Die Bron

Die Bron Gary & Rhona Kieswetter - Vir jare het die Here ons gestuur van dorp tot dorp, kerk tot kerk om te bedien en te bemoedig.

SONDAE DIENSTYE 08:00 | 10:00 + FIRE KIDS
INVASION Yth Vrydae 19:00-21:00
Die Bron, ‘n Afrikaanse Woordgebaseerde gemeente, sal jou geloof in die Woord aktiveer wat lei tot 'n dieper verhouding met God, sodat jy daagliks meer soos Jesus kan word. Na 22 jaar het Hy ons gelei om self 'n Afrikaanse Kerk Die Bron te begin in Willowbridge, Tygervallei. Ons nooi julle met groot opwinding en dankbaarheid om saam met ons God se teenwoordigheid te kom geniet en beleef.

Ons besoek die Kerke van Philadelphia, Thyatira en Sardis saam met JOY Travel www.joytravel.co.za
02/09/2026

Ons besoek die Kerke van Philadelphia, Thyatira en Sardis saam met JOY Travel www.joytravel.co.za

❤️ JESUS SE LIEFDE IN AKSIE ❤️Harte wat nood raaksien | Ons selgroepvroue het hulle tyd, hande en harte gegee tydens ’n ...
02/09/2026

❤️ JESUS SE LIEFDE IN AKSIE ❤️

Harte wat nood raaksien | Ons selgroepvroue het hulle tyd, hande en harte gegee tydens ’n uitreik na St Josephs Kinderhospitaal. Hulle het gehelp om na kinders met chroniese en kritieke siektes om te sien, hulle te bederf met geskenkies, en — die belangrikste — eenvoudig daar te wees. 🥹❤️

Aan elke vrou wat haar tyd, liefde en omgee gegee het:
Baie dankie. Dankie dat julle bereid was om julle hande en harte beskikbaar te stel. Dankie vir julle barmhartigheid teenoor hierdie kosbare kinders. Dankie dat julle vir ons wys hoe dit lyk wanneer ons Jesus se liefde prakties uitleef.
Mag julle weet dat elke klein daad van liefde waarde het.🌷

Mag ons as kerk aanhou om die nood raak te sien, ons hande beskikbaar te stel en Jesus se liefde te versprei — een daad van liefde op ’n slag. ❤️

31/08/2026

Ek gaan nie sonder U nie (deel 2)| Henry Pike | 30 Augustus 2026
Kyk die volle preek op YouTube: https://youtu.be/2jB2tZkJ1H0?si=M7H5tqmbA-n3Zj59

Of luister op die volgende potgooi platforms:
SPOTIFY: https://open.spotify.com/show/1wpWG4gyg3QSUXYjQ###Zp?si=a518c562a2844412
PODBEAN: https://diebron.podbean.com/
APPLE PODCAST: https://podcasts.apple.com/za/podcast/die-brons-podcast/id1528143634

Het jy ’n gebedsversoek of wil jy met iemand gesels? 📬 Kontak ons by: [email protected]
Wil jy ’n bydrae maak? 👉 https://www.diebron.co.za/afr/om-te-gee/

💬 Deel hierdie video met iemand wat bemoediging nodig het, en laat weet in die comments wat vir jou uitgestaan het!

31/08/2026

🌿 Vrae lei na groei | God se vrae aan jou (deel 1)

God se vraag aan jou:
“Het jy daai ding gedoen wat jy weet jy moes nie?”

Refleksie tyd:
Vra die Heilige Gees om jou hart te ondersoek.
Is daar iets wat jy gedoen of gesê het waarvan jy moet bekeer? ’n Konflik waarin jy ook skuld dra?
Watter “vyeblare” gebruik jy om dit toe te maak — verskonings, iemand anders blameer, dit ignoreer of probeer om dit self reg te maak?
Wees eerlik. God soek nie perfekte mense nie; Hy soek eerlike, berouvolle harte. ❤️

’n Eenvoudige toepassing:
Skryf dit wat jy wil bely neer en trek dit dood met ’n rooi khoki wat Jesus se bloed verteenwoordig.

Jou antwoord:
“Ja Here, dit was ek. Ek bely… en ek ontvang U vergifnis. Dankie dat U vir my sonde gesterf het en my weer skoonwas.”

🍃 Los die vyeblare. 



Elke Maandagaand om 20:00 deel ons ’n vraag en antwoord uit ons Vrouenaweek boodskap.

🙌 Skakel vanoggend saam met ons in vir die 10:00 diens by Die Bron! Ons nooi jou om saam met ons te aanbid en die Woord ...
30/08/2026

🙌 Skakel vanoggend saam met ons in vir die 10:00 diens by Die Bron!
Ons nooi jou om saam met ons te aanbid en die Woord te ontvang waarookal jy is.

