About YHWH El'Tekon
Pastoor Susan Vivier (leier van YHWH El'Tekon Bedieninge) het in 2002 tot bekering gekom en 'n pastorale terapiekursus deur Eagle's Nest Ministries voltooi. In 2007 het sy 'n pastorale beraderskursus onder leiding van dr. Leonie Pretorius voltooi. Haar Skrifgedeelte wat sy met bekering ontvang het is Openbaring 3:7–8 – En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít
sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie. Bedieningsagtergrond
Pastoor Susan het dadelik begin bedien as berader en boere se lande gesalf. "Ek het die voorreg gehad om vir die afgelope negentien jaar deeltyds in die bediening te staan en saam met kosbare mense op alle lewensterreine te werk. Ek het baie gemeentes besoek en baie mense se lewensverhale gehoor. Party van hulle was baie hartseer weens veroordeling en hulle was tog net te dankbaar dat iemand na hulle wou luister. Daar was skaars trane van DANKBAARHEID van dié wat gered is, en daar het ek geleer net ware liefde maak gesond – die liefde van Yeshua. Daardie volmaakte liefde het restourasie gebring terwyl hulle in skaamte vertel het van verslawing wat hulle vasgevang gehou het en van die onvermoë om iets positief met hul lewens uit te rig. Abba Vader het my die bekwaamheid gegee om 'n siel na Abba Vader te lei, maar in my hart het ek ook 'n ywer om die Woord van Vader ons YHWH te verkondig. Van daar af as Abba Vader vir my 'n Woord gee het, het ek dit gespreek." YHWH El'Tekon – All Nations
Vanaf 2022 is pastoor Susan voltyds in die bediening onder die vaandel van YHWH El'Tekon Bedieninge. YHWH El'Tekon is gebaseer in Bloemfontein en is 'n passievolle koninkryksbediening en fokus op innerlike genesingskursusse ("Kies die Lewe" deur dr. Leonie Pretorius), pastorale terapie, hospitaalbesoeke en getuienisse. Pastoor Susan is geroep vir restourasiebediening en bevryding. Sy bring Woord van dit wat verborge is in Bloemfontein en omliggende dorpe waarheen sy genooi word, as deel van uitreikings of waarheen Abba Vader haar stuur. el'-te-kon (elteqon)
el' (eienaam vir God); teqon (werkwoord wat "om reguit te maak" beteken)
Die drievoudige betekenis van YHWH El'Tekon se naam:
Josua 15:59 – ... en Máärat en Bet-Anot en Éltekon: ses stede met hulle dorpe ...
Die Hebreeuse betekenis hier is "founded by God". Eltekon (El'Tih Kahn) is 'n Bybelse pleknaam wat "securing advice" beteken. Dit was 'n dorpie in die heuwelland van Suid-Juda noord van Hebron. Verder is die Hebreeuse betekenis "God maak reguit"; "God vestig orde". Dus: YHWH El'Tekon – "Gestig deur God, waar Sy orde gevestig word deur Sy raad te verseker." Dit is die fondasie waarop hierdie bediening gebou is. Die tekkies, veters en die DNS-stringe
Hardloop met jou bloedveters van wonde na innerlike genesing! Jou tekkies word dan rooi met Jesus Christus se bloed; jou veters word wit van Abba Vader se DNS wat verlossing bied! Genesis 14:23 – ... dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie ...
"Lot se dogters" beteken "veil" – 'n sluier word gelig deur YHWH se Naam in jou DNS ... Dit is wanneer jy waarlik wedergebore is en herstel word tot in YHWH se DNS:
Psalm 139:14 – Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. Visie
Om so veel as moontlik mense binne die geografiese grense van Abba Vader se bediening effektief met die Evangelie te bereik; om die wat tot geloof kom effektief by die bediening in te laat skakel en toe te rus om toegewyde volgelinge van Jesus Christus te wees. Om as die toegeruste volgelinge van Christus en Abba Vader se GROOTHEID en deur die leiding van die Heilige Gees in alle krag en waarheid LIG by mense te verteenwoordig. Missie
Ons missie beantwoord dié vraag: Wat gaan ek doen om ons droom (visie) waar te maak? Ons sal die mense in ons omgewing met die Evangelie bereik deur ons Abba Vader verteenwoordig. Samevatting: Bereik mense in ons omgewing en landwyd met die evangelie. Nou het ek my beskikbaar gemaak om voltyds as lewende offer op die oesland te gaan werk. Lukas 10:2 – Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur. Laat daar lig wees
Onthou dat Hy jou Herder is en dat Hy jou sal lei na waters waar rus is. Hy sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. My gebed is om te getuig maar om mense van Jesus Christus te vertel en van sonde te oortuig. Deur te bedien in jou omstandighede.