Fondasie Kerk

Fondasie Kerk Jesus is die rots!

🌸’N NUWE SEISOEN HET AANGEGEBREEK🌸Soos die winter plek maak vir die lente, herinner God ons daaraan dat geen winter vir ...
01/09/2026

🌸’N NUWE SEISOEN HET AANGEGEBREEK🌸

Soos die winter plek maak vir die lente, herinner God ons daaraan dat geen winter vir altyd duur nie. 🌱

Daar kom ’n tyd wanneer dit wat dood en stil gelyk het, weer begin lewe. Wanneer droë plekke weer water ontvang. Wanneer hoop weer begin groei. 🌷

Miskien was jy deur ’n moeilike seisoen. Miskien het jy gebid en gewonder wanneer iets gaan verander.

Maar onthou: God is steeds besig om te werk.

"Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek, en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land."
— Hooglied 2:12

Mag hierdie lente vir jou ’n herinnering wees dat God nuwe lewe kan bring waar jy net droogte gesien het.

🌸 Nuwe seisoen.
🌱 Nuwe hoop.
🦋 Nuwe groei.
✝️ Dieselfde getroue God.

Liefde,
Fondasie Kerk
Jesus is die Rots.🙏🏼

Jy staan nie alleen nie.Die pad voor jou mag onbekend wees, die berg mag hoog wees en die reis mag moeilik voel, maar Go...
31/08/2026

Jy staan nie alleen nie.
Die pad voor jou mag onbekend wees, die berg mag hoog wees en die reis mag moeilik voel, maar God is met jou.

Moenie vrees vir wat voorlê nie.
Moenie terugstaan omdat jy nie die hele pad kan sien nie.
As God jou geroep het, sal Hy jou ook dra.

Stap met moed.
Stap met geloof.
Stap met die wete dat Sy hand oor jou is en Sy teenwoordigheid saam met jou gaan.

Waar jy ook al gaan, God gaan saam.
Wat ook al voorlê, jy hoef dit nie alleen te hanteer nie.

Wees sterk. Wees vol moed. God is met jou.

Josua 1:9
Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.🙏🏻

Mag hierdie week begin met die wete dat, al lyk die pad soms onseker, God reeds voor jou uitgaan. Wanneer jy nie die uit...
24/08/2026

Mag hierdie week begin met die wete dat, al lyk die pad soms onseker, God reeds voor jou uitgaan. Wanneer jy nie die uitkoms kan sien nie, vertrou die Een wat die hele pad ken. Hy kan ’n weg maak waar daar geen weg lyk te wees nie.

God is still writing your story. Trust Him.🙏🏻

’n Geseënde week vir jou en jou gesin. Mag jy Sy hand in die klein en groot dinge raak sien.

Jy hoef nie vandag sterk genoeg te wees vir môre nie. Genade word vir jou gegee vandag. Wanneer jou krag ophou, begin Sy...
19/08/2026

Jy hoef nie vandag sterk genoeg te wees vir môre nie. Genade word vir jou gegee vandag. Wanneer jou krag ophou, begin Syne. Wanneer jy nie meer weet hoe nie, weet Hy steeds. Hou vas aan God, nie omdat die pad maklik is nie, maar omdat Sy hand jou deur elke tree dra.🙏🏻

WANNEER GOD HERBOU, VERANDER ALLES 🙏🏼VOOR → NAVir drie weke was ons kerkdeure toe.Maar wat van buite af soos ’n stil tyd...
16/08/2026

WANNEER GOD HERBOU, VERANDER ALLES 🙏🏼

VOOR → NA

Vir drie weke was ons kerkdeure toe.

Maar wat van buite af soos ’n stil tyd gelyk het, was eintlik ’n tyd van sifting, gebed, herbou en voorbereiding.

Terwyl ons die tyd geneem het om te bid, strukture te verander en God toe te laat om in ons kerk te werk, het Hy nie net die fisiese fondament verander nie. Hy het ook die geestelike fondament kom herstel en versterk.

Die mure het verander.
Die verhoog het verander.
Die struktuur het verander.
Maar die grootste verandering het plaasgevind op ’n plek wat ons nie met ons oë kan sien nie.

Soms moet God dinge stilmaak en selfs mense en strukture sif, sodat Hy kan herbou wat Hy bedoel het om te bly staan.

Hierdie voor en na is vir ons meer as net ’n kerk wat opgeknap is. Dit is ’n getuienis van wat God kan doen wanneer ons Hom die ruimte gee om te werk.

Hy het ons kerk fisies mooier gemaak, maar nog belangriker. Hy het ons geestelike fondament sterker gemaak.

Ons is dankbaar vir elke gebed, elke persoon wat saam met ons gestaan het, en vir elke verandering wat God gelei het. 🙏🏼

"As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs.”
— Psalm 127:1

Die gebou lyk anders.
Die struktuur is anders.
Maar die fondament is sterker.

GELOOF. HOOP. JESUS. ✝️🙏🏼

En ons glo: dit is nog net die begin.

Fondasie Kerk- Jesus is die rots!

Wil U net in kennis stel dat ons kerkie toe sal wees gedurende die volgende 3 weke. Ons sal weer die 2de Augustus weer o...
10/07/2026

Wil U net in kennis stel dat ons kerkie toe sal wees gedurende die volgende 3 weke. Ons sal weer die 2de Augustus weer oop wees met n bang! Ons bid dat die Here elkeen sal seën in die 3 weke en dat Hy die Fondasie Kerk ook sal seën. Baie dankie aan al ons ondersteuners. Liefde en groete Past Ryno

Moet dit nie misloop nie.
15/05/2026

Moet dit nie misloop nie.

Vandag vier ons met diep dankbaarheid en groot vreugde dat Fondasie Kerk 2 jaar oud is. Wat begin het as ’n visie wat Pa...
03/05/2026

Vandag vier ons met diep dankbaarheid en groot vreugde dat Fondasie Kerk 2 jaar oud is. Wat begin het as ’n visie wat Pastor Ryno Jacobs van God ontvang het, het deur geloof, gehoorsaamheid en genade gegroei tot ’n geestelike huis waar mense liefde, hoop en herstel vind.

Ons is nie net ’n kerk nie, ons is ’n familie. ’n Familie wat saam bid, saam glo, saam groei en saam vasstaan, want Jesus is ons Rots en ons vaste fondament.

Deur elke uitdaging en elke oorwinning was God se hand oor hierdie bediening. Sy seën, voorsiening en getrouheid het ons gedra tot waar ons vandag is.

Ons bid dat God ons kerk nog ryklik sal bly seën, dat nog baie harte aangeraak sal word, en dat hierdie visie nog verder sal groei tot eer van Sy Naam.

Dankie aan elke persoon wat deel is van hierdie reis. Die beste lê nog voor.

🎉 Happy Birthday, Fondasie Kerk – 2 Jaar Oud 🎉

Address

17 Wanderers Street, Tweedy Park
Brakpan
1559

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Fondasie Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share