Dinamus Gemeenskapskerk

Dinamus Gemeenskapskerk `n Gemeenskapskerk in Tzaneen, Limpopo, RSA - Waar ons Ligdraers is. Hoofdiens & Kidsdienste Sondae oggende 9am by 6 Industriaweg.

Hoof- & Kidsdienste Sondae oggende 9am by 6 Industriaweg.

08/09/2026
Goeiemore! Titus 3. Paulus skryf in vers 9 "Moet tog nie betrokke raak in dwase twisgesprekke...want dit is onproduktief...
08/09/2026

Goeiemore! Titus 3. Paulus skryf in vers 9 "Moet tog nie betrokke raak in dwase twisgesprekke...want dit is onproduktief en tevergeefs". God wil nie hê ons moet energie mors en kwaad word en ons "heiligheid" verloor in onnodige twisgesprekke nie. MAAR wat God ook nie wil hê nie is kinders wat nie die battles baklei wat hulle moet baklei nie net om konflik te vermy. Gelowiges is hemelse burgers, so per definisie is ons "illigal immigrants". Elke dag verklaar ons oorlog. God en ons teen die wêreld. Stry die stryd vir jou geloof en wat vir God reg is, spreek die waarheid in liefde, maar vermy onnodige twis. Ons moenie net fight vir ons ego of om 'n punt te bewys nie. Soms is die grootste oorwinning om stil te bly en weg te stap. Mag God jou help onderskei en waar die fight gefight moet word, mag Hy jou bystaan en deur Sy Gees lei. Mag God jou seën en tot seën maak van ander. Tot more...Johann

Goeiemore! Titus 2. "Hy (Jesus) het sy lewe vir ons gegee om ons los te koop van alles wat voor God verkeerd is, en om o...
07/09/2026

Goeiemore! Titus 2. "Hy (Jesus) het sy lewe vir ons gegee om ons los te koop van alles wat voor God verkeerd is, en om ons te reinig van alle sonde sodat ons sy volk kan wees wat net aan Hom behoort..." - Tit 2:14 Dankie Here dat U, U Seun vir ons gegee het as offer dat ons U kinders, U volk, die skape van U kudde kan wees. Dankie Jesus dat U die ultimate prys betaal het, Sondeloos het sonde geword vir my! Dankie Here! Dankie Jesus! Mag God jou seën en tot seën maak van ander! Tot more...Johann

Naand, dis koud en nat en mistroostig...But God...ja maar ook BUT ME.... https://youtu.be/RWiSwDPwsjU Geseënde aand en w...
06/09/2026

Naand, dis koud en nat en mistroostig...But God...ja maar ook BUT ME.... https://youtu.be/RWiSwDPwsjU Geseënde aand en week Johann Fourie

But God Ja Maar Ook But Me - Titus ...

Saam met God op reis deur Sy Woord. Word toegerus vir lewe saam met Hom! Bring jou Bybel en pen...
05/09/2026

Saam met God op reis deur Sy Woord. Word toegerus vir lewe saam met Hom! Bring jou Bybel en pen...

Goeiemore! Titus 1. Dis Vrydag, die naweek lê voor. Tyd vir rus en ander dinge as werk. Tyd saam met God en God se kinde...
04/09/2026

Goeiemore! Titus 1. Dis Vrydag, die naweek lê voor. Tyd vir rus en ander dinge as werk. Tyd saam met God en God se kinders. Oor jou wat hierdie lees, wat se gedagtes worstel met hoe om by alles uit te kom of hoe om alles te betaal of wat die toekoms inhou of wat van jou kinders of kleinkinders gaan word in hierdie op sy kop wêreld wil ek 'n seëngebed uitspreek: "Mag die genade (die onverdiende goedheid en guns) en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Verlosser (wat verstand en omstandighede te bowe gaan) met jou wees" - Titus 1:4b (uitgebrei). Mag God jou seën en tot seën maak van ander. Tot Sondag 9am by Dinamus...Johann

Goeiemore. 2 Timoteus 3. Paulus vertel hoe die wêreld sal lyk en mense sal wees en optree in "die laaste dae" en dis sca...
02/09/2026

Goeiemore. 2 Timoteus 3. Paulus vertel hoe die wêreld sal lyk en mense sal wees en optree in "die laaste dae" en dis scary as jy dit vergelyk met die wêreldnuus. Dis asof Paulus 'n berig skryf vir CNN of News24. Dan die maar, die teenstelling, die antitese. God se kinders skep 'n wêreld deur hulle werk en wandel wat anders lyk en anders is. 'n Wêreld en 'n lewe gevorm deur God se wil en God se Woord want "Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen" - 2 Tim 3:16-17. Kind van God, hou aan God se wil en Woord lees en leef ten spyte van hoe mense is, hoeveel jy teleurgestel word, in die rug gesteek word. Hou aan met God se goeie werk. Jy werk vir Hom en vir jouself, jou gewete, jou gemoedsrus. God sy met jou! Mag God jou seën en tot seën maak van ander. Tot more..Johann

Address

6 Industriastraat
Tzaneen
0850

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:30
Tuesday 07:30 - 16:30
Wednesday 07:30 - 16:30
Thursday 07:30 - 16:30
Friday 07:30 - 16:30
Sunday 09:00 - 10:00

Telephone

+27675599535

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dinamus Gemeenskapskerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Dinamus Gemeenskapskerk:

Shortcuts

Share

Category