Olie vir jou Lamp

Olie vir jou Lamp Die oorspronklike groep is gestig 28 Julie 2013 vir bemoediging aan elkeen wat dit lees. En selfs al het hulle die blad gehack, kon ek dit weer terugkry. Amen

7 September©Olie vir jou LampSit jy vanoggend met 'n probleem?D**k dan aan - Psalm 46:2 (AFR83)"God is vir ons 'n toevlu...
07/09/2026

7 September
©Olie vir jou Lamp
Sit jy vanoggend met 'n probleem?
D**k dan aan -
Psalm 46:2 (AFR83)
"God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood."
Ons moet leer om DAAGLIKSE vertroue in God te hê!


6 September©Olie vir jou LampPsalm 88:4 (83) “...Die swaarkry het vir my te veel geword…”Here, vandag kan ek so goed met...
06/09/2026

6 September
©Olie vir jou Lamp
Psalm 88:4 (83) “...Die swaarkry het vir my te veel geword…”

Here, vandag kan ek so goed met die psalmdigter vereenselwig: ek wil ook aan U kom sê dat die swaarkry vir my te veel geword het,
Dat my krag heeltemal gedaan is,
dat dit vir my voel asof U nie meer na my gebede luister nie,
of U my verstoot en U van my af teruggetrek het,
En tog, Here, weet ek vir seker dat dit nie so is nie...
Ek WEET dat ek ‘n God aanbid wat my op die regte tyd weer uitkoms sal gee,
Help my om aan U vas te hou, om aan te hou en uit te hou,
om te volhard omdat ek weet dat hierdie swaarkry net tydelik is,
En vir my sal uitloop op ‘n heerlikheid wat vir ewig sal duur.”
(oorsprong onbekend)



5 September©Olie vir jou LampJy voel dalk of jy vanoggend kan sê " Here praat met my want ek hoor niks, wys my wat om te...
05/09/2026

5 September
©Olie vir jou Lamp
Jy voel dalk of jy vanoggend kan sê " Here praat met my want ek hoor niks, wys my wat om te doen want ek weet nie meer nie!"
" Laat ek in die oggend hoor
van u onfeilbare liefde,
want ek vertrou op U.
Wys my die pad
waarop ek moet loop,
want tot U rig ek my gebed." Psalm 143:8

" Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. Maar, as ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word."
Jakobus1:5‭-‬6 NLV




4 September©Olie vir jou LampVoel dit vir jou of jou hele lewe buite beheer is?Of jou dae net só besig is dat jy belangr...
04/09/2026

4 September
©Olie vir jou Lamp
Voel dit vir jou of jou hele lewe buite beheer is?
Of jou dae net só besig is dat jy belangrike dinge verwaarloos?
Of dalk voel jy vasgekeer in een plek?
Voel jy dalk hopeloos en gefrustreerd omdat niks waaroor jy bid verander nie?
Miskien moet jy net weer onthou jy het die Here nodig , want
"Ek is nie daartoe in staat om enigiets uit my eie te doen nie…” Johannes 5:30 NLV


3 SeptemberGEBEDHere U is altyd meer gereed om te luister as wat ons is om te bid.Meer gereed om te gee as wat ons verdi...
03/09/2026

3 September
GEBED
Here U is altyd meer gereed
om te luister as wat ons is om te bid.
Meer gereed om te gee
as wat ons verdien
Bewys asseblief genade
en gee my krag om te verdra
wat oor my pad kom.
Heer, met slegs U aan my sy
is ek veiliger as wanneer 'n menigte my sou beskerm. Dankie Heer!
Amen

2 September©Olie vir jou LampWaarom is jy bang en vreesbevange?Het jy nog steeds nie jou probleme en seer vir die Here g...
02/09/2026

2 September
©Olie vir jou Lamp
Waarom is jy bang en vreesbevange?
Het jy nog steeds nie jou probleme en seer vir die Here gegee nie?
OF
Het jy nog steeds geen geloof nie?.

Hy vra toe vir hulle: “Hoekom is julle so verskrik? Vertrou julle My nog steeds nie?” Markus 4:40 NLV



1 September©Olie vir jou LampDie wêreld is soos 'n stofsuier wat alles opsuig en as dit waardevol was moet jy maar in di...
01/09/2026

1 September
©Olie vir jou Lamp
Die wêreld is soos 'n stofsuier wat alles opsuig en as dit waardevol was moet jy maar in die stofsuier gaan krap om dit weer te kry.
Die suigkrag van die wereld is dieselfde .. en as jy ingetrek is in wêreldse waardes en versoekings
moet jy ook teruggaan en gaan soek wat jy verloor het....
Jou verhouding met die Here!
Miskien is dit iets wat jy op hierdie Lentedag kan herwin en herstel.
Gelukkige Lentedag🌺

"Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom." 2 Korintiërs 5:17

"Moenie julle aanpas by die gewoontes van hierdie wêreld nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe." Romeine 12:2



🙏
31/08/2026

🙏

31 Augustus ©Olie vir jou LampDis Maandag, jy het dalk nie 'n idee hoe jy deur hierdie week gaan kom nie, maar die Here ...
31/08/2026

31 Augustus
©Olie vir jou Lamp
Dis Maandag, jy het dalk nie 'n idee hoe jy deur hierdie week gaan kom nie, maar die Here se belofte aan jou is dat Hy met jou sal wees.
Moenie vrees nie en moenie moedeloos raak nie.
Jy is nie alleen nie.
"Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.’" Josua 1:9


Address

George
6530

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Olie vir jou Lamp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share