Die Rots Geestlike Landgoed

Die Rots Geestlike Landgoed Geestlike byeenkomste Genesing van fisiese- en geestelike pyn deur gereelde samekoms. Opheffing deur Woordkennis.

26/06/2022

Dis seker tyd om die blad weer aan die gang te kry. My gesondheid ry maar bietjie wipplank,maar het baie om voor DANKBAAR te wees. Nou 6jaar met die goggas.
Ons bly glo en vertrou dat die profesieë oor Die Rots sal manifisteer.
Glo en bid saam met ons,al is dit besig om dalk van eienaars te verwissel. Dat die Ruach wind van God weer daar sal manifisteer. Amen en amen. Dankie vir julle geduld. Laat ons soos Nehemia ons toevlug tot Abba Vader sal neem.

26/04/2020

So lanklaas iets gebeur,maar hier is so paar stukkies musieke tydens ons inperking,geniet en BLY BY SY VOETE...!!!

06/01/2020

Goeiedag aan al die geseëndes wat die blad besoek en lees.
Hier het baie lanklaas iets positief gebeur,maar ek belowe om die dik laag stof skoon te blaas en dat ons Woord,wysheid en getuienis met mekaar kan deel. Binnekort. Shalom.

02/08/2018

Ek vra omverskoning vir die stlite die afgelope tyd. Is tans besig met bestraling tot die 16 Aug.
Woord wat ABBA gisteraand vir my gegee het is Ps 40 en dis vir my in die tyd baie kosbaar. Lees dit gerus.

25/02/2018

Vir die wat vorige getuienis gelees het, ek klok more by Wilgers in vir toetse en skanderings om te sien of die goggas versprei het of nie.

Ek glo steeds aan die genesing wat ABBA vir my het..glo saam met my. Dankie Johan.

15/09/2017

Hierdie naweek-more na middag RBB oefening "jam" en voorbereiding vir sondag se ope lug diens by die BARNYARD..
Kom geniet sondag saam met ons..!!!

17/04/2017

Seker is dit tyd dat ek getuig oor n 2 de kans.
Verlede jaar 2016 het ek stadig maar seker begin gewig verloor en baie moeg in die middae. Klokslag 5-6 uur warm en koue koors gekry. So is ons deur November se kuierin die Oos-Kaap en terug. Kersfees en die Barnard saamtrek oorleef. Januarie begin werk maar dit was geensins n plesier nie,my dr was ook nie beskikbaar ne. Met sy terugkeer het ons dadelik bloedtoetse laat doen,hy het my na n internis in Pta verwys.(wat n wonderwerk was,want hulle was toe al vol bespreek tot einde Febr.)

Die 19 de Januarie is ek toe vir die toetse,CT scan ens. Die middag is ek toe gediagnoseer met nierkanker,en terloops ons haal die nier en gewas Maandagoggend uit. Dr. Johan Venter sal met my kom gesels-uroloog. Die vrydagaand het my 2 seuns en Marlein by n gasteplekkie oornag nie ver vanaf die hospitaal. Met hul aankoms daar het n prediker na Chris toe gestap en vir hom gese dat "He will live and be healed". Verbaas het hy later gevra-hoekom. Hulle het afgesonder en dat die HERE vir hulle gese het dat hulle moet bid vir n baie baie siek man, met Chris hulle se aankoms daar is hy uitgwys om dit voor te se.

Baie familie en vriende het kom besoek en regtig moeite gedoen om te kom kuier. Daar is gebedsgroepe geaktiveer wat vir my gebid het,baie dankie.
Maandag na bloedoortappings en sakke vol antibiotikas ens is die nephretomy gedoen, die linkernier en gewas verwyder.
Die Heldersel karsinoom (silent killer)was 10.3cm x 10cm x 9.2cm groot
Omdat dit n wonderwerk is dat die dr gese het sou ek 2 weke later gekom het hy absoluut niks vir my kon doen nie.
Die karsinoom reageer nie op chemo of bestraling nie-te aggresief.

So ek kan net ABBA dankie se en opnuut my verhouding met HOM verstewig. Waardeer almal se belangstelling.
Dankie vir die goeie versorging my vrou. ###

Teveel name op op te noem,elkeen wat boodskappe/oproepe/fb vriende/vir kos gesorg het. Uit my en Marlein se harte.....BAIE BAIE DANKIE...DIT WORD OPREG WAARDEER...!!!

