Agapé Gemeente

Agapé Gemeente Kom soos jy is | Word vernuwe | Maak ‘n verskil in die wêreld.

🌿 MET GROOT OPWINDING KONDIG ONS ONS NUWE ONDERSTEUNINGSGROEP AAN! 🌿RESTORE is ’n veilige plek vir persone wie se lewens...
08/09/2026

🌿 MET GROOT OPWINDING KONDIG ONS ONS NUWE ONDERSTEUNINGSGROEP AAN! 🌿

RESTORE is ’n veilige plek vir persone wie se lewens beïnvloed word deur iemand anders se verslawing.

Wanneer iemand vir wie jy lief is met verslawing worstel, raak dit dikwels jou hele wêreld. Jy mag dalk voel asof niemand verstaan waardeur jy gaan nie, of dat jy hierdie moeilike pad alleen moet stap.

Maar jy hoef nie alleen te wees nie. ❤️

RESTORE is daar om jou te ondersteun, te bemoedig en toe te rus terwyl jy deur hierdie uitdagende omstandighede gaan. Hier kry jy ’n plek waar jy kan kom soos jy is, jou hart kan deel en ontdek dat daar hoop, herstel en ’n pad vorentoe is.

📅 Wanneer: Elke Dinsdag
🕕 Tyd: 18:00
📍 Waar: Agape Gemeente

✨ Kom net soos jy is.
🙏 Kom met ’n verwagting.
🌱 Kom ontdek dat herstel ook vir JOU moontlik is.

RESTORE – omdat jy ook ondersteuning nodig het.

08/09/2026

Wil jy amptelik deelword van die Agapé Gemeente familie? Registreer nou vir die 4de kwartaal se Beginpunt sessies by www.agapekerk.org

07/09/2026

Wat ’n dag!

Ons kyk terug op Vrouekonferensie 2026 en wow… die energie, die mense, die lag, die mooi oomblikke — alles! Dankie aan elke vrou wat deel was van hierdie ongelooflike dag. Julle het dit spesiaal gemaak.

Een ding is seker: ons gaan hierdie dag nie vinnig vergeet nie! Here’s to the moments, the memories en alles wat nog voorlê.

En as jy opsoek is na jou foto’s van die dag — kyk gerus op die link en download jou gunstelinge!

https://drive.google.com/drive/folders/183wXOOaw9VP3N_xkK8TU5_Tj6tF--__v?usp=sharing

Het jy die diens gemis?Geen probleem nie — jy kan dit nou hier kyk! Neem ’n oomblik, kyk saam en deel dit met iemand wat...
07/09/2026

Het jy die diens gemis?

Geen probleem nie — jy kan dit nou hier kyk!

Neem ’n oomblik, kyk saam en deel dit met iemand wat ook vandag hierdie boodskap moet hoor.

👉

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

❤️ Wat ’n Sondag by Agapé!Vandag het ons saam Nagmaal gebruik en onthou: Jesus het ons eerste liefgehad. ✝️En met Sign U...
06/09/2026

❤️ Wat ’n Sondag by Agapé!

Vandag het ons saam Nagmaal gebruik en onthou: Jesus het ons eerste liefgehad. ✝️

En met Sign Up Sondag het ons weer gesê: “Ek wil deel wees. Ek wil dien. Ek wil saam bou.” 🙌🏼

Ons is Agapé. Ons is familie. Ons doen dit saam. ❤️

Daar was dalk nie ‘n ‘flyover’ oor die stadion by vanaand se rugby nie, maar moenie vrees nie: Ons is darem ‘ready for t...
05/09/2026

Daar was dalk nie ‘n ‘flyover’ oor die stadion by vanaand se rugby nie, maar moenie vrees nie: Ons is darem ‘ready for takeoff’ met ons oggenddiens môreoggend!

📍Sien jou en jou familie 09:00 by Agapé Gemeente!

Sondag is oppad!🙌 Hoe ookal jou week tot dusver gelyk het, daar is ‘n plek vir jou hierdie Sondag by die kerk! Kom worsh...
05/09/2026

Sondag is oppad!🙌

Hoe ookal jou week tot dusver gelyk het, daar is ‘n plek vir jou hierdie Sondag by die kerk! Kom worship saam ons, hoor die Woord en maak spasie in jou lewe om herinner te word aan dit wat die meeste saakmaak.

Bring jou familie, bring ‘n vriend en kom met ‘n verwagting.

Sien jou Sondag, 09:00.

WAT JY MOET WEET VOOR JY KOM…🍿🎬Ons kan nie wag om as gesinne saam te kom vir ’n lekker, ontspanne Familie Fliekaand nie!...
04/09/2026

WAT JY MOET WEET VOOR JY KOM…🍿🎬

Ons kan nie wag om as gesinne saam te kom vir ’n lekker, ontspanne Familie Fliekaand nie!

Kom gooi ’n kombers oop, kry vir jou springmielies en spookasem, sit lekker saam met jou kinders en geniet ’n aand waar ons sommer net as families saam kan ontspan en tyd spandeer!

🕕 18:00–20:00
🎥 Toy Story 5 in ons ouditorium
🎟️ Toegang is heeltemal GRATIS!
🍿 Gratis springmielies & spookasem vir die kinders.
🪑 Bring ’n kombers of maak gebruik van die stoele.

☕ Coffee the Bible, ons nuwe koffiewinkel, sal ook oop wees — so Ma en Pa kan ’n lekker koffie gryp, met eetgoed wat te koop sal wees.

Na die fliek wil ons ook graag iets waardevols saam met elke ouer huis toe stuur: Parenting in a Digital World — ’n praktiese hulpbron om ons te help om ons kinders met wysheid en vertroue deur ’n digitale wêreld te lei.

Hierdie is ook die perfekte aand om iemand saam te nooi! D**k aan ’n gesin, vriend, buurman of kollega met kinders en sê eenvoudig: “Kom saam met ons!”

Ons sien baie uit daarna om ’n lekker aand saam met julle en julle kinders te geniet! ❤️🍿🎬

03/09/2026

PARENTING IN A DIGITAL WORLD is ’n spesiale hulpbron wat ontwerp is om ouers te help om tegnologie met selfvertroue te navigeer en met wysheid eerder as vrees daarop te reageer.

Deur praktiese gesprekke met betroubare kundiges sal ouers leer hoe om gesonde digitale gewoontes te kweek, grense te stel wat by hulle gesin pas, en hulle kinders te help om digitale afhanklikheid te verruil vir sterker verhoudings en ‘n meer sinvolle leefstyl.

Ons stel dit gratis vry aan al ons ouers NA AFLOOP van Vrydagaand se Familie Fliekaand by Agapé.

Address

Rustenburg
0299

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 14:00
Sunday 08:00 - 12:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Agapé Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Agapé Gemeente:

Shortcuts

Share