NGK Kogelberg

NGK Kogelberg Kleinmondkerk Vierde Laan 67, Kleinmond
Kuierkerk Eerste Laan 36, Kleinmond
Hangklipkerk Pillansiaweg 2, Bettysbaai

30/05/2026

Jy word hartlik uitgenooi na ons eredienste mรดre, Sondag 31 Mei 2026, by NG Gemeente Kogelberg:

09:00 ๐—ž๐—น๐—ฒ๐—ถ๐—ป๐—บ๐—ผ๐—ป๐—ฑ๐—ธ๐—ฒ๐—ฟ๐—ธ - Ds Louis Fourie

09:00 ๐—›๐—ฎ๐—ป๐—ด๐—ธ๐—น๐—ถ๐—ฝ๐—ธ๐—ฒ๐—ฟ๐—ธ - Ds Theuns Henn

Ons Kerkraad raak stil by die Kapel tydens ons Retraite in Wellington. ๐Ÿ™๐Ÿผ
29/05/2026

Ons Kerkraad raak stil by die Kapel tydens ons Retraite in Wellington. ๐Ÿ™๐Ÿผ

27/05/2026
14/05/2026

๐‡๐ž๐ฆ๐ž๐ฅ๐ฏ๐š๐š๐ซ๐ญ๐ ๐ž๐›๐ž๐

Opgevare Jesus,
ons kyk na die wรชreld
en sien soveel wat stukkend is.

Maar toe U opgevaar het,
het U ons nie sonder hoop gelos nie.

U het opgevaar
om vir ons plek voor te berei.
โ€™n Ewige lewe waar dood en pyn nie die laaste sรช het nie.

Leer ons om hieraan vas te hou
wanneer die lewe op aarde moeilik raak.
Om hoop te vind in die ewige lewe
wat U belowe het.

En wanneer ons geloof klein voel,
wanneer die toekoms donker lyk,
wanneer ons moederloos is...

๐™ฃ๐™ค๐™œ๐™ฉ๐™–๐™ฃ๐™จ ๐™จ๐™–๐™ก ๐™ค๐™ฃ๐™จ ๐™จ๐™ž๐™ฃ๐™œ.

๐Ÿ“–๐ŸŒฟ Handelinge 1:9-11

Goeiedag vriendeโ€ฆEk nooi jou uit om mรดre die Hemelvaart van Jesus te kom vier as ons saam d**k oor die geskenk van die G...
13/05/2026

Goeiedag vriendeโ€ฆ

Ek nooi jou uit om mรดre die Hemelvaart van Jesus te kom vier as ons saam d**k oor die geskenk van die Gees wat vir ons as gelowiges gegee is.

In die lig van die huidige omstandighede, het ons besluit om twee eredienste in Kleinmondkerk (in Vierdelaan 67, Kleinmond) aan te bied om 09:00 en 18:00 en nie by Hangklipkerk nie, aangesien die Eskom-kragtoevoer na Bettysbaai nog nie herstel is nie.

As jy enige navrae het, is jy welkom om my te kontak by 083 566 1490 of natuurlik ook die kerkkantoor by 028 271 3470.

Groete - ds Heinrich ๐Ÿ˜‰

Goeiedag vriendeโ€ฆIn die lig van die feit dat daar tans nog geen vooruitsigte is vir die herstel van Eskom-krag na Bettys...
12/05/2026

Goeiedag vriendeโ€ฆ

In die lig van die feit dat daar tans nog geen vooruitsigte is vir die herstel van Eskom-krag na Bettysbaai nie, het Reinier Lombaard (voorsitter van Hangklipkerk Wyksraad) en ekself (voorsitter van die Kerkraad) besluit om die situasie te monitor met die oog op ons beplande Hemelvaartdiens op Donderdag 14 Mei 2026 om 18:00 by Hangklipkerk.

Indien ons (op aanbeveling van kundiges) sien dat die Eskom-krag nie betyds herstel sal word nie, moet ons die Hemelvaartdiens by Hangklip kanselleer. En daarom wil ons die lidmate uit die Hangklipstreek aanmoedig om die Hemelvaartdiens in Kleinmondkerk by te woon op Donderdag 14 Mei 2026 om 09:00.

MAARโ€ฆ ons sal teen Woensdagaand om 19:00 โ€™n finale besluit hieroor neem.

Ons vra reeds nou verskoning vir die ongerief, maar vertrou ook dat ons met verantwoordelikheid en in die beste belang van almal optree.

Mag ons ook vra dat jy asseblief hierdie inligting so wyd moontlik sal versprei? Asook die kommunikasie oor die finale besluit teen mรดre-aand 19:00?

Groetnis - ds Heinrich & Reinier

11/05/2026

Ek glo... nog steeds | DinkJeug Familie App
10 โ€“ 15 Mei 2026

Ons gesels hierdie week verder oor wat ons glo. Ons gaan so โ€˜n paar frases van die Apostoliese Geloofsbelydenis vooruit sodat ons Donderdag oor Hemelvaart kan gesels, maar dan gaan ons weer terugkeer na die wat ons oorgeslaan het. Kom gesels saam.

Sondag: Handelinge 17:24-29
Ek glo dat ek ook God se kind is

Maandag: Johannes 1:1-3, 9, 14 en 18
Ek glo in sy Eniggebore Seun

Dinsdag: Matteus 16:13-17
Ek glo in Jesus Christus ons Here

Woensdag: Lukas 1:35-38
Ek glo dat Jesus ontvang is van die Heilige Gees

Donderdag: Handelinge 1:8-11
Ek glo Jesus het opgevaar na die hemel

Vrydag: Jesaja 53:3-6
Ek glo in Jesus wat gely het

Laai die app gratis af:
Google Play:
https://play.google.com/store/apps/details?id=com.d**kjeug.d**kjeugapp&hl=
Apple iStore:
https://apps.apple.com/za/app/d**kjeug-families/id1504077715

**kjeug

Address

67 4th Avenue
Kleinmond
7195

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NGK Kogelberg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share