Volkskerk Van Afrika Knysna

Volkskerk Van Afrika Knysna Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Volkskerk Van Afrika Knysna, Religious organisation, Knysna.

Dit is met groot hartseer dat ons kennis neem van die afsterwe van ons geliefde broer, Br Griffith Olivier.Br Griffith w...
10/06/2026

Dit is met groot hartseer dat ons kennis neem van die afsterwe van ons geliefde broer, Br Griffith Olivier.

Br Griffith was vir baie jare 'n toegewyde en aktiewe lidmaat van ons gemeente. Hy het met oorgawe voorheen as hulp-Tesourier en Sondagskoolonderwyser gedien, hy was ons huidige Katkisasiemeester en het ook getrou sy pligte as hulp-Skriba verrig.

By gemeente aktiwiteite was hy dikwels die seremoniemeester wat met sy warmte, humor en wysheid mense op hul gemak gestel het.

Veral die kinders sal hom onthou vir sy besondere vermoë om Bybelse waarhede deur eenvoudige, leersame stories tydens die kinderboodskap oor te dra. Hy het 'n merkwaardige gawe gehad om jong en oud te inspireer en die liefde van Christus op 'n praktiese wyse uit te leef.

Ons dank die Here vir sy getroue diens, sy vriendelikheid en die groot bydrae wat hy tot die opbou van ons gemeente gelewer het. Sy nalatenskap sal nog lank in die harte van ons gemeente voortleef.

Ons innige meegevoel gaan aan sy ma Sus Rosie Olivier en familie, asook sy bree vriendekring, oud-kollegas en geliefdes. Mag die Here julle vertroos en dra in hierdie tyd van verlies.
"Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voltooi; ek het die geloof behou." 2 Timoteus 4 vers 7

Rus sag, Br Griffi. Jou werk op aarde is voltooi, maar jou invloed sal voortleef. 🕊️

🎉 Lootjie-trekking afgehandel! 🎉Ons is bly om te kan deel dat die lootjieprojek van Wyk 1 suksesvol afgehandel is, en di...
09/06/2026

🎉 Lootjie-trekking afgehandel! 🎉
Ons is bly om te kan deel dat die lootjieprojek van Wyk 1 suksesvol afgehandel is, en die trekking het die afgelope Sondag ná die diens plaasgevind.

🏆 Baie geluk aan ons wenner: Br. Ockert Payle!

’n Groot dankie aan elke lidmaat en lid van die gemeenskap wat bygedra en saamgewerk het om hierdie poging ’n sukses te maak,ons waardeer dit opreg! 🙏

Die Jeug vra asb ons gemeente & gemeenskap se ondersteuning met hierdie fondsinsameling poging🙏U kan direk die Jeugleier...
06/06/2026

Die Jeug vra asb ons gemeente & gemeenskap se ondersteuning met hierdie fondsinsameling poging🙏

U kan direk die Jeugleier, Byron Goliath kontak / WhatsApp om u bestelling te plaas.

Byvoorbaat dank

04/06/2026

Sus. Zane Pedro het die gemeente die afgelope Sondag bemoedig met 'n video deur Ds Farren Cloete (VGK Lambertsbaai)

Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. (Sagaria 4:10)
Ons meet sukses dikwels aan wat mense het of bereik het, maar geloof leer ons dat die kleinste treetjies die grootste verskil kan maak. Moenie jouself vergelyk met ander of druk plaas om reeds te wees waar jy nog nie gereed is om te wees nie.

Hou aan met die klein treetjies, die kort gebede en die eenvoudige keuses van elke dag. Wat vir jou klein lyk, gebruik God om iets veel groter te bou.

Een tree vandag is genoeg. God sien die groter pad. 🙏✨

Hier is die link na die oorspronklike video
https://vt.tiktok.com/ZSQer48xn/

Aan al ons leerders wat vandag begin met die eksamens wil ons graag sterkte toe wens.✏️VERTROU op die voorbereiding wat ...
01/06/2026

Aan al ons leerders wat vandag begin met die eksamens wil ons graag sterkte toe wens.

✏️VERTROU op die voorbereiding wat jy gedoen het

✏️BLY GEFOKUS en doen jou beste

✏️BID voor die vraestel en gedurende die eksamen

✏️BLY KALM en moet nie toelaat dat stres jou fokus vat nie

✏️ONTHOU dat God elke tree saam met jou stap.

Mag die Here elkeen van julle Wysheid, Insig en Vrede gee gedurende die eksametyd.🙏

Ons verwelkom met groot vreugde ons nuwe lidmaat in ons gemeente. Sus Ursula Theresa Dawn GoliathMag u hier geestelik gr...
31/05/2026

Ons verwelkom met groot vreugde ons nuwe lidmaat in ons gemeente. Sus Ursula Theresa Dawn Goliath

Mag u hier geestelik groei, ware gemeenskap ervaar en die liefde en genade van die Here op 'n besondere wyse beleef.

"Want ons is almal deur een Gees tot een liggaam gedoop."- 1 Korintiërs 12:13

Dis ook 'n baie spesiale geleentheid dat Sus Ursula Goliath ingeseën en ontvang word tydens dieselfde erediens wat haar seun Diaken Byron Goliath waarneem.

Baie welkom in ons geloofsfamilie!

Sondag, 31 Mei 2026Prediking waargeneem deur Diaken Byron GoliathTeks: Lukas 15Tema: Neem Eienaarskap van jou lewe - Die...
31/05/2026

Sondag, 31 Mei 2026
Prediking waargeneem deur Diaken Byron Goliath
Teks: Lukas 15
Tema: Neem Eienaarskap van jou lewe - Die Here wag gereed om die ring aan jou vinger te sit !
Kers Aangesteek deur Sus Zané Pedro

Wyk 1 Biduur vanaand aan woning van Br & Sust Bowie
27/05/2026

Wyk 1 Biduur vanaand aan woning van Br & Sust Bowie

Sondag, 24 Mei 2026Prediker: Ds WM Davidson Tema: Die Gees lei en rig ons as 'n Gemeenskap
27/05/2026

Sondag, 24 Mei 2026
Prediker: Ds WM Davidson
Tema: Die Gees lei en rig ons as 'n Gemeenskap

23/05/2026

Address

Knysna

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Volkskerk Van Afrika Knysna posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share