Oasis Gemeente Kuruman

Oasis Gemeente Kuruman Oasis Gemeente is die AGS kerk van Kuruman. Ons Visie:
Om in verhouding met Jesus en mekaar te staan, Ons het eredienste op Sondae wat om 09:30 begin.

Ons Visie:
Om in verhouding met Jesus en mekaar te staan, om getuies te wees en uit te reik na ons gemeenskap. Op Woensdae aande is daar verskillende huisgroepe/selgroepe wat bymekaar kom. Vrydaeoggende is daar 'n manne biduur om 06:00. Vir enige navrae kontak:

Pastoors Paar:
Philip en Zelda van Vuuren
082 638 9474/083 236 8145

Manne Bediening:
Vincent Ward
083 305 3398

Jong Volwassenes:
Xander en Alma Ward
073 958 0115/083 419 4137

Barmhartigheids Dienste:
Sarel Pienaar
076 609 6605

12/09/2026
12/09/2026

📢 VANDAG SE BOODSKAP

“Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar…”
— 1 Johannes 1:7

Om in die lig te wandel beteken om naby aan die Here te leef — eerlik voor Hom, gehoorsaam aan Sy Woord en bereid om weg te draai van dit wat ons van Hom af wegtrek.
Ons hoef nie voor te gee dat ons volmaak is nie. Wanneer ons struikel, bring ons dit na die Lig. Daar is geen genesing in die donkerte van wegsteek nie, maar genade wanneer ons eerlik voor God kom.
Vandag: Laat jou woorde, gedagtes en dade die lig van Christus weerspieël.
Wandel vandag in die Lig. Bly naby aan Jesus. Hy sal jou pad verlig.
Groete
Ps Philip💛

11/09/2026

📢 VANDAG SE BOODSKAP
👑 “Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan steel nie.”
— Openbaring 3:11

Het jy al gewonder: Weet ek wat my kroon is? 👑
Jou kroon herinner ons aan die oorwinning, beloning en ewige hoop wat Christus vir dié wat getrou bly, voorberei het.
Maar Jesus sê: “Hou vas!”
Want onderweg kan ons moed verloor. Ons kan teleurgesteld raak, ons geloof verswak, of selfs begin terugkyk na die dinge waarvan die Here ons gered het.
Daarom is hierdie Woord vandag ’n sagte maar ernstige herinnering:
Moenie jou geloof prysgee nie.
Moenie jou verhouding met Jesus verwaarloos nie.
Moenie toelaat dat die wêreld jou hoop steel nie.
Moenie opgee net omdat die pad moeilik geword het nie.
Daar is ’n kroon aan die einde van die wedloop! 👑
Miskien voel jy vandag moeg en wonder jy of dit alles die moeite werd is. Hou vas! Jy sien dalk nie wat God besig is om te doen nie, maar Hy is steeds getrou.
Hou vas aan Jesus — jou kroon is meer werd as enigiets wat hierdie wêreld jou kan bied.
Groete
Ps Philip🤗

10/09/2026

Vandag se Boodskap 📢
Maak die beste van hierdie dag – ongeag jou omstandighede.
Ons kan nie altyd kies wat vandag oor ons pad kom nie, maar ons kan kies hoe ons daarop reageer. Moenie dat gister se teleurstelling of môre se bekommernis jou vandag steel nie.
Leef vandag met dankbaarheid. Doen wat jy kan, waar jy is, met wat die Here aan jou gegee het. God is ook in hierdie dag teenwoordig.
“Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”
Psalm 118:24
Here, help my om vandag ten volle te leef en U te vertrou, ongeag my omstandighede. Amen.
Groete
Ps Philip🤗

09/09/2026

Bid sonder ophou. Pray without ceasing.

09/09/2026

📢 BOODSKAP VIR VANDAG
🌿 Die Groot Vraag…
Is jy nog bekeerd?
Is jou saak met die Here reg?
Nie om jou te veroordeel nie…
Nie om jou te laat skuldig voel nie…
Maar om jou vandag net ’n oomblik stil te maak en jou hart te ondersoek.
Ons kan so maklik besig raak met die lewe, met probleme, mense en bekommernisse, dat ons verhouding met die Here stadigaan tweede plek inneem.
Wanneer laas het jy werklik stil geword voor die Here?
Wanneer laas kon jy met sekerheid sê:
“Here, my hart💛 behoort aan U”?
Miskien het jy afgedwaal soos 'n skaap van die kudde.🐑
Miskien het jy koud geword. Miskien is daar iets onafgehandel tussen jou en die Here.
Kom vandag terug.
Die Here wag nie met veroordeling nie, maar met genade. 🤲
📖 “Deursoek julle self of julle in die geloof is; stel julleself op die proef.”
— 2 Korintiërs 13:5
Maak vandag jou saak met die Here reg.
Dit is nooit te laat om terug te kom na Hom nie.
Maak hierdie jou gebed: Here, ondersoek my hart en bring my terug na U.🙌🏼
Geseënde dag!
Ps Philip🤗

