09/09/2026
Ek werk met 'n ketting. Al die skakels is mooi inmekaar gevoeg. Dit form 'n soliede eenheid en is sterk en standvastig. Omdat ek net klein deeltjies wil gebruik breek ek van die skakels oop en na 'n ruk sit ek met 'n ketting wat nie meer 'n eenheid is nie. Die kerk van God (ons as Sy kinders) is veronderstel om 'n soliede eenheid te wees maar die duiwel breek die skakels om ons swak te maak. "Jak 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug."
Gebed: Vader in U naam weerstaan ek elke verdeeltheid wat die vyand in U Koninkryk wil doen Amen