Pinkster Kerk Van Christus

Pinkster Kerk Van Christus Samekoms Kerk waar families in liefde die Here dien

Matthéüs 6:3Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,
07/09/2026

Matthéüs 6:3

Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,

Openbaring 1:5en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings va...
04/09/2026

Openbaring 1:5

en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed

1 Thessalonicense 5:5-6Julle is almal kinders van die lig en die kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duis...
30/08/2026

1 Thessalonicense 5:5-6

Julle is almal kinders van die lig en die kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.

30/08/2026

Johannes 15: 9-10

9. Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.


10. As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

Markus 6:41Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en Hy breek die brode en gee dit aa...
29/08/2026

Markus 6:41

Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel.

29/08/2026

Job 17: 15

15. Waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit?

27/08/2026

Psalms 100: 5

5 Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.

26/08/2026

Levitikus 26: 40-45

40. Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen my gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit het,


41. Sodat Ék My ook teen hulle versit het en hulle in die land van hulle vyande moes bring; of, as hulle onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hul ongeregtigheid,


42. Sal Ek d**k aan my verbond met Jakob; en ook aan my verbond met Isak en ook aan my verbond met Abraham sal Ek d**k, en aan die land sal Ek d**k.


43. Maar die land moet eers van hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry, terwyl dit woes lê sonder hulle; en húlle sal vir hul ongeregtigheid boet, omdat, ja, omdat hulle my verordeninge verwerp en hulle siel van my insettinge ‘n afsku gehad het.


44. Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ‘n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die HERE hulle God.


45. Maar Ek sal tot hulle beswil d**k aan die verbond van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle ‘n God te wees. Ek is die HERE.

25/08/2026

1 Korintiërs 15: 54-58

54. En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.


55. Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?


56. Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.


57. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.


58. Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

24/08/2026

Markus 4: 30-34

30 En Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel?


31 Dit is soos ‘n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is;


32 En wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.


33 En met baie sulke gelykenisse het Hy die woord tot hulle gespreek volgens wat hulle kon verstaan;


34 En sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê.

Address

6 Mccullem Avenue, Sherwood Gardens
Brakpan
1541

Opening Hours

Monday 09:00 - 12:00
Tuesday 09:00 - 12:00
Wednesday 09:00 - 12:00
Thursday 09:00 - 12:00
Friday 09:00 - 12:00
Sunday 09:00 - 10:30

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pinkster Kerk Van Christus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Pinkster Kerk Van Christus:

Shortcuts

Share

Category