EG Kerk Kweekskool

EG Kerk Kweekskool Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from EG Kerk Kweekskool, Religious organisation, 189 Nkwe Road, Tierpoort.

Die Evangelies-Gereformeerde Kerk se Kweekskool is 'n opleidingsinstansie wat predikante, sendelinge en geestelike werkers oplei om die Woord van God te verkondig.

Dit is weer tyd vir die jaarlikse steak- en chipsaand.Hierdie aand dien as 'n fondsinsamelingsprojek vir die Derdejaars....
16/08/2026

Dit is weer tyd vir die jaarlikse steak- en chipsaand.

Hierdie aand dien as 'n fondsinsamelingsprojek vir die Derdejaars.

Bespreek jou plek en kom kuier saam met ons. Heerlike steak en tuisgemaakte chips. Lekkerder sal jy nie sommer elders kry nie.

Dit was 'n voorreg om die afgelope week die Goue Pilare van Hartiesgemeente hier op Betshan te ontvang.Hulle het teetyd ...
08/08/2026

Dit was 'n voorreg om die afgelope week die Goue Pilare van Hartiesgemeente hier op Betshan te ontvang.

Hulle het teetyd saam met ons geniet, 'n toer van ons pragtige kampus gehad en 'n klas bygewoon. Natuurlik het hulle na al die opwinding aangesit vir 'n heerlike bord kos.

Dit was lekker met julle hier. Ons sien uit na die volgende kuier.

Die Kweekskool se sop-en broodaand was een vir die boeke. Baie dankie aan elkeen wat die aand saam met ons kom deel het.
04/08/2026

Die Kweekskool se sop-en broodaand was een vir die boeke. Baie dankie aan elkeen wat die aand saam met ons kom deel het.

Besprekings sluit binnekort. Bespreek vanaand nog indien jy wil bywoon. Die sop- en broodaand is altyd 'n heerlike gesel...
27/07/2026

Besprekings sluit binnekort. Bespreek vanaand nog indien jy wil bywoon. Die sop- en broodaand is altyd 'n heerlike geselligheid hier op Kweekskool.

Besprekings kan by die volgende skakel voltooi word:

https://forms.gle/iQpShJ88oPa5PgABA

Hoewel die penne vir die tweede kwartaal reeds neergesit is, hou die werk op Betshan nooit op nie.Ons is die Here dankba...
09/07/2026

Hoewel die penne vir die tweede kwartaal reeds neergesit is, hou die werk op Betshan nooit op nie.

Ons is die Here dankbaar dat ons met die volgende fase van die dakkeprojek kan begin.

'n Groot gedeelte van die enkelkamers se dakke is tans besig om vervang te word. Daarmee saam is hulle ook besig om die tweede dosentehuis se dak te vervang.

Onder leiding van Jacques Dreyer en Chris Troskie, is die manne hard aan die werk om die projek voltooi te kry voordat die penne weer opgetel moet word vir die derde kwartaal se akademie.

Ons eer die Here vir Sy goedheid.

Ons vra voorbidding vir die projek:
* Bid asseblief vir die manne wat aan die dakke werk, se veiligheid.
* Bid asseblief dat die manne betyds met die dakke sal klaarkry.
* Bid asseblief dat die projek goed sal vorder en dat die Here sal voorsien in wat nodig is om die werk te voltooi.

Wat is lekkerder as om saam met goeie vriende te kuier? Om sop en brood te eet terwyl jy saam met hulle kuier.Die Kweeks...
01/06/2026

Wat is lekkerder as om saam met goeie vriende te kuier? Om sop en brood te eet terwyl jy saam met hulle kuier.

Die Kweekskool hou weer sop- en broodaand. Dit is altyd vir ons 'n groot voorreg om gaste hier op kampus te ontvang.

Bespreek asseblief plek ter wille van beplanning. Daar is ook oornagfasiliteite beskikbaar vir diegene wat nie in die donker huis toe wil ry nie.

Ons sien uit daarna om almal te sien.

Besprekings kan by die onderstaande skakel gemaak word:

https://forms.gle/xVjpaj9mycBxxmF5A

Tussendeur die bedrywige program op Kweekskool is daar so nou en dan geleentheid vir 'n bietjie pret en kans om lekker t...
14/04/2026

Tussendeur die bedrywige program op Kweekskool is daar so nou en dan geleentheid vir 'n bietjie pret en kans om lekker te lag.

Die CVV-dames se gebedsvriendinne het spanne gemaak en aangetrek om bymekaar te pas.

Selfs die jongspan het hul staal gewys.

Die Kweekskool se sop- en brood aand is nie net 'n heerlike geleentheid om jou te verlustig in sop van allerlei geure ni...
10/04/2026

Die Kweekskool se sop- en brood aand is nie net 'n heerlike geleentheid om jou te verlustig in sop van allerlei geure nie, maar ook die geleentheid om sommer net lekker saam met ons te kuier.

Meer inligting sal binnekort volg. Stoor asseblief solank die datum.

Die tweede kwartaal het behoorlik met 'n knal afgeskop. Die silwerjeug van Nylstroom het ons vir die oggend kom besoek. ...
09/04/2026

Die tweede kwartaal het behoorlik met 'n knal afgeskop. Die silwerjeug van Nylstroom het ons vir die oggend kom besoek. Hulle kon 'n tipiese dag op Kweekskool beleef; teetyd, klasloop en middagete. Ons is net jammer dat hulle nie kon uithelp tydens werksperiode nie.

Dit is altyd vir ons 'n groot voorreg wanneer gemeentes kom inloer en vir ons kom kuier.

Ons juniorstudente het Donderdag vertrek op hul jaarlikse SEK-uitreik. Die uitreik vind hierdie jaar in Alberton plaas.B...
07/03/2026

Ons juniorstudente het Donderdag vertrek op hul jaarlikse SEK-uitreik. Die uitreik vind hierdie jaar in Alberton plaas.

Bid asseblief saam dat siele met die evangelie bereik sal word.
Bid asseblief saam vir die studente se veiligheid.
Bid asseblief ook saam vir die gesinne wat agterbly.

Address

189 Nkwe Road
Tierpoort

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when EG Kerk Kweekskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to EG Kerk Kweekskool:

Shortcuts

Share