Nederduitsch Hervormde Kerk Horison

Nederduitsch Hervormde Kerk Horison Church Religious organisation

01/09/2026
30/08/2026

Goeie middag Gemeente,

As gevolg van Meta (Facebook) se nuwe reëls kan ons nie meer elke Sondag die skakel na die erediens op Facebook plaas nie. Daarom besoek asb ons YouTube kanaal (NHK HorisonRoodepoort) vir die nuutste preke.

Groete,
NHK Horison Roodepoort

25/08/2026

Goeie middag, gemeente,

Ons het die afgelope paar weke na die profeteboek van Joël gekyk.
Ons kyk vervolgens na die profeteboek van Amos.

Inleidend

Ons sou die boek Amos met n koerant kon vergelyk.
Die koerant (deesdae elektroniese media) hou ons op hoogte van dinge wat nasionaal en internasionaal verkeerd en korrup is.
Dit is presies wat die boek Amos doen - nie net met betrekking tot sy tyd nie, maar juis ook vir die tyd waarin ons leef.
Daar is egter 'n groot vetskil tussen die boek Amos en 'n koerant.
Dit wat verkeerd is, word in die boek Amos met God in verband gebring. As Amos dinge in die gemeenskap uitwys wat verkeerd is, doen hy dit nie op grond van wat mense meen reg of verkeerd is nie. Amos beoordeel menslike optrede uit God se perspektief.

Amos is veral in die tye en wêreld waarin ons leef 'n baie aktuele boek, wat hier hoor ons wat God d**k van wat mense aan mense doen.
'n Mens kan Amos dan tipeer as die profeet van God se geregtigheid.

In die volgende paar weke kyk ons met daaglikse oordenkinge na die boek Amos.

Groete en mooi aand vir almal

Preek: Sondag 23 Augustus 2026
23/08/2026

Preek: Sondag 23 Augustus 2026

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

21/08/2026

Goeie middag, gemeente,

Lees Joël 2:28-32
Hierdie gebeurtenisse, van hoe die Here sy Gees uitstort, sal met ander opspraakwekkende verskynsels gepaardgaan.
Die materiële seëninge is maar die begin van God se genade oor sy gelowiges.
Deur die eeue heen het mense gesmag na die teenwoordigheid van God.
Gedurende die woestyntog, die rigtertyd en die tempelperiode was die ark die simbool van sy teenwoordigheid.
Die tempel was die plek waar sy teenwoordigheid opgesoek is. Die nuwe tydperk bring 'n verrassende wending in hierdie saak: God sal deur sy Gees by elke persoon teenwoordig wees. Die Gees salnop almal kom.

Een van die heerlikste waarhede van ons geloof is dat God elke oomblik by ons teenwoordig is deur sy Gees. Ons kan elke dag uit die volheid hiervan lewe.

Groete en mooi aand aan almal

Preek: Sondag 16 Augustus 2026
21/08/2026

Preek: Sondag 16 Augustus 2026

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

21/08/2026

Goeie middag, gemeente,

Lees weer Joël 3: 18-21
Die kern van die verandering lê in die aankondiging dat God die volk se sonde vergewe.
Vergifnis bring harmonie tussen God en mens en tussen mens en medemens.
Dit vee die verlede uit en begin 'n nuwe tydperk. Dit maak reg wat voorheen verbrou is.
Daar is geen manier waarop die kwaad en boosheid en onreg en hartseer en pyn verander kan word nie.
Daarom is dit deel van die wese van die Christelike godsdiens soos wat oa Matteus 18: 21-35. Dis wanneer God ons vergewe en ons weer ander mense vergewe, dat ons hele lewe verander.
Dan is dit asof die Here weer op Sion woon.
Dan ervaar jy die nabyheid van die Here.

Groete en mooi aand

21/08/2026

Goeie middag, gemeenre,

Lees weer Joël 3:18-21
Die beeld wat in hierdie verse gebruik word van 'n fontein wat uit die huis van die Here borrel en die Sittimdal natlei, bou voort op die skeppingsverhaal (kyk na Genesis 2:10-14).
Daarvolgens is die tuin 'n simbool van vrugbaarheid en voorspoed omdat dit God se tuin is en daar harmonie tussen God en mens bestaan.
Hierdie tema word verder uitgebou met die gedagte dat 'n stroom water uit die tempel vloei (ons lees ook daarvan in Esegiël 47: 1-12 en Sagaria 14:8).
Ook die Christelike kerk gebruik hierdie beeld wanneer Openbaring praat van die rivier wat stroom uit die troon van God en die Lam en allerlei seëninge meebring soos ons in Openbaring 22: 1-2 van lees.
In sowel die Ou as die Nuwe Testament word dit 'n beeld van die seën wat God se teenwoordigheid vir sy gelowiges bewerk.

Groete en mooi aand aan almal

Address

34B Georgina Straat, Horison
Roodepoort
1724

Opening Hours

09:00 - 10:00

Telephone

+27828235074

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nederduitsch Hervormde Kerk Horison posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share