Die Lighuis AGS Gansbaai

Die Lighuis AGS Gansbaai AGS Gansbaai

Het jy gister se diens gemis, of wil weer na die boodskap luister. Kry dit hier:
07/09/2026

Het jy gister se diens gemis, of wil weer na die boodskap luister.

Kry dit hier:

Nagmaal Oggenddiens 2026-09-06.00:00:00 - Intro00:00:09 - Boodsk...

Sondae is ons gunsteling dag van die week! Ons is kragtig bedien deur Pastoor Pierre Hoffman oor die tema: “KEUSES”.Gans...
07/09/2026

Sondae is ons gunsteling dag van die week!

Ons is kragtig bedien deur Pastoor Pierre Hoffman oor die tema: “KEUSES”.

Gansbaai, kies Jesus. Kies lewe.
Kies gehoorsaamheid. Kies om die Here te dien!

Dankie, Pastoor Pierre, vir ’n tydige en kragtige Woord.

Jy is uitgenooi! Kom sluit hierdie Sondag by ons aan, bring jou familie en vriende saam – jy is welkom nes jy is!🗓 Sonda...
05/09/2026

Jy is uitgenooi!

Kom sluit hierdie Sondag by ons aan, bring jou familie en vriende saam – jy is welkom nes jy is!

🗓 Sondag - 06 September 2026
⏰ 09:00
📍 Die Lighuis, 22 Muller Straat.

Ons sien uit om jou daar te hê. 🙏

03/09/2026
WAT ’N GESEËNDE OGGENDDIENS! Wat ’n besonderse en geseënde oggenddiens het ons saam met Lizette gehad! Ons is dankbaar v...
03/09/2026

WAT ’N GESEËNDE OGGENDDIENS!

Wat ’n besonderse en geseënde oggenddiens het ons saam met Lizette gehad!

Ons is dankbaar vir God se teenwoordigheid,
Sy Woord en die manier waarop Hy elke hart aangeraak het.

Dankie, Lizette, vir jou gehoorsaamheid en vir die kragtige bediening van God se Woord.

Aan God alleen al die eer!

Wat ’n voorreg om saam Sy Naam groot te maak.

02/09/2026

4 WEKE OM TE GAAN‼️

Ons sien uit na wat God deur hierdie kamp in ons jeug se lewens gaan doen.

Ons vertrou die Here vir voorsiening, deurbrake en veranderde lewens. Dankie vir elkeen wat alreeds saamstaan, bid en saai 🙏

Wil jy hierdie koninkrykswerk ondersteun? Doen gerus ’n EFT of skenk op Back a Buddy:

EFT
• Bank: ABSA
• Rekeningnaam: AGS Gansbaai
• Rekeningnommer: 3220152188
• Tipe rekening: Tjek
• Tak-kode: 632005
• Verwysing: Jeugkamp

Back a Buddy
https://www.backabuddy.co.za/campaign/camp-youth-ignite-fundraiser

Vir meer info oor die kamp se tema of program, kontak ons gerus.

Seënwense,
Youth Ignite Span
Die Lighuis AGS Gansbaai
067 189 6915 / 078 352 9230

02/09/2026
Het jy gister se diens gemis?Kyk dit hier:
31/08/2026

Het jy gister se diens gemis?

Kyk dit hier:

Oggenddiens 2026-08-30. 00:00:00 - Intro00:00:09 - Voorsang00:0...

🔥JEUG AANDDIENS 6 SEPTEMBER🔥Ons jeug neem die aanddiens oor! 🙌Kom beleef ’n besondere aand saam met ons en ervaar self d...
31/08/2026

🔥JEUG AANDDIENS 6 SEPTEMBER🔥

Ons jeug neem die aanddiens oor! 🙌

Kom beleef ’n besondere aand saam met ons en ervaar self die atmosfeer, aanbidding en bediening wat deel vorm van ons jeugaande. ❤️‍🔥

📅 Sondag, 6 September 2026
⏰ 18:00
📍 Die Lighuis AGS Gansbaai

🌭 Boereworsrolle R25 elk Slegs op voorafbestelling.

Bestel by:
Kerk: 067 189 6915
Bernard: 078 352 9230

Kom ondersteun ons jeug, bring die familie saam en nooi iemand! 🔥🙌

🌸 DAMESOGGEND! 🌸Wat ’n besondere oggend saam met Lizette! ’n Oggend vol vreugde, kosbare oomblikke, goeie geselskap en b...
29/08/2026

🌸 DAMESOGGEND! 🌸

Wat ’n besondere oggend saam met Lizette!

’n Oggend vol vreugde, kosbare oomblikke, goeie geselskap en bediening wat ons harte aangeraak het.

Ons is dankbaar vir elke dame wat deel was van hierdie spesiale oggend.

Dankie, Lizette, vir jou bediening en vir die manier waarop jy elke dame bemoedig en geïnspireer het.

Ons harte is vol dankbaarheid!

Hier is ‘n paar oomblikke van die oggend.

Lizette bedien môreoggend om 09:00 ook by ons kerk.

Moenie dit misloop nie!

Address

Muller Str
Gansbaai
7220

Opening Hours

Monday 09:00 - 13:00
Tuesday 09:00 - 13:00
Wednesday 09:00 - 13:00
Thursday 09:00 - 13:00
Friday 09:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 11:00

Telephone

+27837906354

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Lighuis AGS Gansbaai posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Die Lighuis AGS Gansbaai:

Shortcuts

Share

Category