31/08/2026
VROUE MAAND 2026 | RESTORE
En so kom ons by die einde van ’n baie spesiale Vrouemaand. ’n Maand waarin ons herinner is aan wie ons is, waar ons vandaan kom en, belangriker nog, aan Wie ons behoort.
Ons het gepraat oor 𝗵𝗲𝗿𝘀𝘁𝗲𝗹𝗹𝗶𝗻𝗴, 𝗼𝗽𝗼𝗳𝗳𝗲𝗿𝗶𝗻𝗴, 𝗴𝗲𝗹𝗼𝗼𝗳, 𝗴𝗲𝗵𝗼𝗼𝗿𝘀𝗮𝗮𝗺𝗵𝗲𝗶𝗱, 𝗲𝗲𝗻𝗵𝗲𝗶𝗱 en om weer ons plek in God te vind.
Ons het geleer dat ons nie altyd sterk hoef voor te gee nie. Soms moet ons net eerlik kan sê: “Here, ek het U nodig.”
En soos 𝗢𝘂𝗱𝗶𝗲 𝗠𝗮 𝗡𝗷𝗲𝗹𝗮 dit sal sê: “𝘝𝘳𝘰𝘶𝘦, 𝘮𝘰𝘦𝘯𝘪𝘦 𝘷𝘦𝘳𝘨𝘦𝘦𝘵 𝘸𝘪𝘦 𝘫𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘪𝘴 𝘯𝘪𝘦. 𝘎𝘰𝘥 𝘩𝘦𝘵 𝘫𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘴𝘵𝘦𝘳𝘬 𝘨𝘦𝘮𝘢𝘢𝘬, 𝘮𝘢𝘢𝘳 𝘫𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘩𝘰𝘦𝘧 𝘯𝘪𝘦 𝘢𝘭𝘭𝘦𝘴 𝘢𝘭𝘭𝘦𝘦𝘯 𝘵𝘦 𝘥𝘳𝘢 𝘯𝘪𝘦. 𝘉𝘭𝘺 𝘣𝘺 𝘥𝘪𝘦 𝘏𝘦𝘳𝘦, 𝘩𝘰𝘶 𝘢𝘢𝘯 𝘨𝘭𝘰 𝘦𝘯 𝘮𝘰𝘦𝘯𝘪𝘦 𝘫𝘰𝘶𝘴𝘦𝘭𝘧 𝘷𝘦𝘳𝘭𝘰𝘰𝘳 𝘪𝘯 𝘢𝘭𝘭𝘦𝘴 𝘸𝘢𝘵 𝘫𝘺 𝘷𝘪𝘳 𝘢𝘯𝘥𝘦𝘳 𝘥𝘰𝘦𝘯 𝘯𝘪𝘦. 𝘎𝘰𝘥 𝘪𝘴 𝘯𝘰𝘨 𝘣𝘦𝘴𝘪𝘨 𝘮𝘦𝘵 𝘫𝘰𝘶 𝘴𝘵𝘰𝘳𝘪𝘦.”
𝗗𝗶𝘁 𝗶𝘀 𝗱𝗶𝗲 𝗯𝗼𝗼𝗱𝘀𝗸𝗮𝗽 𝘄𝗮𝘁 𝗼𝗻𝘀 𝘀𝗮𝗮𝗺 𝘀𝗮𝗮𝗺 𝘃𝗼𝗿𝗲𝗻𝘁𝗼𝗲 𝗻𝗲𝗲𝗺: Moenie jouself verloor terwyl jy almal rondom jou probeer help nie. Moenie opgee wanneer jy moeg raak nie. En moenie d**k God het jou vergeet nie.
𝗚𝗼𝗱 𝗶𝘀 𝗻𝗼𝗴 𝗻𝗶𝗲 𝗸𝗹𝗮𝗮𝗿 𝗻𝗶𝗲.
𝗥𝗘𝗦𝗧𝗢𝗥𝗘 is nie net ’n tema vir Augustus nie — dit is wat God steeds in ons doen.
💙