22/05/2026
Ons nooi jou om weer deel te wees van ons Pinksterdienste. Almal is genooi en welkom om die dienste by te woon – selfs in jou werksklere.
Voor die aanvang van die aanddienste sal daar elke aand (Sondag- tot en met Dinsdagaand) sop en broodjies bedien word. Kom eet en kuier gerus saam met ons en moenie sukkel om eers die gesin by die huis kos te gee voor die diens nie.