NGK Lambertsbaai

NGK Lambertsbaai Behoort Geroep Gestuur
Eredienste: Sondae om 09:30

🥩 26 SEPTEMBER 2026 💃 Ondersteun ons gemeente se funksie. Dankie aan elkeen wat reeds ‘n kaartjie gekoop het.
04/09/2026

🥩 26 SEPTEMBER 2026 💃

Ondersteun ons gemeente se funksie.

Dankie aan elkeen wat reeds ‘n kaartjie gekoop het.

📌 WEEKLIKSE GEMEENTENUUS⛪ EREDIENS : Sondag, 23 Augustus 2026 om 09:30KoninkrykstydSkriflesing: Hosea 11Prediker: Ds. Ch...
21/08/2026

📌 WEEKLIKSE GEMEENTENUUS

⛪ EREDIENS : Sondag, 23 Augustus 2026 om 09:30
Koninkrykstyd

Skriflesing: Hosea 11
Prediker: Ds. Christo Klopper (Bybelgenootskap)
Deuroffer: Bybelgenootskap
Orrelis: Gerda Koegelenberg

🧑‍🧑‍🧒 Jeug- en Familiebediening
Ons Sondagskool en kategese byeenkomste vir hierdie week is as volg:
Voorskool - Tydens die erediens (Elske de Roubaix)
Gr. 1-3 - Tydens die erediens (Maresa du Preez)
Gr. 4-7 - Tydens die erediens (Tammy van Zyl)
Gr. 8-10 - Tydens die erediens (Tammy van Zyl)
Belydenis - 10:30 by die pastorie (ds. Karla)

🪴 Weeklikse Groeigroepe
* Mannebiduur – Dinsdagoggend (1 Sept) om 09:00 (Gebedskamer)
* Biduur – Woensdae-middae om 15:30 (Somerkoelte Tehuis)
* Bybelstudie – Dinsdae om 10:00 (verskillende huise)
* Bybelstudie – Woensdae (Somerkoelte Tehuis)

🎂 Verjaarsdae en Herdenkings
Baie geluk aan elkeen wat in hierdie volgende week verjaar of ‘n huweliksherdenking vier. Spesiale gelukwense aan Lumé Retief en Johan van Greunen wat vandag verjaar!

Ons wens die volgende lidmate baie geluk met hul verjaarsdag. God’s rykste seën word julle toegebid.

22 Augustus – Merlene Botha
24 Augustus – Petro Oosthuizen; Daan Smit; Marian Visser
25 Augustus – Avron Adonis
26 Augustus – Maureen Oliver
28 Augustus – Letichia Potgieter
29 Augustus – Mila van Niekerk

🕯 Meelewing
Ons tree in gebed vir mekaar en ons bid in besonder vir die volgende persone:
~ Die familie van wyle Estelle Willemse. Ons bid dat die Here julle in Sy troos sal vashou.
~ Louis Hanekom se gesondheid.
~ Maresa en Pokkie Schreuder se dogter, Erika, wat geopereer was en wag vir toetsuitslae.
~ Elkeen wat behandeling vir kanker en chroniese siektes ontvang.
~ Inwoners van Somerkoelte Tehuis.
~ Ons bid ook saam met Somerkoelte Tehuis se Beheerraad vir ‘n nuwe Bestuurder.

📝 KENNISGEWINGS
1) KERKRAADSVERGADERING
Dinsdag, 1 September 2026, om 18:00 in die kerksaal. Agendas sal volgende week uitgestuur word.

2) HUISKERK DATUM VERSKUIF
Die volgende Huiskerk sal DV 6 September 2026 gehou word.

3) KOMMUNIKASIE
Indien jy die weeklikse Gemeente nuusbrief per e-pos of WhatsApp wil ontvang, kontak asseblief vir Elize met jou besonderhede.
(027) 432 1840 of [email protected]

'n Geseënde week vir jou en jou huis.
Lambertsbaai Gemeente

🛞 4X4 DAG | 26 September 2026Net 'n vriendelike herinnering aan ons 4x4 DAG. Daar kan slegs 30 motors bespreek. Bespreek...
21/08/2026

🛞 4X4 DAG | 26 September 2026
Net 'n vriendelike herinnering aan ons 4x4 DAG. Daar kan slegs 30 motors bespreek.
Bespreek asseblief so gou as moontlik jou kaartjie om nie uit te mis nie!

