Upington Lighuis Volle Evangelie Kerk

Upington Lighuis Volle Evangelie Kerk Ervaar Jesus, Skyn Liefde
‘n Grenslose Geestelike Lighuis
Dienste: Sondae 09:30

Ons is dankbaar vir elke persoon wat deel is van ons Lighuis familie. Kom aanbid saam en groei saam in geloof. 🙌📍 Lighui...
15/09/2026

Ons is dankbaar vir elke persoon wat deel is van ons Lighuis familie. Kom aanbid saam en groei saam in geloof. 🙌

📍 Lighuis Upington
⏰ Sondag | 09:30

Hierdie week wil ons u nooi om saam met ons te bid vir Tunisië.Christene in Tunisië word toenemend deur die owerhede gem...
15/09/2026

Hierdie week wil ons u nooi om saam met ons te bid vir Tunisië.

Christene in Tunisië word toenemend deur die owerhede gemonitor. Gelowiges wat dopgehou word, kan gearresteer en ondervra word, en hul huise kan deursoek word.

Vir die eerste keer het die owerhede ongekende arrestasies van buitelandse Christene uitgevoer. Hulle gebruik valslik aanklagte van “mensehandel” om hierdie teistering te regverdig.

Baie Tunisiese bekeerlinge voel reeds verplig om hul geloof geheim te hou weens vyandigheid vanuit die samelewing, wat dit 'n risiko maak om hul geloof met ander te deel of saam met ander vir aanbidding bymekaar te kom. Die vrees dat hul geloof bekend kan word, laat baie van hulle met isolasie en beperkte ondersteuning vanuit ’n geloofsgemeenskap worstel.

Daarbenewens ervaar Christene uit Afrika suid van die Sahara wat in Tunisië woon, voortdurende probleme. Hoewel hulle nie openlik hul geloof mag verkondig nie, is rassistiese mishandeling hul grootste uitdaging. Dit het dramaties toegeneem ná president Saied se opruiende uitlatings in Februarie 2023. Baie het hul werk verloor of uit die land gevlug, terwyl dié wat agtergebly het gedurende WWL 2026 toenemende geweld en stigmatisering ervaar het. Dit sluit verslae van daaglikse teistering en seksuele aanranding, insluitend verkragting, in.

Open Doors South Africa

15/09/2026
Hierdie week se nuusbrief is NOU beskikbaar!Wil jy inskakel by ’n Lig Groep? Wil jy gedoop word en dalk meer uitvind? Jy...
14/09/2026

Hierdie week se nuusbrief is NOU beskikbaar!

Wil jy inskakel by ’n Lig Groep? Wil jy gedoop word en dalk meer uitvind? Jy sal al die kontakbesonderhede daar kry + plus alles wat hierdie week in ons Gemeente gebeur.

👉 Kom kyk wat die Here besig is om te doen, en ontdek waar jy kan deelneem aan Sy plan vir jou lewe.

Ons wil vandag vir hierdie jong dame baie gelukwens met haar verjaarsdag. Chantal Els mag die Here jou ryklik seen in jo...
14/09/2026

Ons wil vandag vir hierdie jong dame baie gelukwens met haar verjaarsdag. Chantal Els mag die Here jou ryklik seen in jou nuwe lewensjaar.

Ons is elke dag met jou dankbaar vir die wonderwerkende krag van God in jou lewe en ons is opgewonde om saam met jou op die pad vorentoe, God se beloftes te ervaar as Gemeente.

Mag jy 'n pragtige dag geniet. Van ons almal by upingtonLIGHUIS.

Liefde is nie net iets waaroor ons praat by upingtonLIGHUIS nie maar iets wat ons opreg probeer leef. Daarom glo ons dat...
14/09/2026

Liefde is nie net iets waaroor ons praat by upingtonLIGHUIS nie maar iets wat ons opreg probeer leef. Daarom glo ons dat liefde nie SIGBAAR kan wees as ONS nie sigbaar is nie.

'n Koninkryk-gefokusde gemeente verstaan dat God ons roep om Hom lief te hê, maar ook mekaar deur mekaar aan te moedig, vir mekaar te bid en mekaar se laste te dra.

Wanneer ons gereeld saamkom, word ons geloof versterk, ons karakter gevorm en Christus se liefde word sigbaar.

"Hebreërs 10:24-25: "[24] en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; [25] en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie..."
Jesus bo alles.

Sondag is beter saam. 🤍Kom aanbid saam met ons, ontmoet nuwe mense en groei saam in geloof. Daar is plek vir jou!📍 Lighu...
11/09/2026

Sondag is beter saam. 🤍

Kom aanbid saam met ons, ontmoet nuwe mense en groei saam in geloof.
Daar is plek vir jou!

📍 Lighuis Upington
⏰ Sondag | 09:00

Woensdae is vir geloof en saam groei. 🤍Kom kuier saam by ons Omgee Groep! 🙌📅 Woensdag⏰ 09:30📍 Lighuis Upington
10/09/2026

Woensdae is vir geloof en saam groei. 🤍

Kom kuier saam by ons Omgee Groep! 🙌
📅 Woensdag
⏰ 09:30
📍 Lighuis Upington

Address

9 Jan De Klerkweg, Oosterville
Upington
8801

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 16:00
Sunday 09:30 - 11:00

Telephone

+27543311689

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Upington Lighuis Volle Evangelie Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Upington Lighuis Volle Evangelie Kerk:

Shortcuts

Share