo dat liefde die samebindende faktor is in die kind van God se lewe.

Ons doel is om die liefde van die Here elke dag uit te leef.

07/09/2026
Hoe eindig ‘n koning van Israel op om ‘n heks te raadpleeg? Saul se lewe het dan so rooskleurig begin. ‘n Lewe vol poten...
03/09/2026

Hoe eindig ‘n koning van Israel op om ‘n heks te raadpleeg? Saul se lewe het dan so rooskleurig begin. ‘n Lewe vol potensiaal, voorspoed en hoop, maar eindig in donker wanhoop. Saul se tendens om beskuite te neem vanuit vrees vir mense en ongehoorsaamheid, lei hom weg na vreemde “bronne” vir hulp. Sy lewe eindig “anders” in vrees, ons kan met hom assosieer, ons neem ook besluite wat ons weg van God lei na verkeerde raadgewers. Hoe nou gemaak? Hoe maak ek reg? Kom kuier gerus Sondag by ons. Jy is welkom ❤️
Ahavah Familiekerk | 🕘 09:00 | Sondag 6 Sept | 📍 Laerskool Muldersdrif | www.ahavah.org.za

Ek was “vandag jaar oud” toe ek geleer het dat ‘n “grasshopper” en ‘n “locust” verskil.  Alle locusts is grasshoppers, m...
28/08/2026

Ek was “vandag jaar oud” toe ek geleer het dat ‘n “grasshopper” en ‘n “locust” verskil. Alle locusts is grasshoppers, maar alle grasshoppers is nie locusts nie! Sprinkane (Grasshoppers) vermy ander sprinkane en vreet alleen, maar as hul bymekaar kom verander hul in ‘n swerm “locusts” wat alles verwoes. Ons deel soms met sonde so! Een sprinkaan pla nie, maar ‘n swerm gaan my verwoes. Die Boek Joël handel oor dit. Gelukkig is daar oplossings en hoop t.s.v. die profesie. Sprinkane bring verwoesting, tensy ons hulle verwoes! Kom kuier gerus Sondag by ons. Jy is welkom ❤️
Ahavah Familiekerk | 🕘 09:00 | Sondag 30 Aug | 📍 Laerskool Muldersdrif | www.ahavah.org.za

God sê vir Hosea: Trou met ‘n “slegte vrou” wat jou gaan teleurstel en wegloop. Later moes hy haar terug koop nadat sy w...
21/08/2026

God sê vir Hosea: Trou met ‘n “slegte vrou” wat jou gaan teleurstel en wegloop. Later moes hy haar terug koop nadat sy weggeloop het. Vreemd? Hierdie opdrag demonstreer ‘n veel dieper boodskap. Hierdie ongewone opdrag roep gewone mense op om ‘n ongewone “teen die stroom” besluit te neem. Dit roep ons op tot verantwoordelikheid. Hosea se boodskap gaan nie oor ‘n “slegte vrou” nie, maar ‘n GOEIE God. Die waarde van die boodskap is nie ongewoon nie, maar relevant vandag. Jy en jou familie is welkom ❤️
Ahavah Familiekerk | 🕘 09:00 | Sondag 23 Aug | 📍 Laerskool Muldersdrif | www.ahavah.org.za

Soms kry mense vreemde opdragte in die Bybel. Hul word blootgestel aan vreemde situasies. Wat sou die dieper boodskap we...
14/08/2026

Soms kry mense vreemde opdragte in die Bybel. Hul word blootgestel aan vreemde situasies. Wat sou die dieper boodskap wees in hierdie unieke situasie? Let wel, hierdie vreemde opdragte is dikwels die uitsondering op die reël, nie die reël nie. Waarom sou God ‘n Profeet opdrag gee om kaal te loop vir 3 jaar? Ons hervat ons Voetspore wat bly reeks hierdie Sondag. Jy en jou familie is welkom ❤️
Ahavah Familiekerk | 🕘 09:00 | Sondag 16 Aug | 📍 Laerskool Muldersdrif | www.ahavah.org.za

Wat is Heiligmaking? Dis nie “iets” vir sekere uitgesoekte spesiale mense nie, dis die lewensreis wat elke kind van God ...
07/08/2026

Wat is Heiligmaking? Dis nie “iets” vir sekere uitgesoekte spesiale mense nie, dis die lewensreis wat elke kind van God moet stap. Ons doel is om meer en meer soos Jesus te wees en minder en minder van onsself, die vlees. Dis ‘n konstante groei en soeke om meer vrug te dra. As jy meer wil weet oor die proses van heiligmaking, kom kuier gerus Sondag by Ahavah Familiekerk. Jy en jou familie is welkom ❤️
Ahavah Familiekerk | 🕘 09:00 | Sondag 9 Aug | 📍 Laerskool Muldersdrif | www.ahavah.org.za

‘n Mens kry nie so iets soos ‘n dom vraag nie! Slegs dom antwoorde. Ek gaan Sondag die belangrikste vraag antwoord: “Wat...
31/07/2026

‘n Mens kry nie so iets soos ‘n dom vraag nie! Slegs dom antwoorde. Ek gaan Sondag die belangrikste vraag antwoord: “Wat moet ek doen om verseker te weet dat ek die Ewige Lewe het?” Ons kan 100% seker wees, die kant van die graf! As jy twyfel oor hierdie vraag, moet jy Sondag by Ahavah kom kuier. Jy en jou familie is welkom ❤️
Ahavah Familiekerk | 🕘 09:00 | Sondag 2 Aug | 📍 Laerskool Muldersdrif | www.ahavah.org.za

Daar moet altyd ‘n stel “Moets en Moenies” wees, anders is dit chaos.  Soms is dit gelys, soms is dit algemene kennis, m...
24/07/2026

Daar moet altyd ‘n stel “Moets en Moenies” wees, anders is dit chaos. Soms is dit gelys, soms is dit algemene kennis, maar die meeste van die tyd glo ek, kan ons net ons gesonde verstand volg. Die “Mekaar” uitsprake m.b.t. hoe ons in verhouding leef, het ook ‘n paar wat sê: “Julle moenie mekaar.....” So wat is dit wat ons nie aan mekaar moet doen nie? Ons sluit Sondag die Mekaar Reeks so af: “Moenie Mekaar.....” Kom kuier gerus, jy en jou familie is welkom ❤️
Ahavah Familiekerk | 🕘 09:00 | Sondag 26 Julie | 📍 Laerskool Muldersdrif | www.ahavah.org.za

Address

By Laerskool Muldersdrif/Hoek Van N14 En Hendrk Potgieter Weg, Oorkant Cradlestone Mall
Muldersdrift
1740

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ahavah Familiekerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share