Gereformeerde Kerk Hermanus

Gereformeerde Kerk Hermanus Tot lof van Gods genade!

Psalm 100 het vandag in GK Hermanus weerklink soos wat drie volwassenes hul geloof voor die Here en in sy kerk bely het:...
30/08/2026

Psalm 100 het vandag in GK Hermanus weerklink soos wat drie volwassenes hul geloof voor die Here en in sy kerk bely het:
Vers vier het ons in Engels gesing omdat een van die belyders Engels is.

1. Juig, al wat leef, juig voor die HEER!
Dien God met blydskap, gee Hom eer;
kom nader voor sy aangesig,
en prys Hom met 'n lofgedig!

2. Die HEER is God, erken dat Hy
'n eie volk vir Hom berei,
'n volk om Hom te dien en vrees
en skape van sy wei te wees.

3. Gaan deur sy poorte in met lof,
met lofsang in sy tempelhof;
kom in sy huis, o bondsvolk, saam;
verhef sy lof en prys sy Naam.

4. The LORD is good and evermore
his love and mercy will endure,
all generations He will bless
in his unchanging faithfullness.

In gedagtenis van die geskidenis het ons gisteraand ๐—ฃ๐˜€๐—ฎ๐—น๐—บ ๐Ÿฒ๐Ÿด, '๐—ฑ๐—ถ๐—ฒ ๐—ž๐—ฟ๐˜†๐—ด๐˜€๐—ฝ๐˜€๐—ฎ๐—น๐—บ ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป ๐—ฑ๐—ถ๐—ฒ ๐—›๐˜‚๐—ด๐—ฒ๐—ป๐—ผ๐˜๐—ฒ' gesing:Die HEER sal opst...
24/08/2026

In gedagtenis van die geskidenis het ons gisteraand ๐—ฃ๐˜€๐—ฎ๐—น๐—บ ๐Ÿฒ๐Ÿด, '๐—ฑ๐—ถ๐—ฒ ๐—ž๐—ฟ๐˜†๐—ด๐˜€๐—ฝ๐˜€๐—ฎ๐—น๐—บ ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป ๐—ฑ๐—ถ๐—ฒ ๐—›๐˜‚๐—ด๐—ฒ๐—ป๐—ผ๐˜๐—ฒ' gesing:

Die HEER sal opstaan tot die stryd;
Hy sal sy haters, ver en wyd,
laat wegvlug voor sy oรซ.
Hoe hoog die mens se trots mag gaan,
hy sal geen oomblik kan bestaan
voor God se alvermoรซ.
As U, o HEER, in mag verskyn,
sal hul soos rook en damp verdwyn,
deur stormwind voortgedrewe.
Soos was wat smelt voor hitte en vuur,
het almal voor Gods g***s geen duur
wat goddelooslik lewe.

St. Bartholomeusnag was die begin van moorde wat die Rooms-Katolieke Kerk teen die Calvinistiese Protestante in Frankryk uitgevoer het.
Van die Franse Hugenote kon na Nederland vlug en het hulle later in die Kaap van Goeie Hoop gevestig. Ons herdenk die Here se voorsienigheid.

๐ŸŽถKom dien die Heer en wees in Hom verblyd!๐ŸŽถIn Sondag se twee eredienste verken ons- ๐Ÿฌ๐Ÿต:๐Ÿฏ๐Ÿฌ Lukas 22:31-34 onder die tema:...
07/08/2026

๐ŸŽถKom dien die Heer en wees in Hom verblyd!๐ŸŽถ

In Sondag se twee eredienste verken ons
- ๐Ÿฌ๐Ÿต:๐Ÿฏ๐Ÿฌ Lukas 22:31-34 onder die tema:
Petrus: Gewaarsku, Gewaarborg en Getaak.