🥩🪩 Steak ete & dans
26 September 2026 die aand eet en dans ons! Onthou om jou kaartjie te koop by Elize (kerkkantoor 027 432 1840) of by Carin-Marie (071 876 1645).

📨 PAKKET — Moenie vergeet van die pakket opsie nie (1 voertuig met 4 ete kaartjies).

21/08/2026

H U I S G E L O O F | Getuig

Sondag, 23 Augustus 2026
Lees, gesels, doen en bid saam as gesin.
Matteus 16:13-20 en Handelinge 9:36-43

Vorige tuisblaaie is beskikbaar by: https://dinkjeug.co.za/category/huisgeloof/

🛞 4x4 DAG met Steak Ete & Dans 💃🏻 26 SEPTEMBER 2026Kom geniet die dag en aand met ons!Liewe gemeente, Die tyd stap aan e...
14/08/2026

🛞 4x4 DAG met Steak Ete & Dans 💃🏻
26 SEPTEMBER 2026
Kom geniet die dag en aand met ons!

Liewe gemeente,
Die tyd stap aan en ons Septembermaand fondsinsamelings-byeenkoms is om die draai.
Baie dankie aan almal wat alreeds 'n kaartjie gekoop het.

Hiermee nooi ons almal uit om asseblief die gemeente se fondsinsameling te ondersteun.
Die fondse word hoofsaaklik gebruik om die gemeente se geboue in stand te hou.

Ons is dankbaar vir borge en gemeentelede wat hierdie byeenkoms moontlik maak.

Daar is drie opsies (soos op advertensie aangedui):
1) Pakket — sluit in een 4x4 voertuig met vier ete kaartjies (R1400)
2) Slegs 4x4 dag (per voertuig is dit R500)
3) Slegs die Steak ete en dans (R250 per persoon)

Besprekings kan by Elize in die kerkkantoor (027 432 1840) of by Carin-Marie (071 876 1645) gemaak word.
DEEL asseblief hierdie advertensie met almal wat jy ken.

🚩 Neem kennis : daar is net 'n sekere aantal plek vir die 4x4 rit. Bespreek so gou as moontlik om enige teleurstelling te voorkom.

Ons sien uit na 'n opwindende en vrolike dag en aand saam met elkeen!

🤲 Familie TuisbladDie familie tuisblad bied geleentheid vir ouers en kinders of grootouers en kleinkinders om saam die B...
14/08/2026

🤲 Familie Tuisblad
Die familie tuisblad bied geleentheid vir ouers en kinders of grootouers en kleinkinders om saam die Bybel te lees. Bou hierdie geloofsgewoontes in jou huishouding in en sien hoe die Here julle as familie saam laat groei.

📌 WEEKLIKSE GEMEENTENUUSBarmhartigheid is gebed in aksie en ons word hiervan in Augustusmaand herinner. Doen vandag iets...
14/08/2026

📌 WEEKLIKSE GEMEENTENUUS
Barmhartigheid is gebed in aksie en ons word hiervan in Augustusmaand herinner. Doen vandag iets vir iemand sonder om iets terug te verwag. Wees vandag selfopofferend.

⛪ EREDIENS : Sondag, 16 Augustus 2026
Koninkrykstyd

Erediens & Kategese (09:30)
Skriflesing: Genesis 45:1-15
Prediker: Ds. Karla Smit
Deuroffer: Jeugbediening
Orrelis: Gerda Koegelenberg
Belydenisklas (10:30)
______________________________________________________

🗓️ Weekprogram
18 Augustus - Omgee-groepe/Bybelstudie (10:00); Finansies- en Eiendomsvergadering (18:00)
19 Augustus - Somerkoelte Biduur (15:30)
23 Augustus - Erediens (09:30 - ds. Klopper)
Bybelgenootskap besoek ons gemeente

🎂 Verjaarsdae en Herdenkings
Baie geluk aan elkeen wat in hierdie volgende week verjaar of ‘n huweliksherdenking vier. Spesiale gelukwense aan Jeanette Barrie wat vandag verjaar, asook aan Jaen du Preez wat sy doopherdenking vandag vier.