17/10/2016

JY gaan in VERWONDERING staan oor My GROOT KRAG, sê die HERE. Ek is reeds besig om DEUR te BREEK in jou lewe en omstandighede. In jou VERHOUDINGS en finansies. Ek gee vir jou VARS DENKE en emosies. Ek sal jou gebruik op plekke en MANIERE wat jy nie eers besef nie. Ja, Ek breek deur in jou Goddelike BLYDSKAP. Dis wat My Woord sê: Die BLYDSKAP in die HERE is jou BESKUTTING (Neh 8:11). Jy sal My GOEDHEID en GUNS aanskou in jou lewe en omstandighede. Ook in die lewens van ANDER. Ook jou FAMILIE en vriende. Ek is gretig om My HEERLIKHEID aan jou te DEMONSTREER, sê die HERE. Dankie JESUS. Amen – “SALWING-SIRKEL”

14/07/2016

Jes 49:8
So sê die Here: Op n tyd wat Ek goedd**k,sal Ek jou gebede verhoor,op die dag wanneer Ek wil red, sal Ek jou help.

Ek het nogal geworstel met die vers, Abba het dan al so baie belowe,gewys wat gaan gebeur,hard gepraat..!!!! Baie drome wat Hy gegee het is al bewaarheid, ander nie.
Hoekom is ek ongeduldig ?? Onthou ek word minder jonk - vleeslik- . Dan sê die vers wanneer Hy dit goedd**k en wil. Ek sal dit so aanvaar.... Kommentaar welkom.

14/05/2016

Ps 8: Ons is GEKROON met eer en heerlikheid! Hoekom? want ons is geskape, 'n bietjie minder as GODDELIKE WESENS. Hoekom? Om te HEERS oor die aarde. Oorweldigend maar laat ons eers die definisie van nederigheid regkry...

Nederigheid is nie om minder VAN jouself te d**k nie. Nederigheid is om minder AAN jouself te d**k en meer aan ander en veral aan God. Om God in gees en waarheid te dien moet ons glo en in nederigheid gehoorsaam aan Hom wees. Daarin is God se reddingsplan gesetel wat ook kulmineer in ons "weedergeboorte".

Met Jesus se koms aarde toe, Sy sterwe en opstanding, is die vyand, die dood en die sonde onder ons voete gestel, dit is oorwin, vernietig. Met ander woorde ons goddelike DNS is herstel nadat ons "geestelik afgesterf " het in die tuin van Eden. Elke bloedsel, weefsel-sel en breinsel is met ons Vader se DNS toebedeel.

Hierdie skitterend-gekroonde selle wat die aard, karakter en kenmerke van ons wese onveranderlik bepaal en vasstel is in staat om elke besoedelde en onwelkome sel en satans-aard in die liggaam te vernietig. Daarom "kan ons nie meer (regkry) om te sondig nie(1Joh.3:9)". Ons sal nie-, maak nie saak hoe sterk ons oor 'n saak voel nie, byvoorbeeld 'n kar se band oor iemand se kop trek en dit aan die brand steek nie. Siektekwale is ook nou oorwin.

Die brein bepaal nie die toestand van ons denke nie. Ons denke bepaal die toestand van ons brein. Behoorlike denkwyses bepaal behoorlike d**kpatrone wat behoorlike gewoontes voortbring, wat 'n behoorlike lewensfilosofie teweegbring. Omring julle met positiewe, rein en opbouende mense, boeke, gedagtes, musiek en aktiwiteite. Hierdie is meer as 'n blote "positve thinking" filosofie. Dit is die opneem van jou verantwoordelikheid betreffende jou en my Goddelike erflating. (Rom 8:17 en 1Joh 3:2)

Die detoksifisering (verwerping van alle afbrekende gedagtes. 2Kor10:5) van die brein sal jou skoon en gesond maak (Fil 4:8)- heersers oor ons liggame, skole, politiek, musiek, kerk, geld, verhoudings en huishoudings. Heersers, gekroon met eer en heerlikheid om te heers in 'n wereld wat steeds onder die Goddelike vloek van die sondeval staan maar met herstelde DNS, 'n weinig minder as 'n goddelike wese, in die sterwe en opstanding van Christus !

Prys God!

* lees tog asseblief die teksgedeeltes.

As iemand iets wil byvoeg oor " Hoekom die aarde , hoekom die mens?" doen dit gerus sodat ons lig werp.

17/03/2016

En wat doen jy vandag om jouself tevrede te stel, of om Jesus se liefde te deel, of om te doen wat Heilige Gees jou sê om te gaan doen...!!!

29/02/2016

Laat ons verenig in gebed.......nogal n ou manier van doen.
My gebed is dat ons een van sin en een van gees sal wees,daar is nog soveel om te doen.Vervul met Heilige Gees,luister en doen.
Hoekom pla dit ons ; wat sal die mense se of doen.? Nooi hulle uit,vertel van Hom wat vir ons die prys betaal het..
Mense mense mense....ons is te vasgevang in ons eie doen en late.....en sou ons n tydjie het,dit aan Hom spandeer...!!!
Laat ons Hom voluit volg....Here hier is ek...leer my en wys wat ek moet doen...!!!

Address

Gedeelte 623, Uyskraal
Marble Hall
0450

Telephone

+27829686866

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Rots Geestlike Landgoed posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Die Rots Geestlike Landgoed:

Share