21/03/2026
Middag al die Geliefdes van die Here.
Bid dit gaan goed daar by julle.
Kom ons bid ernstig saam en ondersteun ons Lofdiens op Sondagoggend 22 Maart 2026@ 09:00 by die AGS Louis Trichardt Familie Gemeente in Munnikstraat 70.
Kom en geniet koffie/Tee voor die Lofdiens, en fellowship saam met jou kerk familie.
Nooi gerus iemand saam asb, na ons Lofdiens op Sondagoggend.
Die Kerksel, 22 Maart 2026 @ 17:00 - Kom ons kom soek die Aangesig van die Here saam.
Program vir die week:
- Dinsdag, 24 Maart 2026 @ 14:00 buitediens by Laat Lente.
- Woensdag, 25 Maart 2026. ons Laerskool leerders, skryf eksamen, dus geen diens by die Laerskool skool nie.
- Woensdag, 25 Maart 2026@ 17:30- 18:00 Biduur.
- Donderdag, 26 Maart 2026@ 18:00 Voorsang oefening.
- Vrydag 27 Maart 2026@ 18:00 Jeug
Ons bid ernstig saam vir al ons geliefdes wat siek, pyn, hartseer en nood beleef, sou die Heilige Gees iemand op jou hart druk, kom ons bid en kontak iemand.
Ek gesels more oor die gedeelte Handelinge 1: 8- 14.
Jesus Groete.
Pastoor Evan Corbett.