NGKerk Langebaan

NGKerk Langebaan NGKerk Langebaan NGKerk Langebaan

25 Jaar voel dalk vir baie van ons na
'n baie lang tyd, veral vir die jonges van die gemeente. GEMEENTE AGTERGROND.

Hoe ouer mens self word, hoe vinniger spoed die jare verby en sukkel jy om tred te bly hou met die tyd. God se betrokkenheid by die geloofsgemeenskap van Langebaan strek oor baie langer as 25 jaar, Hy is trouens van die begin af daar, jy as indiwidu asook julle as gesin kan saam vertrou dat God se teenwoordigheid hierdie gemeente ryklik geseën en bewaar het oor 25 jaar, jou en julle toekoms veili

g by Hom is. Met ons leuse LOOF en BELEEF GOD vir Sy alomteenwoordigheid dwarsdeur ons GESKIEDENIS. Hy as Die God van ons vadere IS, WAS en SAL vir altyd WEES. Om dit te besef, gee my moed vir vandag en môre. Mag jy Sy sorg oorvloedig beleef! Langebaan is geleë aan die Weskus en word gedeeltelik begrens deur die Nasionale Weskus Park en die Langebaan strandmeer. Die kerkkompleks bestaan uit 'n geskiedkundige kerkie wat uit die laat 1800's dateer, 'n kerkgebou, administratiewe kantore, 'n kerksaal en kategese lokale. Die gemeente het ongeveer 2400 lidmate en dooplidmate wat deur twee predikante bedien word. Die dorp is ook 'n gewilde vakansiebestemming en bied geleentheid vir die beoefening van verskeie watersport dissiplines. Langebaan en omgewing verander gedurende Augustus en September van elke jaar in 'n wonderwêreld van veldblomme soos bobbejaantjies, reënblommetjies, sporries, kalossies en nog vele meer. Langebaners is dankbaar om in so 'n besondere omgewing te woon en leef.

Address

Oostewal Straat
Langebaan
7357

Opening Hours

09:00 - 10:30

Telephone

+27227722813

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NGKerk Langebaan posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NGKerk Langebaan:

Share