28/07/2026
🍲 Wat 'n ongelooflike Soppedoor! 🍲
Kairos... julle kan darem kook! 😍 Julle het ons behoorlik bederf met ongelooflike geure, kreatiewe resepte en hope liefde in elke pot.
Baie geluk aan ons Soppedoor-wenners! 🏆 En 'n groot dankie aan elke deelnemer wat 'n heerlike pot sop voorberei het, asook aan almal wat kom proe, stem en saam kuier het.
Dit was 'n oggend gevul met heerlike sop, lag, goeie geselskap en wonderlike samesyn. Julle deelname en ondersteuning het hierdie geleentheid 'n groot sukses gemaak!
Ons sien reeds uit na die volgende Soppedoor. Een ding is verseker... niemand het honger huis toe gegaan nie! ❤️🍲