09/09/2026
✨ GETUIENIS | CROWNED KRUGERSDORP ✨
Alexa deel hoe besonders haar Crowned-oomblik vir haar was — en hoe diep dit haar geraak het om te hoor hoe akkuraat die Heilige Gees haar hart, haar seisoen en haar identiteit beskryf het. 👑
Dit bly vir ons een van die grootste voorregte om te sien hoe Jesus vroue persoonlik ontmoet, herinner aan wie hulle in Hom is, en bevestig dat Hy hulle sien, ken en liefhet.
Elke kroon vertel ’n storie.
Elke woord wys terug na Jesus.
Elke vrou word herinner: Jy is gesien. Jy is geken. Jy is gekroon met doel. 🤍
Wil jy Crowned na jou gemeente, vroue-oggend, funksie of groep toe bring?
Vir besprekings en meer inligting, kontak Elvira 082 968 1585