AGS Richardsbaai-die kerk sonder mure

AGS Richardsbaai-die kerk sonder mure Om God te ken, mense lief te hê en ons stad te impakteer. Ons is 'n familiekerk wat vir die hele gesin ontmoetingsgeleenthede
skep met ons Skepper.

Linktr.ee/AGSRB

Dames, kom drink saam ’n lekker teetjie, luister na ’n boodskap uit God se Woord en geniet die liefde en vreugde van saa...
08/09/2026

Dames, kom drink saam ’n lekker teetjie, luister na ’n boodskap uit God se Woord en geniet die liefde en vreugde van saamwees.

Bring gerus ’n vriendin saam, almal is welkom!

KAMP NAWEEKOns nooi graag ons kamp lede uit na ’n besonderse naweek saam in die natuur.Datum: 8–10 Oktober 2026Plek: uMk...
07/09/2026

KAMP NAWEEK

Ons nooi graag ons kamp lede uit na ’n besonderse naweek saam in die natuur.

Datum: 8–10 Oktober 2026
Plek: uMkhuze Game Reserve – Emshopi Campsite

Hierdie kamp is ’n geleentheid om as kerkfamilie saam weg te breek, tyd in God se skepping deur te bring en mekaar beter te leer ken.

Vir al die besonderhede rakende die kamp, besprekings, reëlings en verdere inligting, nooi ons jul uit om onder die AGS Community groep, by ons Kerk Kamp WhatsApp-groep aan te sluit.

Indien jy belangstel om saam te kamp, sluit gerus by die groep aan om op hoogte te bly van al die reëlings.

Ons sien daarna uit om hierdie besondere naweek saam as kerkfamilie te beleef.

AGS Die Kerk Sonder Mure
Julandi 083 603 0525

Gebed vir die weekVrees bou bote. Geloof stap op water. 🌊Soms vra God nie dat ons eers alles moet verstaan nie—Hy vra ne...
07/09/2026

Gebed vir die week

Vrees bou bote. Geloof stap op water. 🌊

Soms vra God nie dat ons eers alles moet verstaan nie—Hy vra net dat ons Hom genoeg sal vertrou om te sê: “Here, as U my roep, kom ek.”

01/09/2026

🌷 Geseënde Lentedag! 🌷

Vandag verwelkom ons die lente, ’n nuwe seisoen van groei, kleur en nuwe lewe. 🌿🌸

Mag hierdie lente ons herinner dat God ook in ons lewens nuwe seisoene bring. Wat dor en stil was, kan weer begin groei. Wat verby is, hoef nie die einde te wees nie. By God is daar altyd hoop, nuwe genade en ’n nuwe begin. 🤍

“Kyk, Ek gaan iets nuuts doen; nou sal dit uitspruit. Sal julle dit nie opmerk nie?”
— Jesaja 43:19 🌱

Mag jy hierdie nuwe seisoen met verwagting ingaan, met die wete dat die God wat die lente bring, ook besig is om nuwe lewe in jou te laat uitspruit. 🌸

Van ons by AGS Die Kerk Sonder Mure:
Mag jou lente gevul wees met God se vrede, Sy teenwoordigheid en die vreugde van nuwe beginne. ❤️

🌷 Welkom, lente! 🌷

Sien julle môre 10:00, bring ń vriendin saam.
01/09/2026

Sien julle môre 10:00, bring ń vriendin saam.

Gebed vir die weekMag jy in hierdie week die spasie in jou lewe sien wat God wil gebruik om liefde, deur jou lewe, sigba...
31/08/2026

Gebed vir die week

Mag jy in hierdie week die spasie in jou lewe sien wat God wil gebruik om liefde, deur jou lewe, sigbaar te maak

Gebed vir die weekMag jy in hierdie week grense oorsteek wat andersins in die pad sou staan vir mense om God te kan ontm...
23/08/2026

Gebed vir die week

Mag jy in hierdie week grense oorsteek wat andersins in die pad sou staan vir mense om God te kan ontmoet.

Gebed vir die week.Mag jy in hierdie week God se stem hoor en Hom volg oral waar Hy jou lei.
16/08/2026

Gebed vir die week.

Mag jy in hierdie week God se stem hoor en Hom volg oral waar Hy jou lei.

Het jy dalk Sondag se pinkster diens gemis? Jy kan dit kry op ons Youtube kanaal.
27/05/2026

Het jy dalk Sondag se pinkster diens gemis? Jy kan dit kry op ons Youtube kanaal.

Mag hierdie woord jou inspireer om dieper in verhouding met God te tree.

Hierdie naweek was gevul met die Heilige Gees en ons is dankbaar vir dit wat die Here kom doen het in ons harte en in on...
24/05/2026

Hierdie naweek was gevul met die Heilige Gees en ons is dankbaar vir dit wat die Here kom doen het in ons harte en in ons gemeente.

Mag die Heilige Gees oor jou kom blaas en jou seile vul

Address

3 Waterberrywood Str
Richards Bay
3900

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AGS Richardsbaai-die kerk sonder mure posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share