Volle Evangelie Kerk Sabie

Volle Evangelie Kerk Sabie Geleë aan die voet van die Drakensberge is die pragtige bosbou dorpie, Sabie. Jesus alles in almal!

Vanoggend was ons laaste diens in Sabie. Ons gaan almal mis
30/11/2025

Vanoggend was ons laaste diens in Sabie. Ons gaan almal mis

02/11/2025

Daar sal ongelukkig geen live uitsending vandag wees nie.

12/10/2025

Daar sal ongelukkig geen diens uitgesaai word vanoggend nie a.g.v internet probleme. Die diens sal later opgesit word

Gisela Joubert het, in gehoorsaamheid aan die Here, die boek 'Stuur my Here, hier is ek' geskryf om twyfel oor die bonat...
11/10/2025

Gisela Joubert het, in gehoorsaamheid aan die Here, die boek 'Stuur my Here, hier is ek' geskryf om twyfel oor die bonatuurlike werkinge van die Heilige Gees kragteloos te verklaar. In 1990 het sy 'n ervaring gehad waar Jesus Christus self aan haar verskyn het. Hy het haar opdrag gegee om die wêreld in te gaan met die evangelie van Christus die Gesalfde, om Sy salwing te demonstreer deur middel van wonders en tekens

Sy bring more haar getuienis by ons. Moet dit nie misloop nie

By more oggend se lof & aanbiddings diens  gaan ons God loof & prys vir wie Hy is. Almal.is welkom om saam met ons Sy Na...
20/09/2025

By more oggend se lof & aanbiddings diens gaan ons God loof & prys vir wie Hy is. Almal.is welkom om saam met ons Sy Naam te kom grootmaak

Die kinders gaan more by die Kinderkerk iets bak en dit gaan hulle leer dat, net soos ' n resep spesifieke bestanddele h...
30/08/2025

Die kinders gaan more by die Kinderkerk iets bak en dit gaan hulle leer dat, net soos ' n resep spesifieke bestanddele het en instruksies wat gevolg moet word, ons ook sekere dinge (bestanddele) in ons lewe nodig het om ons geestelik te laat groei 😊

Alle kinders van 5 jaar oud tot Graad 7 is welkom

VEK Sabie
09:00
Onder in 9de laan

Ons het 'n wonderlike tyd gehad by ons Vrouedag funksie: Vrou in God se Koninkryk. Betsie Joubert het ons geseën & gesti...
18/08/2025

Ons het 'n wonderlike tyd gehad by ons Vrouedag funksie: Vrou in God se Koninkryk. Betsie Joubert het ons geseën & gestig met haar woord en ons het lekker geëet en saam gekuier

Kom kyk wat gebeur by Sondag se KinderkerkDie kinders gaan leer hoe om mekaar te help om te groei in God. Hulle gaan elk...
15/08/2025

Kom kyk wat gebeur by Sondag se Kinderkerk

Die kinders gaan leer hoe om mekaar te help om te groei in God.
Hulle gaan elk 'n blom maak van roosblare.
Hulle gaan ook lekker sing, speel, lag en ietsie lekkers eet

Alle kinders van 5 jaar oud tot Graad 7 is welkom

VEK Sabie
Onder in 9de laan
09:00

Moenie uitmis op hierdie geleentheid nie. Dit gaan 'n baie spesiale oggend wees
04/07/2025

Moenie uitmis op hierdie geleentheid nie. Dit gaan 'n baie spesiale oggend wees

More (21 Junie)  is die laaste Kinderkerk vir die kwartaal.Die kinders gaan leer oor God se liefde en hoe om dit ook met...
21/06/2025

More (21 Junie) is die laaste Kinderkerk vir die kwartaal.
Die kinders gaan leer oor God se liefde en hoe om dit ook met ander te deel
Hulle gaan lekker speel, sing, ietsie maak & ook lekker cupcakes eet 🧁😋

Alle kinders van 5 jaar oud tot Graad 7 is welkom

VEK Sabie
Onder in 9de laan
09:00

Ons nooi alle vroue om hierdie oggend saam met ons te kom geniet op hierdie spesiale dag
09/06/2025

Ons nooi alle vroue om hierdie oggend saam met ons te kom geniet op hierdie spesiale dag

Aangesien volgende naweek 'n lang naweek is (en daar nie gaan Kinderkerk wees nie) gaan die kinders hierdie Sondag Vader...
06/06/2025

Aangesien volgende naweek 'n lang naweek is (en daar nie gaan Kinderkerk wees nie) gaan die kinders hierdie Sondag Vadersdag geskenkies maak vir hulle Pa's of Oupa's.

Ons d**k ook aan Hemelse Pa wat ons gemaak het en tyd saam met ons wil spandeer en vir ons gesê het om vissers van mense te word

Die tema gaan oor 🐟 vang en daar gaan ook 🐠 speletjies gespeel word & 🐡 aktiwiteite gedoen word

Alle kinders is welkom van 5 jaar oud tot Graad 7

VEK Sabie
Onder in 9de laan
09:00

Address

Sabie
1260

Telephone

+27137642030

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Volle Evangelie Kerk Sabie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Volle Evangelie Kerk Sabie:

Share