08/09/2026

📢 BOODSKAPPIE VIR VANDAG

JESAJA 9:5
“...en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.”
Wat ’n wonderlike versekering! 🙏
Ons hoef nie vandag alleen deur die lewe te gaan nie.
Wanneer ons nie weet wat om te doen nie, is Hy ons Raadsman.
Wanneer ons swak voel, is Hy die Sterke God.
Wanneer ons onseker is oor môre, is Hy die Ewige Vader.
En wanneer ons hart onrustig is, is Hy ons Vredevors.
Maak nie saak wat vandag bring nie — Jesus is genoeg!
Hou Hom naby, vertrou Hom en onthou: Hy is steeds in beheer.
Mag die Here jou vandag met Sy vrede en teenwoordigheid vul.
Groete💛
Ps Philip

07/09/2026

Vandag se Boodskap 📢

MATTHÉÜS 1:23
“...en hulle sal Hom Immanuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.”
Wat ’n wonderlike gedagte om hierdie dag mee te begin: God is met ons!
Ons weet nie altyd wat vandag op ons wag nie. Miskien is daar bekommernisse wat jy saam met jou dra. Miskien voel jy alleen, moeg of onseker oor die pad vorentoe.
Maar hoor dit vandag weer: Jy stap nie alleen nie.
Immanuel beteken nie dat daar nooit storms sal wees nie. Dit beteken dat God saam met ons in die storm is.
Dit beteken nie dat ons altyd al die antwoorde sal hê nie. Dit beteken dat ons die Een het wat die pad ken.
Wanneer jy nie weet wat om volgende te doen nie — God is met jou.
Wanneer jou hart swaar is — God is met jou.
Wanneer jy voel niemand verstaan nie — God is met jou.
Wanneer jy deur ’n donker vallei gaan — God is met jou.
Miskien kan jy vandag nie die Here se hand sien nie, maar jy kan Hom vertrou.
Immanuel — God met ons.
Nie net wanneer dit goed gaan nie, maar ook wanneer ons trane huil.
Nie net op die bergtop nie, maar ook in die dal.
Gaan vandag met hierdie versekering:
Ek is nie alleen nie. God is met my!
Mag jy vandag in die wete leef: GOD IS MET JOU!
Groete
Ps Philip🤗

06/09/2026

📢 SONDAG BOODSKAP
“Bewaar jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.”
— Spreuke 4:23

Geestelike verwaarlosing gebeur gewoonlik nie oornag nie. Dit gebeur stadig… wanneer ons minder bid, minder die Woord lees, minder kerk toe gaan en al hoe minder tyd in God se teenwoordigheid deurbring.
Die gevaar is dat ons só gewoond kan raak daaraan dat ons nie eers agterkom hoe ver ons geestelik begin wegdryf nie.
Ons sorg vir ons liggame, ons werk, ons huise en ons daaglikse verantwoordelikhede — maar sorg ons nog vir ons siel?
Die goeie nuus is: God het ons nie verlaat nie.
Wanneer ons besef ons het begin wegdryf, kan ons altyd terugdraai.
Die Here sê vandag nie:
“Waar was jy?”
Hy sê: “Kom terug.”
Kom ons maak vandag weer tyd vir gebed.
Kom ons maak weer ons Bybels oop.
Kom ons soek weer Sy teenwoordigheid.
Kom ons kom weer saam as Sy gemeente.
🔥 Moenie jou geestelike lewe verwaarloos nie.
Want wat jy gereeld voed, groei — en wat jy verwaarloos, verswak.
Geseënde Sondag!
Ps Philip

Address

Schoemanstreet
Kuruman

Opening Hours

Tuesday 09:00 - 00:00
Thursday 09:00 - 00:00
Sunday 09:30 - 11:00

Telephone

+27826389474

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Oasis Gemeente Kuruman posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share