Volle Evangelie Kerk Springs - Lewe in Oorvloed

Volle Evangelie Kerk Springs - Lewe in Oorvloed Dienste: Sondae om 09h00
Gebedsversoeke: [email protected] God se roeping vir die kerk is om die groot opdrag uit te voer. Pastoor Andrew Lowings

Lewe in oorvloed is ‘n doelgerigte en bedienings georiënteerde kerk, daarom stel ons vir ons doelwitte. Paulus sê in 1 Kor 9:26 "Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie, ek slaan soos ’n bokser wat nie in die lug slaan nie." Ons Gemeente hardloop soos een wat nie van sy doel onseker is nie, maar doelgerig is met ons doel voor oë. Mat. 28:19-20 "Gaan dan heen, maak dissipels

van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld."

Ons pastoorpaar en ander Vriende van Israel laat hulle in die Jordaanrivier doop. ’n Besonderse en betekenisvolle oombli...
14/06/2026

Ons pastoorpaar en ander Vriende van Israel laat hulle in die Jordaanrivier doop. ’n Besonderse en betekenisvolle oomblik tydens die Jerusalem beraad.

Ons pastoorspaar woon van 7–16 Junie 2026 die "Jerusalem Summit" toer by.Ons bid hulle ’n geseënde, veilige en inspirere...
08/06/2026

Ons pastoorspaar woon van 7–16 Junie 2026 die "Jerusalem Summit" toer by.

Ons bid hulle ’n geseënde, veilige en inspirerende reis toe. Mag hierdie tyd vir hulle geestelik verrykend wees en mag hulle met nuwe insig, bemoediging en visie terugkeer.

Gelukkige Moedersdag aan al ons kosbare mammas. Vandag vier ons julle liefde, gebede, opoffering en sagte krag. Julle is...
10/05/2026

Gelukkige Moedersdag aan al ons kosbare mammas. Vandag vier ons julle liefde, gebede, opoffering en sagte krag. Julle is ’n seën vir ons gemeente en vir elke lewe wat julle aanraak. Mag die Here julle vandag opnuut versterk, bemoedig en met Sy liefde omvou.

Ons waardeer julle meer as wat woorde kan sê.

Sondag 9H00 Opstandings diens jy is genooi
03/04/2026

Sondag 9H00 Opstandings diens jy is genooi

✝️ GOEIE VRYDAG DIENS – 09H00 ✝️Jy word hartlik uitgenooi na ons Goeie Vrydag Erediens hierdie Vrydag om 09H00.🔥 Tema:“W...
01/04/2026

✝️ GOEIE VRYDAG DIENS – 09H00 ✝️

Jy word hartlik uitgenooi na ons Goeie Vrydag Erediens hierdie Vrydag om 09H00.

🔥 Tema:
“Waarom Jesus nie die hulp van die Engele ingeroep het nie?”

Toe Jesus aan die kruis gehang het, het Hy die mag gehad om hemel se leërs te roep…
maar Hy het gebly.

💔 Kom beleef weer die krag van die kruis…
🙌 Kom onthou die prys wat Jesus betaal het…
🔥 Kom ontvang vars openbaring oor Sy liefde, lyding en oorwinning.

📍 Goeie Vrydag 3 April
🕘 09H00

Moenie hierdie besondere diens misloop nie.

PALM SONDAG IS HIER!Hierdie Sondag gaan nie net nog ’n diens wees nie…Dit is ’n goddelike ontmoeting met die Koning! Kom...
23/03/2026

PALM SONDAG IS HIER!

Hierdie Sondag gaan nie net nog ’n diens wees nie…
Dit is ’n goddelike ontmoeting met die Koning!

Kom ervaar:
Kragtige lofprysing en aanbidding
’n Profetiese, Gees-gevulde boodskap
’n Lewe-veranderende ontmoeting met Jesus

📍 VEK Springs
🕘 Sondag 09:00

👉 Bring jou familie, nooi ’n vriend…
Hierdie kan die Sondag wees wat alles verander!

🌿 Die Koning kom… Moet Hom nie mis nie! 🌿

DIE PAD NA GENESINGVoel jy moeg, oorlaai of het jy genesing nodig – fisies, emosioneel of geestelik?Kom ervaar die teenw...
09/03/2026

DIE PAD NA GENESING

Voel jy moeg, oorlaai of het jy genesing nodig – fisies, emosioneel of geestelik?

Kom ervaar die teenwoordigheid van God hierdie Sondag by VEK Springs.
Ons gaan saam God loof, bid en vertrou vir herstel en genesing.

📖 “Loof die Here, my siel… Hy wat al jou krankhede genees.”
— Psalm 103:3

Tema: Die Pad na Genesing
Lofprysing • Gebed • Genesing bediening

📍 VEK Springs
🕘 Sondag 9:00

Bring jou familie en vriende saam.
Daar is hoop, herstel en krag in God se teenwoordigheid.

👉 Almal is welkom!

18/02/2026
21/01/2026

Address

139 6th Street
Springs
1559

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Volle Evangelie Kerk Springs - Lewe in Oorvloed posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Volle Evangelie Kerk Springs - Lewe in Oorvloed:

Share