NG Constantiavallei-gemeente

NG Constantiavallei-gemeente Eredienste Sondagoggende om 09:00
Kantoor oop Maandag, Woensdag en Vrydag oggende 10:00-13:00

04/09/2026

Die lidmate van Constantiavallei is só bevoorreg 💃🕺Ons kan op Sondag, 6 September 2026, twee eredienste bywoon - jy het reg gehoor!. Die eerste een om 09:00 rondom die Eksodus 16:1-16 met die tema: “In die nie-meer-nie-maar-nog-nie-tydperk”. Om 18:00 het ons ‘n aandnagmaal saam met die Ring van Wynberg en met die mezzosopraan, Violina Anguelov-Hobbs. Die tema vir die aand is: Maak die tafel langer! Kry jou solank reg vir Sondag. Jy gaan iets mis indien jy nie altwee of ten minste een van die eredienste bywoon nie. En wie wil nou uitmis - nie die mense van Constantiavallei nie. 😉🤔🫣

Ons nooi jou na ons Aandnagmaal op Sondag, 6 September om 18:00, met die tema: Maak die tafel langer. Die teks is Romein...
31/08/2026

Ons nooi jou na ons Aandnagmaal op Sondag, 6 September om 18:00, met die tema: Maak die tafel langer. Die teks is Romeine 12:9-21. Violina Anguelov-Hobbs (mezzosopraan) gaan tydens die nagmaal 'n paar liedere sing. Sy het haar Uitvoerdersdiploma in Opera met lof, sowel as 'n Honneursgraad in Sang (eerste klas), aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van die sangdosent Sarita Stern verwerf. Sy het verskeie pryse ontvang, waaronder die Adcock Ingram-musiekprys, die Leonard Hall-gedenkprys en die Erik Chisholm-prys. Kom ons maak dit 'n feestelike geleentheid.

31/08/2026

"In die nie-meer-nie-maar-nog-nie-tydperk" - Dit is die tema vir Sondag, 6 September 2026, uit Eksodus 16:1-16. Dink saam met my na oor die tema. As die tema nie vir jou sin maak nie 🤔, dan is dit genoeg rede om Sondag om 09:00 die erediens by te woon. 😉

Soms is die grootste tree vorentoe bloot 'n kopskuif. Dit is ons tema vir Sondag, 30 Augustus 2026 om 09:00. Die teks is...
24/08/2026

Soms is die grootste tree vorentoe bloot 'n kopskuif. Dit is ons tema vir Sondag, 30 Augustus 2026 om 09:00. Die teks is uit Matteus 16:21-28. Dink en bid saam met my oor die kopskuif wat ek en jy voortdurend moet maak.

16/08/2026

“Maar julle, wie sê julle is Ek?” Dit is die vraag wat Jesus in Matteus 16:13-20 aan die dissipels vra. Wie sê jy is Jesus? Dit is die vraag waaroor ons op Sondag, 23 Augustus 2026 om 09:00, gaan wonder en besin. Dink biddend saam met my daaroor na.

10/08/2026

Veerkragtigheid maak 'n verskil. Dit is ons tema vir Sondag, 16 Augustus 2026 om 09:00 n.a.l.v. Matteus 15:(10-20), 21-28. Veerkragtige mense transformeer hulself om enige omstandighede te hanteer op 'n manier wat hulle toelaat, pas by veranderinge aan, aanvaar dit met optimisme en gebruik dit in jou guns. Wonder en dink saam met my oor die teks en tema.

Op Sondag, 6 September 2026 om 18:00 het ons 'n aandnagmaal met 'n baie spesiale gas, Theo Magongoma, die welbekende bar...
03/08/2026

Op Sondag, 6 September 2026 om 18:00 het ons 'n aandnagmaal met 'n baie spesiale gas, Theo Magongoma, die welbekende bariton en operasanger, wat tydens die nagmaal gaan sing. Bring sommer jou familie en vriende saam om dit 'n luisterryke en feestelike geleentheid te maak.

Sondag, 2 Augustus 2026, was vir Constantiavallei 'n feestelike geleentheid met die Canticum Novum koor en al die gaste....
03/08/2026

Sondag, 2 Augustus 2026, was vir Constantiavallei 'n feestelike geleentheid met die Canticum Novum koor en al die gaste. Ons besef die samesmelting is maar net die begin. Ons is opgewonde oor die pad wat ons met mekaar kan loop, maar meer nog oor die pad wat die Here met ons loop. In Christus IS ons een.

03/08/2026

Om te waag, ondanks vrees en onsekerhede - dit is Constantiavallei se tema vir Sondag, 9 Augustus 2026, en die teks is Matteus 14:22-33. Sondag is dit ook Vrouedag. Lizette Rabe het 'n boek uitgegee met die titel, "101 Remarkable South African Women". Wie se naam sou jy graag in die boek wou sien? Laat weet my hoe jy dink?

27/07/2026

Vanaf 1 Augustus 2026 word die twee Gemeentes, Zwaanswyk en Constantia, één nuwe gemeente met die naam Constantiavallei.

Address

H/v Ladies Mile En Firgroveweg, Kreupelbosch
Cape Town
7945

Opening Hours

Monday 07:30 - 12:30
Friday 07:30 - 12:30
Sunday 09:00 - 10:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Constantiavallei-gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Constantiavallei-gemeente:

Share