08/09/2026
Morawiese Dag Teks
Woensdag, 9 September 2026
Perikope
Filem.1-16(17-22)
Sef.1:14-2:3
Dagteks
Onse God het die vloek in ‘n seën verander. - Neh.13:2
Leerteks
Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word – want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang. - Gal.3:13
Gesangvers
Ons skuld word ons tans weens ons Heer nie langer toegereken. En nou moet elke Christen leer wat waar' geloof beteken. Alleenlik dit: O liewe Heer, u dood gee my die lewe weer, daar U vir my betaal het. - Laudate 290 vers 4. Wysie 132d
Gebed
Onse Vader, ons word vandag opnuut bewus dat U ons van vervloeking bevry het en daardeur u kinders van 'n genadeverbond verseker het.
Amen