NG Meerensee

NG Meerensee Kerkkantoor ure
Ma - Vry 08:00 - 13:00

Whatsapp:
071 903 3791

Kantoor:
035 753 2332

Galjoengolf 11

07/09/2026

ń Suksesvolle aand gebeur nie sommer vanself nie! Ons wil graag ń massiewe dankie sê aan ons ongelooflike DEKOR SPAN en elke liewe persoon wat gehelp het met die regmaak van die saal en onder die afdak vir die Mandjie Dans en Karaoke aand. Julle het die plek pragtig laat lyk. Julle is ware sterre agter die skerms ✨️🙌✨️

07/09/2026

Ons wil vandag as gemeente ons opregte dank uitspreek teenoor Millie Kruger vir die opknapping van ons kerk se badkamers.
Jou harde werk, vrygewigheid en tyd het ń reuse verskil gemaak.
Gaan loer gerus die volgende keer as jy by die kerk is - dit lyk pragtig🔨✨️

🌿MOENIE BANG WEES NIE🌿Jy is nie alleen nie. ❤️Wanneer jy deur moeilike tye gaan, is God by jou en sal Hy jou dra.✨️"Moen...
01/09/2026

🌿MOENIE BANG WEES NIE🌿

Jy is nie alleen nie. ❤️
Wanneer jy deur moeilike tye gaan, is God by jou en sal Hy
jou dra.

✨️"Moenie bang wees nie, want Ek is by jou."✨️
Jy is kosbaar en geliefd. God stap saam met jou, selfs deur
donker tye.
Lê vandag jou vrese en bekommernisse in Sy hande neer 🙏

Jy hoef nie bang te wees nie.
Hy is altyd by jou 🤍

🌿Wanneer jou hart angstig raak..Soms raak die lewe net te veel. Jou gedagtes jaag, jou hart is onrustig en weet nie alty...
24/08/2026

🌿Wanneer jou hart angstig raak..

Soms raak die lewe net te veel. Jou gedagtes jaag, jou hart is onrustig en weet nie altyd wat môre gaan bring nie.

Maar Psalm 46 herinner ons: God is ons toevlug en vesting - 'n hulp
wat altyd naby is in nood. 🙏

Wanneer angs jou oorweldig, hoef jy nie alles self te dra nie. Gee dit vir God. Praat met Hom. Rus in Sy teenwoordigheid.

✨️Jy hoef nie vandag al die antwoorde te hê nie. Jy hoef net te weet Wie jou vashou.🤍

"Kom tot rus en weet: Ek is God:
Psalm 46:11

🙏Mag jy vanaand vrede ervaar waar daar bekommernis is, hoop waar daar onsekerheid is, en die wete dat God naby is.🤍

19/08/2026
🍷🍞 NAGMAAL SONDAG – 23 AUGUSTUS 2026 🍞🍷Kom beleef hierdie Sondag ’n besondere tyd van herinnering, dankbaarheid en geloo...
18/08/2026

🍷🍞 NAGMAAL SONDAG – 23 AUGUSTUS 2026 🍞🍷

Kom beleef hierdie Sondag ’n besondere tyd van herinnering, dankbaarheid en geloof wanneer ons saam die Nagmaal vier. ❤️

Ons nooi elkeen hartlik uit om saam met ons aan die tafel van die Here te kom sit en Sy liefde, genade en offer te herdenk.

17/08/2026

🌸🏆 Baie geluk aan ons Vrouedag-pryswenners! 🏆🌸
Wat ’n heerlike verrassing om van ons wonderlike dames tydens Vrouedag met spesiale pryse te kon bederf! 💐✨

Baie geluk aan elke dame wat ’n prys gewen het! 🎁🥳 Julle vreugde en opgewondenheid het die dag nog meer besonders gemaak.
’n Groot dankie aan al ons borge en donateurs wat hierdie pragtige pryse moontlik gemaak het. Julle vrygewigheid en ondersteuning word opreg waardeer. ❤️

Aan al ons dames: elkeen van julle is ’n wenner, en ons hoop julle het die dag net soveel geniet soos wat ons dit geniet het om dit vir julle aan te bied! 🌷💕
Baie geluk, dames – julle verdien dit! 👑🌸





- HER Inspirations

Address

Galjoengolf 11, Meerensee
Richards Bay
3901

Opening Hours

Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 08:30 - 11:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Meerensee posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Meerensee:

Share

Category