๐˜–๐˜ฏ๐˜ด ๐˜๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ฆ ๐˜‘๐˜ฆ๐˜ด๐˜ถ๐˜ด ๐˜Š๐˜ฉ๐˜ณ๐˜ช๐˜ด๐˜ต๐˜ถ๐˜ด ๐˜ธ๐˜ข๐˜ข๐˜ณ๐˜ด๐˜ฌ๐˜ถ ๐˜—๐˜ฆ๐˜ต๐˜ณ๐˜ถ๐˜ด ๐˜ฆ๐˜ฏ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ด๐˜ด๐˜ช๐˜ฑ๐˜ฆ๐˜ญ๐˜ด ๐˜ฅ๐˜ข๐˜ต ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜š๐˜ข๐˜ต๐˜ข๐˜ฏ '๐˜ฏ ๐˜ท๐˜ถ๐˜ณ๐˜ช๐˜จ๐˜ฆ ๐˜ท๐˜บ๐˜ข๐˜ฏ๐˜ฅ ๐˜ท๐˜ข๐˜ฏ ๐˜ฆ๐˜ญ๐˜ฌ๐˜ฆ๐˜ฆ๐˜ฏ ๐˜ธ๐˜ข๐˜ต ๐˜จ๐˜ญ๐˜ฐ ๐˜ช๐˜ด (๐˜ธ๐˜ข๐˜ต ๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ด ๐˜ฐ๐˜ฐ๐˜ฌ ๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ฆ๐˜ง), ๐˜ธ๐˜ข๐˜ข๐˜ณ๐˜ฃ๐˜ฐ๐˜ณ๐˜จ ๐˜ฉ๐˜ฐ๐˜ฎ ๐˜ฅ๐˜ข๐˜ต ๐˜ฉ๐˜บ ๐˜ข๐˜ญ๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜ญ๐˜ช๐˜ฌ ๐˜ท๐˜ข๐˜ฏ๐˜ธ๐˜ฆ๐˜ฆ ๐˜ด๐˜บ ๐˜ท๐˜ฐ๐˜ฐ๐˜ณ๐˜ฃ๐˜ช๐˜ฅ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฏ๐˜จ ๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ธ๐˜ข๐˜ข๐˜ณ ๐˜ด๐˜ข๐˜ญ ๐˜ฃ๐˜ญ๐˜บ (๐˜ด๐˜ฐ๐˜ฐ๐˜ด ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ต ๐˜ฐ๐˜ฐ๐˜ฌ ๐˜ฃ๐˜บ ๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ด ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜จ๐˜ฆ๐˜ท๐˜ข๐˜ญ ๐˜ช๐˜ด), ๐˜ฆ๐˜ฏ ๐˜ต๐˜ข๐˜ข๐˜ฌ ๐˜ฉ๐˜ฐ๐˜ฎ ๐˜ฐ๐˜ฎ ๐˜ฎ๐˜ฆ๐˜ต ๐˜ด๐˜บ ๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ธ๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜ช๐˜ด ๐˜ท๐˜ข๐˜ฏ ๐˜ด๐˜ฐ๐˜ธ๐˜ฆ๐˜ญ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ข๐˜ข๐˜ฏ๐˜ด๐˜ญ๐˜ข๐˜ฆ ๐˜ท๐˜ข๐˜ฏ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜‰๐˜ฐ๐˜ด๐˜ฆ ๐˜ข๐˜ด ๐˜Š๐˜ฉ๐˜ณ๐˜ช๐˜ด๐˜ต๐˜ถ๐˜ด ๐˜ด๐˜ฆ ๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ธ๐˜ข๐˜ณ๐˜ช๐˜ฏ๐˜จ ๐˜ต๐˜ฆ ๐˜ฎ๐˜ช๐˜ฅ๐˜ฅ๐˜ฆ ๐˜ฅ๐˜ข๐˜ข๐˜ณ๐˜ท๐˜ข๐˜ฏ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ฃ๐˜ณ๐˜ฐ๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ด ๐˜ต๐˜ฆ ๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ฎ๐˜ฐ๐˜ฆ๐˜ฅ๐˜ช๐˜จ ('๐˜ฏ ๐˜ต๐˜ข๐˜ข๐˜ฌ ๐˜ธ๐˜ข๐˜ต ๐˜ฐ๐˜ฐ๐˜ฌ ๐˜ฐ๐˜ฑ ๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ด ๐˜ท๐˜ข๐˜ญ).

- ๐Ÿญ๐Ÿณ:๐Ÿฌ๐Ÿฌ Handelinge 2:39 en NGB 34 onder die tema:
God se verbondsbeloftes wat in die doop geteken en geseรซl word.

๐˜–๐˜ฏ๐˜ด ๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ด๐˜ฌ๐˜ฐ๐˜ถ:
1. ๐˜ž๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ต๐˜ท๐˜ข๐˜ฏ๐˜จ๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ด ๐˜ท๐˜ข๐˜ฏ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ท๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ฃ๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ฅ๐˜ด๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ญ๐˜ฐ๐˜ง๐˜ต๐˜ฆ๐˜ด ๐˜ช๐˜ด,
2. ๐˜ž๐˜ข๐˜ต ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ฏ๐˜ถ๐˜ต ๐˜ท๐˜ข๐˜ฏ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ท๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ฃ๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ฅ๐˜ด๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ญ๐˜ฐ๐˜ง๐˜ต๐˜ฆs ๐˜ช๐˜ด, ๐˜ฆ๐˜ฏ;
3. ๐˜ž๐˜ข๐˜ต ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ท๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ข๐˜ฏ๐˜ต๐˜ธ๐˜ฐ๐˜ฐ๐˜ณ๐˜ฅ๐˜ฆ๐˜ญ๐˜ช๐˜ฌ๐˜ฉ๐˜ฆ๐˜ฅ๐˜ฆ ๐˜ช๐˜ด ๐˜ท๐˜ข๐˜ฏ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ธ๐˜ข๐˜ต ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ท๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ฃ๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ฅ๐˜ด๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ญ๐˜ฐ๐˜ง๐˜ต๐˜ฆs ๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ต๐˜ท๐˜ข๐˜ฏ๐˜จ.

