Kerksondermure

Kerksondermure KSM is ‘n insluitende gemeenskap gerig om die Jesuslewe te ontdek.

06/09/2026

Hoe gemaak as iemand die naaste aan jou, jou seer maak? Wanneer jou hart in twee wil skeur en jou wêreld skielik baie onveilig voel. Jesus weet en daarom staan ons dié week stil by Hom op die aande tot Hy ‘n paar keer bitter seer gemaak is deur hulle die naaste aan Hom.

👉🏻 Skakel in:

03/09/2026

Ons het ‘n paar Tieners gevra wat hulle dink die woord Mokiti is, kom ons kyk wat het hulle gesê….

Mokiti 2026 is ons tienermusiek-fees waar ons die nuwe lewe in Christus vier! Ons wil hê dat alle Tieners hierdie moet beleef.
Daarom is ons versoek aan jou:
Maak jou kar so vol as wettig moontlik, ry ‘n ekstra draai, en bring jou tiener en hulle vriende na hierdie geleentheid toe.

KSM HANDELINGE BYBELSKOOL | Hoofstuk 17Hoofstuk 17 van die boek Handelinge is vol betekenis. Van aanvanklike weerstand t...
02/09/2026

KSM HANDELINGE BYBELSKOOL | Hoofstuk 17

Hoofstuk 17 van die boek Handelinge is vol betekenis. Van aanvanklike weerstand tot ‘n groep wat werklik die Skrif ondersoek het om seker te maak dat dit wat Paulus sê die waarheid is na verdere teenkanting en uiteindelik ‘n baie spesiale interaksie tussen Paulus en die lede van die Areopagus. Mag hierdie week se stil word werklik vir ons inspireer, uitdaag, aanraak en ook bemoedig waar nodig.

👉🏻 Skakel in:

Hoofstuk 17 van die boek Handelinge is vol betekenis. Van aanvankli...

30/08/2026

Vriendskap is gewoonlik ‘n heerlike ding en saam met vriende is die lewe gewoonlik een groot fees. MAAR dan kom daardie tye van seer, pyn en beproewing in ‘n vriend se lewe – daardie tye wat jy wonder: Wat doen ek? Wat sê ek? Hoe moet ek optree? Kom ons leer by Job se vriende (en ander) hoe om hierdie reg te doen. A friend in need is a friend indeed. Kom leer om werklik so ‘n vriend te wees.

👉🏻 Skakel in:

KSM HANDELINGE BYBELSKOOL | Hoofstuk 16Die Evangelie bereik Europa en daar maak ons kennis met die eerste twee gesinne v...
26/08/2026

KSM HANDELINGE BYBELSKOOL | Hoofstuk 16

Die Evangelie bereik Europa en daar maak ons kennis met die eerste twee gesinne van die eerste gemeente in Europa. Soos te wagte te wees kom dit met uitdagings en vervolging. Hierdie hoofstuk vorm ook die agtergrond van een van Paulus se kosbaarste bondgenote – ‘n gemeente vir wie hy soveel waardering gehad het. Mag dit tot groot seën vir ons elkeen wees.

👉🏻 Skakel in:

Die Evangelie bereik Europa en daar maak ons kennis met die eerste ...

In ‘n wêreld wat arm is aan ware vriendskap, het ons nodig om daaroor te gesels. In die verhaal van Markus 2 is daar ‘n ...
23/08/2026

In ‘n wêreld wat arm is aan ware vriendskap, het ons nodig om daaroor te gesels. In die verhaal van Markus 2 is daar ‘n paar belangrike ontdekkings oor vriendskap. Die duidelikste ontdekking is dalk op ‘n plek waar ons dit nie sou verwag nie.

👉🏻 Skakel in:

In ‘n wêreld wat arm is aan ware vriendskap, het ons nodig om daaro...

19/08/2026

KSM HANDELINGE BYBELSKOOL | Hoofstuk 15

Ons het by die twee helfte van die boek Handelinge aangekom. Tot op hede het ons gesien hoe die beweging van Jesus, die Kerk, groei. Daarmee saam het daar nuwe geleenthede gekom. Daar was tot op hede ‘n klomp uitdagings – beide van binne en van buite.

Intussen het die beweging van Jesus veral onder die Grieks-Romeinse wêreld, veld gewen. Soveel so, dat dit nuwe uitdagings vir die Kerk sou bring. Hierdie week staan ons stil by sekerlik een van die belangrikste vergaderings in die geskiedenis van die Kerk en sien ons hoe waagmoedig die gelowiges optree.

👉🏻 Skakel in: https://youtu.be/GivJHXxYIho

16/08/2026

Rut en Naomi is meer as familie. Hul verbintenis word ‘n vriendskap waarin elkeen kan leer om saam te groei oor generasies heen.

👉🏻 Skakel in:

12/08/2026

KSM HANDELINGE BYBELSKOOL | Hoofstuk 14

Ek bid werklik dat ons, soos ons hierdie week verder op die eerste sending reis saam met Paulus en Barnabas meeleef, deur die Goeie Nuus aangespoor sal word om die werk wat die Here vir ons gegee het om te doen, met volharding te doen. Mag die getuienisse van ander ons ook bemoedig – soos dié van Paulus en Barnabas aan die gemeente in Antiogië gedoen het.

👉🏻 Skakel in: https://youtu.be/GrAIwJT7r2g

Ons woorde wys wat in ons harte aangaan. Ons taal moet uit ons hart kom, uit 'n hart wat die Here aangeraak het. Daarom ...
09/08/2026

Ons woorde wys wat in ons harte aangaan. Ons taal moet uit ons hart kom, uit 'n hart wat die Here aangeraak het. Daarom moet ons leer om reg te praat. Dit vra meer as om net nie lelik te praat nie. Ons praat reg as ons die Here verheerlik en ander mense opbou met ons taal. Daarom skryf ons graag in vir 'n Bybelse taalkursus by die Here.

👉🏻 Skakel in:

Ons woorde wys wat in ons harte aangaan. Ons taal moet uit ons hart...

Address

Hippolaan & Hendrik Verwoerd
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Sunday 08:00 - 09:00
10:00 - 11:00

Telephone

+27126632003

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kerksondermure posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Kerksondermure:

Shortcuts

Share