FGK Kom reis saam met ons in die soeke na die Goeie Lewe. Die vorming van ons geloof en geloofsgewoontes maak ons ontvanklik en gewillig om te luister.

Hierdie basis word gelê deur o.a. prediking, kleingroepe, kategese en kursusse. Hoe anders sal ons kan sien en hoor waar God rondom ons met die nood van die wêreld besig is? Uit ons luister-na-God leer ken ons God se vreemde gasvryheid, waar ALMAL welkom is. Ons leer van ons eie verhoudings : met God en met mekaar. So leer ons God ken uit ons gasvryheid teenoor en verhoudings met mense – ook by di

é van wie ons dit dalk nie sou verwag nie. Uit ons ken-van-God word ons, soos Jesus, gevorm tot ‘n “alternatiewe”, lewegewende leefstyl waarin ons aktief deel word van God se nuutmaak-prosesse, wat nuwe lewe bring in ons gebroke wêreld. Só ontdek ons die koninkryk van God - hier en nou!

FGK Familiesake ⛪✨1.⁠ ⁠Nuwe Lidmaatskapgesprek & Ete 🤝🍲•⁠  ⁠Wanneer: Sondag, 24 Mei (Na die oggenddiens om 10:30) Wil jy...
20/05/2026

FGK Familiesake ⛪✨

1.⁠ ⁠Nuwe Lidmaatskapgesprek & Ete 🤝🍲
•⁠ ⁠Wanneer: Sondag, 24 Mei (Na die oggenddiens om 10:30) Wil jy meer ontdek oor wie ons is, waarheen ons op pad is en hoe jy deel kan word van hierdie geloofsgemeenskap? Kom skakel in by die hart en storie van ons gemeente. Kindertoesig is beskikbaar en ons eet lekker saam.
👉 Registreer asseblief hier: https://fgk.churchcenter.com/calendar/event/221923120

2.⁠ ⁠Pinksterweek Skop Af! 🔥🕊️
•⁠ ⁠Wanneer: Sondag, 24 Mei tot Donderdag, 28 Mei Pinkstertyd is bidtyd – bid vir die onbeperkte krag van die Heilige Gees.
•⁠ ⁠Sondag 24 Mei om 09:00: Kragtige Pinkster-erediens.
•⁠ ⁠Maandag tot Donderdag: Virtuele reise op ons webtuiste, spesiaal vir besige stadsmense (Kyk saam na 'n 5-minute video en bid saam vir 10 minute)
👉 Virtuele reis: https://fgk.churchcenter.com/pages/pinkster

3.⁠ ⁠Christmas in June ❄️🎄
•⁠ ⁠Wanneer: Vrydag, 5 Junie Al ooit gewens vir 'n winterkersfees? Kom luister en sing saam met die FGK musiekspan vir 'n aand vol liedjies en stories, gevolg deur 'n groot kuier met lekker kos. Hierdie aand dien ook as 'n fondsingesameling vir ons brugjaarprogram en projekte.
👉 Bespreek jou plek hier: https://fgk.churchcenter.com/calendar/event/220327029

17/05/2026

Jesus se Tuiskoms: Die Nuwe Môre 🏡🌍🫆

Vandag sluit ons ons reeks oor 1 Petrus af deur te kyk na Jesus se eie tuiskoms – Sy wederkoms. Dit gaan oor baie meer as net ingewikkelde woorde; dit gaan oor hoe die toekoms dít wat ons vandag doen, radikaal verander!

Hoekom jy die laaste boodskap moet kyk:

* ’n Perspektief van Hoop: Ontdek hoe die belofte van ’n nuwe hemel en ’n nuwe Jerusalem ons help om sterk te staan, selfs wanneer dinge vandag moeilik gaan.
* Gevorm vir die Koninkryk: Leer hoe ons huidige uitdagings en swaarkry eintlik besig is om ons te vorm sodat ons eendag saam met Hom kan regeer.
* Sterkte vir Elke Dag: Vind die krag en gemeenskap om vir mekaar te kan sê: “Sterkte vir dit wat jy elke dag moet trotseer – ons staan saam!”.

Hemelvaart: Nie die einde nie, maar ’n nuwe begin! 🕊️✨Vandag vier ons Hemelvaart – dalk een van die "vreemdste" dae op d...
14/05/2026

Hemelvaart: Nie die einde nie, maar ’n nuwe begin! 🕊️✨

Vandag vier ons Hemelvaart – dalk een van die "vreemdste" dae op die kerkkalender, maar ook een van die belangrikste.

In hierdie video kyk ons na Handelinge 1, waar die dissipels (net soos ons!) soms verstom staan en opkyk na die hemel. Maar Hemelvaart is nie ’n afskeid nie; dit is Jesus wat sy mantel aan ONS oorgee.

Hoekom hierdie boodskap vandag saak maak:
•⁠ ⁠Jesus vertrou jou: Hy gee sy roeping en werk aan sy volgelinge oor om sy getuies te wees – hier in Fontainebleau en tot aan die uithoeke van die aarde.
•⁠ ⁠Beweeg jou voete: Ons is nie geroep om net "op te kyk" nie, maar om sy liefde, geregtigheid en hoop tasbaar te maak in ’n wêreld wat dit broodnodig het.
•⁠ ⁠’n Nuwe Skepping: Ons is die voorsmaak van God se koninkryk. Mag die Here ons braaf maak om hierdie roeping elke dag uit te leef.

Kyk die video hier: https://fgk.churchcenter.com/episodes/668942

Mag jy vandag opnuut besef dat Jesus in jou glo en jou vertrou met sy groot werk! 🙌🌍

Fontainebleau Gemeenskapskerk's Hemelvaart on Church Center.