Luister gerus saam na hoe drie gereformeerde predikante die saak bed**k en bespreek...
04/08/2026

Luister gerus saam na hoe drie gereformeerde predikante die saak bed**k en bespreek...

Luisteraarsvraag: Lewende testamente en mediese bystand by terminal siek mense

Wat gebeur met ons wanneer ons nie meer vir onsself kan besluit oor mediese sorg nie? Hoe moet christene oor genadedood d**k, en is dit tot eer van God en die mens wat Hy na sy beeld geskape het? Mag ons besluit oor lewe en dood? Is ons in staat om die gevolge van die genadedood te verwerk? Is 'n lewende wil 'n goeie idee? Hoe moet dit opgestel word? Wanneer staak mens mediese ingryping by 'n sterwende? Wat is die verskil tussen genadedood en "laat my sterf" versoek? https://www.scriptura.co.za/publish/post/209701821

Ons verken DV Sondag oggend 09:30 hoe Job, te midde van ongelooflike verlies, die HERE aanbid.Ja, in hierdie lewe word g...
31/07/2026

Ons verken DV Sondag oggend 09:30 hoe Job, te midde van ongelooflike verlies, die HERE aanbid.

Ja, in hierdie lewe word gelowiges deur allerande ellende oorval, maar God, wat deur sy Gees belowe om altyd met ons te wees, laat ons nie gaan nie, en daarom is dit ook dat gelowiges, te midde van ongelooflike verlies, Hom nie laat gaan nie.

Job 1:20-22
Toe staan Job op
en skeur sy mantel,
en hy het sy hoof geskeer
en op die grond geval
en aanbid
en gesรช:
"Naak het ek uit my moeder se skoot gekom,
en naak sal ek daarheen terugkeer.
Die HERE het gegee,
en die HERE het geneem:
die Naam van die HERE sy geloofd!"

By dit alles het Job nie gesondig
en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie.

Ons verken in more oggend se 09:30 erediens die bekende Psalm 25 onder die tema, "Leer my, HEER!"In die beryming sing ve...
04/07/2026

Ons verken in more oggend se 09:30 erediens die bekende Psalm 25 onder die tema, "Leer my, HEER!"

In die beryming sing vers 2 soos volg:

"Leer my, HEER, u regte weรซ,
wys die regte pad my aan;
maak my hart daartoe geneรซ,
om met lus daarop te gaan.
Wil my deur u waarheid leer,
lei my dwalende gedagte;
want u is my heil, o HEER!
U is ek altyd te wagte."

Kom dien die HEER, en wees in Hom verblyd!

๐— ๐˜† ๐—•๐—ผ๐—ผ๐—ธ ๐—ผ๐—ณ ๐—ฅ๐—ฒ๐—บ๐—ถ๐—ป๐—ฑ๐—ฒ๐—ฟ๐˜€There once was a quiet peddlar of fruits and vegetables who passed a minister's house each day.One d...
11/06/2026

๐— ๐˜† ๐—•๐—ผ๐—ผ๐—ธ ๐—ผ๐—ณ ๐—ฅ๐—ฒ๐—บ๐—ถ๐—ป๐—ฑ๐—ฒ๐—ฟ๐˜€

There once was a quiet peddlar of fruits and vegetables who passed a minister's house each day.
One day the peddlar dropped a little black notebook that he always carried with him. The minister happened to find this notebook and looking through it to to find to whom it belonged, he was amazed at what was written in it.

Throughout the book were comments like:
- "Visit the following who have been missing from church ..."
- "Ask about the sick baby..."
- "Leave fruit for the blind lady..."
- "Speak a word to the old discouraged man on the corner..."
- "Invite the young man and his wife to church and Bible class..."
- etc.

The next day the minister asked the peddlar if the notebook belonged to him. Oh, yes answered the peddlar, "thats my book of reminders. I thank you very much!"
"I am pleased with your reminders," answered the minister.
"Well, Sir," replied the peddlar, "It helps keep my soul out of the dust, and I do it, he said turning to a quotation on the first page of the notebook, "for His body's sake, which is the church." (Col. 1:24)

10/06/2026

Address

Https://maps. App. Goo. Gl/owqJjNtzDvmy7msE9?g_st=com. Google. Maps. Preview. Copy
Hermanus
7200

Opening Hours

09:30 - 11:15
17:00 - 18:15

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gereformeerde Kerk Hermanus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category