07/09/2026
Ons leef in ’n wêreld wat ons voortdurend leer om na méér te jaag—meer sukses, meer geld, meer gemak, meer besittings.
Ons is nie eienaars van wat God aan ons toevertrou het nie—ons is rentmeesters. En as ons getroud is, hoef ons nie alleen deur hierdie wedloop te hardloop nie. God gee vir ons ’n spanmaat om saam met ons te groei, mekaar uit te daag en mekaar nader aan Jesus te help.
“As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.” - 1 Timoteus 6:8
Mag ons leer om nie altyd na méér te jaag nie, maar om in Christus te ontdek dat ons reeds genoeg het.