NG Gemeente Overkruin

NG Gemeente Overkruin NG Gemeente Overkruin in Wonderboom, Pretoria is 'n geloofsgemeenskap wat God aanbid, vir mekaar omgee en hoop bring aan die wêreld.

09/09/2026
04/09/2026
03/09/2026

Tema: Verkoop alles en volg My!
Skriflesing: Markus 10:17–22
Skakel: https://youtube.com/live/rMaFJZ4dMj

Wat is dit wat jou keer om Jesus voluit te volg?

In Markus 10 ontmoet Jesus ’n ryk jong man wat op sy knieë voor Hom neerval. Hy verlang na die ewige lewe en glo dat hy alles reg doen. Maar Jesus kyk na hom, kry hom lief en wys vir hom dat daar nog een ding is wat tussen hom en God staan.
“Gaan verkoop alles… gee dit aan die armes… en volg My.”
Dit gaan nie in die eerste plek oor geld nie. Dit gaan oor sy hart.

Jesus vra ook vir elkeen van ons:
Wat is dit wat jy moet “verkoop” om My te volg?
Wat is dit wat jou van God se genade weerhou?
Watter aardse dinge het dalk ’n plek in jou hart gekry wat net aan God behoort?

Die opdrag is eenvoudig:
Verkoop alles en volg My!
Maar om dit uit te leef, vra volle oorgawe.

Sien julle daar!
Ds. Heinrich

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

🌸🎶 LENTEFEES SANGDIENS 🎶🌸Wanneer die skepping begin sing…Die lente is hier! 🌷🌿Kom vier saam met ons die nuwe lewe en won...
03/09/2026

🌸🎶 LENTEFEES SANGDIENS 🎶🌸

Wanneer die skepping begin sing…

Die lente is hier! 🌷🌿
Kom vier saam met ons die nuwe lewe en wonder van God se skepping tydens ’n besondere Lentefees Sangdiens.

Ons het ’n heerlike aand van musiek en lofprysing vir julle beplan, met:

🎹 Ongelooflike orrelspel
🎶 Pragtige koorsang
🎷 Saksofoon
🎺 Trompet
🎵 En natuurlik die geleentheid om saam te sing en God te loof!

“Juig tot eer van die Here, o ganse aarde,
breek uit en jubel en psalmsing!”
— Psalm 98:4

📅 Sondag, 6 September 2026
⏰ 9h00
📍 NG Overkruin, 65 Kameeldoring laan, Wonderboom

🌷 Kan jy nie persoonlik by ons wees nie?
Geen probleem nie — skakel gerus aanlyn in en beleef die sangdiens saam met ons.

🔴 AANLYN SKAKEL:
👉 https://youtube.com/live/Og-eOCeHL0A

Kom sing saam met ons!
Wanneer die skepping begin sing, kom ons sing saam! 🌸🎶

Almal is baie welkom — bring gerus familie en vriende saam! ❤️

🌸🎶 LENTEFEES SANGDIENS 🎶🌸Wanneer die skepping begin sing…Die le...

Address

65 Kameeldoring Avenue
Akasia
0182

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Gemeente Overkruin posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Gemeente Overkruin:

Shortcuts

Share