🎥 Kyk live op YouTube:
➡️ https://www.youtube.com//streams

🙏 Het jy ’n gebedsversoek?
➡️ https://die-bron-kerk.churchcenter.com/people/forms/1040044

💛 Wil jy ’n bydrae maak?
➡️ https://www.diebron.co.za/afr/om-te-gee/

🙋🏼‍♀️ Enige navrae?
➡️ [email protected]

Ons sien uit om saam met jou kerk te wees — selfs aanlyn!

🎥 Welkom by Die Bron se livestream!Ons is so bly jy kyk saam met o...

Wat gebeur by Die Bron? Hier is die week se afkondigings. Kyk uit vir 👀 → Vroue: Hou aan Groei - Maandae 8PM op sosiale ...
30/08/2026

Wat gebeur by Die Bron?
Hier is die week se afkondigings.
Kyk uit vir 👀
→ Vroue: Hou aan Groei - Maandae 8PM op sosiale media
→ Boeta aande, elke eerste Maandag van die maand (7 September)
→ Camp FIRE registrasie sluitingsdatum. 13 September

📍 Die Bron Teater | Willowbridge
🕗 Sondae | 08:00 & 10:00 (10:00 ook live op YouTube)
🙏 Stuur gebedsversoeke na [email protected]

Bly ook op hoogte:
🌐 Website: www.diebron.co.za
📸 Instagram: www.instagram.com/diebronkerk
▶️ YouTube: https://www.youtube.com/

Sien jou Sondag! 🕊️

Welkom by Die Bron! Kyk na hierdie week se afkondigings en skakel ...

VAN ’N SONDAGFOKUS NA ’N WEEKLIKSE GELOOFSLEWE 🙏❤️ Sondae kan nie die enigste dag wees wat ons aan God wy nie. Ons is ge...
29/08/2026

VAN ’N SONDAGFOKUS NA ’N WEEKLIKSE GELOOFSLEWE 🙏❤️
 
Sondae kan nie die enigste dag wees wat ons aan God wy nie. Ons is geroep om DAAGLIKS in die diep spore van Jesus Christus te stap en te wandel.

Ons wil saam beweeg:
➡️ van bywoning na betrokkenheid
➡️ van verbruikers na dissipels
➡️ van toeskouers na bedienaars
➡️ van ’n Sondagfokus na ’n weeklikse geloofslewe
 
’n Weeklikse geloofslewe beteken om deur die week doelbewus ruimte te maak om God te ken, Sy stem deur Sy Woord te hoor, te bid en jou geloof uit te leef.

Hoe doen ons dit?
Spandeer tyd in die Woord en in gebed. Omring jou met ander gelowiges wat die pad saam met jou stap, mekaar verantwoordelik hou en vir mekaar bid.
Ons leef ons geloof saam as gemeente uit deur saam te vas, Bybel leesprogramme te volg, gebedsgroepe en selgroepe.
 
Jesus wil deel wees van ons hele week — ons huise, huwelike, ouerskap, werk, vriendskappe, besluite en die manier waarop ons ander mense behandel.

🌸 VROUEnaweek 2026 | Vrae lei na Groei 🌸Laas naweek was iets besonders! 💗 Die Bron het ’n Vrouenaweek aangebied met die ...
29/08/2026

🌸 VROUEnaweek 2026 | Vrae lei na Groei 🌸
Laas naweek was iets besonders! 💗 Die Bron het ’n Vrouenaweek aangebied met die tema “Vrae lei na Groei”.

Dit was soveel meer as net ’n lekker saamkuier. 🙌
Gedagtepatrone is verander, harte is genees, hoop is huis toe geneem, verhoudings met God is verdiep, nuwe vriendskappe is gevorm, vrae is gevra, antwoorde is ontdek — en groei het plaasgevind! 🌱

En natuurlik… ons het ook lekker saam geëet! 😉

Aan elke vrou wat deel was van die naweek: baie, baie dankie dat julle Die Bron Vrouenaweek bygewoon het! Dit was ’n voorreg en ’n fees om saam met julle God te geniet. 🤍

📣 GROOT NUUS!
Ons is nog nie klaar nie! 👀
Elke Maandagaand om 20:00 gaan ons op ons sosiale media ’n vraag én die antwoord daarop uit een van die naweek se boodskappe deel.
So, hou ons dop, bly saam groei en deel dit met ’n vriendin! 🌱✨

En nou is die vraag vir jou:
💭 Hoe speel dit wat jy die naweek geleer het, nou prakties af in jou lewe?
Laat die groei verder gaan. 🤍

Address

Die Bron Kerk, 39 Carl Cronje Road, Willowbridge Shopping Centre Tygervalley
Cape Town

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00
Sunday 08:00 - 11:30
17:00 - 18:30

Telephone

+27763054922

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Bron posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share