Ons wens die volgende lidmate baie geluk met hul verjaarsdag. God’s rykste seën word julle toegebid.

15 Augustus – Boetie Booysen
16 Augustus – Annemie Venter
18 Augustus – Cornel de Waal; Barry van der Westhuizen
19 Augustus – Alfred Esterhuyse
21 Augustus – Lumé Retief; Johan van Greunen
22 Augustus – Merlene Botha

🕯 Meelewing
Ons tree in gebed vir mekaar en ons bid in besonder vir die volgende persone:
~ Elkeen wat siek, griep en verkoue het. Hou jouself lekker warm in die wintersweer.
~ Ons gemeente se werksaamhede
~ Elkeen wat behandeling vir kanker en chroniese siektes ontvang.
~ Ons bid vir uitkoms en vrede in die oorlog in die Midde-Ooste en mense wie se lewens direk en indirek geraak word.

Mag die Here se genade en troos ons almal vashou in hierdie tye en mag ons mekaar bly vashou in onderlinge versorging.

In geval van siekte of nood skakel asseblief vir ds. Karla of Elize by die kerkkantoor.

📚 Leesrooster vir die week
Maandag - Psalm 120
Dinsdag - Esra 1:1-11
Woensdag - Lukas 11:37-52
Donderdag - Genesis 43:15-34
Vrydag - 1 Johannes 2:12-17
Saterdag - Lukas 12:57-59

📖 Teks vir vandag
"Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou."
~Sefanja 3:17 (AFR83)

'n Geseënde week vir jou en jou huis.
Lambertsbaai Gemeente

🍳 GEMEENTE VERJAARSDAG ONTBYT1 Augustus 202610:00 ✨Bespreek die week jou ontbyt by die kerkkantoor! 027 432 1840Kom vier...
12/07/2026

🍳 GEMEENTE VERJAARSDAG ONTBYT
1 Augustus 2026
10:00 ✨

Bespreek die week jou ontbyt by die kerkkantoor!
027 432 1840

Kom vier saam ons gemeente se verjaarsdag!

🛞 4X4 DAG met Steak Ete & Dans 💃🏻 26 SEPTEMBER 2026Kom geniet die dag en aand met ons!Daar is drie opsies (soos op adver...
03/07/2026

🛞 4X4 DAG met Steak Ete & Dans 💃🏻
26 SEPTEMBER 2026
Kom geniet die dag en aand met ons!

Daar is drie opsies (soos op advertensie aangedui):
1) Pakket — sluit in een 4x4 voertuig met vier ete kaartjies (R1400)
2) Slegs 4x4 dag (per voertuig is dit R500)
3) Slegs die Steak ete en dans (R250 per persoon)

Besprekings kan by Elize in die kerkkantoor (027 432 1840) of by Carin-Marie (071 876 1645) gemaak word.

Ons sien uit na goeie samesyn, lekker eet en pret!
Baie dankie aan almal wat reeds bespreek en betaal het.

🍳🧇 ONTBYT by die markie môreoggend'n Wafel ontbyt met koffie/tee vir R65.00Kom sit aan tafel en geniet 'n heerlike ontby...
03/07/2026

🍳🧇 ONTBYT by die markie môreoggend
'n Wafel ontbyt met koffie/tee vir R65.00
Kom sit aan tafel en geniet 'n heerlike ontbyt.
Bring jou geliefdes saam.

Address

4 Riedeman Street
Lambert's Bay
8130

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27274321840

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NGK Lambertsbaai posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NGK Lambertsbaai:

Shortcuts

Share

Category