18/07/2026
Ek (Past Simon Odendaal), merk op Facebook baie die vraag of homoseksualiteit sonde is, aldan nie.
My antwoord op dit is as volg:
Niemand mag 'n volgende persoon oordeel, want ons het almal gesondig.
ROMEINE 2 : 1
1DAAROM is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy 'n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge
(ons almal is skuldig aan sonde want ons almal is verlore sonder Christus Jesus se vergifnis) .
So om die vraag reg te antwoord is dan om nie na mense te draai op Facebook en hulle te vra of sonde reg is of nie. Ons moet God se Woord raadpleeg en God self vra, en as God sê dit is sonde (alle sonde) dan moet ons met sonde breuk en tot bekering kom.
So wat sê God in Sy Woord (Bybel)
ROMEINE 1 : 16, 17, 21, 25-28 & vers 32
16 WANT ek SKAAM my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.
17Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
21omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.
25 hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.
26 Daarom het God hulle oorgegee aan *skandelike hartstogte* , want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;
27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe *en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.*
28 En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan 'n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie.
32 mense wat — al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.
Maar daar is hoop, kyk wat sê dieselfde God in Sy Woord in
ESÉGIËL 18:30, 31
30Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die Here Here. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie 'n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.
31Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?
32Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here Here. Bekeer julle dan en lewe.
*Voetnota*
Op die vraag wat dus gestel word of homoseksualiteit sonde is, aldan nie.
MENSLIKE OPINIES EN SELFREGVERDIGING VAN SONDE HET GEEN Waarde by Jesus Christus, Hy het in jou plek gesterf vir jou sonde en elke mens moet hom/haar tot God bekeer en ophou om sonde te draai tot dit reg klink in hulle eie ore
Seëngroete
Pastoor Simon Odendaal