Genesing uit die Hart

Genesing uit die Hart Genesing uit die Hart se doelwit is om mense te help om ten volle geestelik te herstel sodat elkeen hul volle potensiaal kan bereik. Hoe sien jy jouself?

Hoe is jou gemoedstoestand ? Emosionele welstand het 'n groot invloed op jou lewe om jou potensiaal te bereik. Elke persoon verdien dit om voluit te lewe! Ons streef daarna om mense te help om in hulle gees, siel en liggaam gesond te word. Jou genesing kom van binne. 97% van ons siektes kom uit die hart (jou siel) en dit beïnvloed die liggaam. Kom leer saam hoe om vry te kom van bitterheid en woed

e. Het jy dalk vrese? Of is jy iewers in jou lewe verwerp? Elke persoon het iewers in hul lewe vrees en verwerping ervaar. Daarop volg die nare siekte, depressie ... Kom vry daarvan. Die span by Genesing uit die Hart kan help – jy hoef nie alleen te sukkel nie. Dit is tyd om die houvas van die vyand op jou lewe te oorwin! Individuele berading:
• Kinders wat gemolesteer is of trauma beleef.
• Trauma by volwassenes.
• Konflikhantering.
• Woede en angs.
• Depressie.
• Swak selfbeeld. Kom leer om in verhouding met God te wandel deur die Kies die Lewe-kursus (gebaseer op die boek deur dr. Leonie Pretorius), waarna jy ook opgelei kan word om ander te help.

07/09/2026

🌸 DIE VUUR VAN DIE HEILIGE GEES – VROUEKAMP 🌸
🔥 Biki Bos – 3 Oktober 2026 🔥

Liewe Dames

Dit is met groot opgewondenheid en dankbaarheid dat ons kan sê:

ONS KAMP IS VOLGEBOEK! 🎉❤️

Wat ’n voorreg om saam met soveel vroue hierdie spesiale tyd te kan beleef. Ons glo die Here het elkeen van julle met ’n doel na hierdie kamp gelei.

Ons sien uit na ’n besonderse tyd van aanbidding, gebed, bediening, herstel en vernuwing. Ons bid dat die Vuur van die Heilige Gees in elke hart nuut sal brand en dat elke vrou sal weggaan met nuwe hoop, krag en ’n dieper verhouding met die Here. 🔥

Baie dankie aan elkeen wat ingeskryf het, asook aan almal wat gehelp het om hierdie kamp moontlik te maak.

Kom met ’n oop hart en ’n verwagting van wat God gaan doen. Hy is nog nie klaar met ons nie! 🙏🔥

Met liefde en seën
Veronica Loots
Genesing uit Hart
Pastorale & Trauma Berader

04/09/2026
Ons gaan binnekort Brits, Harties toe by  Biki bos. Om daar te gaan bedien.  Donasies is welkom. Maak dit  moontlik  om ...
04/09/2026

Ons gaan binnekort Brits, Harties toe by Biki bos. Om daar te gaan bedien. Donasies is welkom. Maak dit moontlik om die oes in te bring vir die Koninkryk.....

04/09/2026

🔥 WANNEER BEDIENING ’N KOMPETISIE WORD… 🔥

Kom ons praat die waarheid.

Nie almal wat saam met jou glimlag, is bly oor jou groei nie.

Soms kom oordeel nie van mense buite die kerk nie, maar van mense binne die bediening.

Iemand maak ’n fout in die verlede — en jare later word daardie fout steeds teen hulle gebruik.

Maar as God vergewe het, wie is jy om iemand voortdurend te veroordeel?

Jaloesie laat mense ander se roeping bevraagteken.
Dit laat mense skinder.
Dit laat mense stories vertel.
Dit laat mense ander se karakter afbreek.
Dit laat mense probeer om iemand anders se bediening kleiner te maak.

⚠️ Maar jy kan nie iemand wat God geroep het, deur jou jaloesie ont-roep nie.

God het nie vir jou dieselfde roeping gegee as vir iemand anders nie.

Jy hoef nie iemand anders se plek te steel nie.
Jy hoef nie iemand anders se lig te verdof nie.
Jy hoef nie iemand anders se verlede oop te krap om jouself beter te laat lyk nie.

🔥 Die Koninkryk van God is nie ’n verhoog waarop ons teen mekaar kompeteer nie. Dit is ’n plek waar ons saam moet dien.

As iemand geval het en God hulle weer opgerig het — vier hulle herstel.

As iemand ’n deur oopgemaak is — vier hulle deur.

As iemand geseën word — dank God saam met hulle.

Want môre is dit dalk jou b***t wat iemand anders se gebede nodig het.

❤️ Moenie iemand se verlede gebruik as ’n wapen teen hulle toekoms nie.

Ons almal het genade nodig.

Ons almal het ’n verlede.

Ons almal staan vandag omdat God genadig is.

🌿 Laat ons ophou om mekaar af te breek en begin om mekaar op te bou.

Want ware geestelike volwassenheid is wanneer jy iemand anders kan sien opstaan…

en jy hoef nie self te val om gelukkig te wees nie.

«“Die liefde is nie jaloers nie.” — 1 Korintiërs 13:4»

🌻 GENESING UIT HART
God wil nie net ons bediening gebruik nie — Hy wil ook ons harte genees.

Vrouedag Ma en Dogter Baie dankie aan elkeen van julle wat saam gekuier het. So ook die  ondersteuning om dit moontlik t...
28/08/2026

Vrouedag Ma en Dogter
Baie dankie aan elkeen van julle wat saam gekuier het. So ook die ondersteuning om dit moontlik te maak. Dit was geseënd.....

15/08/2026

Address

Pongola

Telephone

+27826082104

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Genesing uit die Hart posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Genesing uit die Hart:

Shortcuts

Share