FGK Familiesake ⛪✨1.⁠ ⁠Nuwe Bleauvou is uit! 📰Die nuutste uitgawe van die Bleauvou is hier en propvol nuus, stories en b...
13/05/2026

FGK Familiesake ⛪✨

1.⁠ ⁠Nuwe Bleauvou is uit! 📰
Die nuutste uitgawe van die Bleauvou is hier en propvol nuus, stories en belangrike inligting oor ons gemeente se reis.
Gaan lees dit gerus hier: 👉 https://fgk.churchcenter.com/pages/bleauvou

2.⁠ ⁠Lidmaatskapgesprek & Ete 🤝🍲
•⁠ ⁠Wanneer: Sondag, 24 Mei (Na die oggenddiens om 10:30) Wil jy meer weet oor wie ons is, waarheen ons op pad is en hoe jy kan inskakel?
•⁠ ⁠Hierdie geleentheid is die perfekte plek om die hart van FGK te leer ken. Ons kuier ook lekker saam oor ’n ete.
•⁠ ⁠👉 Registreer asseblief hier: https://fgk.churchcenter.com/calendar/event/221923120

3.⁠ ⁠Christmas in June ❄️🎄
•⁠ ⁠Wanneer: Vrydag, 5 Junie Maak reg vir ’n heerlike winterkersfees!
•⁠ ⁠Dis ’n aand van saam eet, saam sing en saam kuier ten bate van ons brugjaarprogram en projekte. ’n Ideale geleentheid om as familie en vriende saam te kom. 👉
•⁠ ⁠Bespreek jou plek hier: https://fgk.churchcenter.com/calendar/event/220327029

08/05/2026

Sien julle vanaand 5uur by die Maanlig Makiti!

MÔRE IS DIE GROOT DAG! 🌙🥳Die wag is amper verby! Môre, Vrydag 8 Mei, skop ons die Maanlig Makiti af vanaf 17:00. Ons kan...
07/05/2026

MÔRE IS DIE GROOT DAG! 🌙🥳

Die wag is amper verby! Môre, Vrydag 8 Mei, skop ons die Maanlig Makiti af vanaf 17:00. Ons kan nie wag om saam met julle te kuier nie!

Hier is die pryslys en die padkaart sodat jy presies weet waar om jou gunsteling bederf te kry:
Op die spyskaart is onder andere:
•⁠ ⁠Bobaas-etes: Wildspastei (R100), Wagyu Burgers (R90), en Pulled Pork Souvlaki (R90).
•⁠ ⁠Iets vir almal: Vegan Kerrie Vetkoek (R55) en tradisionele Pannekoek teen slegs R7! 🥞
•⁠ ⁠Soetbederf: Koek, tert, pastei de nata en roomys met 'n Flake. 🍦🍰
•⁠ ⁠Drinkgoed: Koffie, koeldrank, en 'n lekker "adults only" area met bier, wyn en cider. 🍷🍺

👉 KRY OOK DIE VOLLEDIGE PRYSLYS OP DIE APP/WEBSITE: https://fgk.churchcenter.com/pages/makiti

📍 Onthou die Parkering: As die kerkterrein vol is, is daar ekstra parkering oorkant die pad by die Steers-sentrum en by Bring & Gee.

Gaan kyk solank op die kaart waar die Tieners se Chill Area, die Kinder-aktiwiteite en die Thrift Store is. 🗺️✨

Bring jou vriende, bring jou bure, en kom ons maak môreaand onvergeetlik! 🎡🔥

29/04/2026

FGK Familiesake ⛪

Kyk net hoe mooi lyk ons vlag! 🇿🇦✨
Dit was ’n voorreg om as gemeenskap saam te bou aan hierdie simbool van hoop en eenheid. Mag dit ons herinner aan ons roeping om mekaar "lief te hê met ons ore" en as vreemdelinge met ’n hemelse identiteit hier in ons land te leef.

Vanaand: Kweekhuis Gewoonte-werkswinkel 🌱
•⁠ ⁠Wanneer: Woensdag, 29 April om 18:00
•⁠ ⁠Waar: Groot saal, FGK Kom kry nuwe momentum in jou geloofslewe! Schalk gaan ons help met praktiese planne en voorbeelde om jou eie gewoonteplan te ontwikkel vir die res van die jaar. Registreer hier: https://fgk.churchcenter.com/calendar/event/210439269

Sondag: Nagmaal & Blikkieskos 🍞🥫
Hierdie Sondag vier ons saam Nagmaal. As deel van ons Boom-gewoonte — vra ons dat elkeen sommer weer die nood rondom ons "raaksien”. ⁠Bring asseblief blikkieskos saam wat ons kan versprei na die gesinne wat ons ondersteun.

Die Groot Aftelling: Maanlig Makiti 🌙🥳
•⁠ ⁠Wanneer: Vrydag, 8 Mei vanaf 17:00
•⁠ ⁠Wat: Stalletjies, heerlike kos, vermaak en sommer net goeie gees.
•⁠ ⁠Hulp nodig: Ons kort nog vrywilligers vir die aand! Laat weet ons as jy kan help: https://fgk.churchcenter.com/people/forms/1133176

28/04/2026

Kyk net wat het ons gister saam reggekry! 🇿🇦🖌️✨

Gister se Vryheidsdag-viering was ’n besonderse belewenis. Hierdie timelapse wys hoe ons as gemeenskap saamgekom het om elke kleur van ons vlag lewe te gee – ’n ware simbool van die hoop en eenheid wat ons in Christus deel.

Baie dankie aan almal wat hand bygesit het met die verfwerk, saam gekuier het by die vure, en deel was van die kragtige Real Talk gesprek.

Address

Hoek Van Rabie Straat En 4de Laan/Corner Of Rabie Street & 4th Avenue
Fontainebleau
2194

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 10:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when FGK posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share