02/09/2026
-DankieDraf-Stap-
Op Woensdag 2 September het ons met die eerste DankieDraf-Stap afgeskop. Die draf- en stap-geleentheid sal voortaan elke Woensdagoggend om 06:00 vanaf die kerkterrein begin. Die 5 km-roete eindig ook weer op die kerkterrein. Sluit gerus by die aktiwiteit aan - geen besprekings is nodig nie - jy daag net op en handhaaf jou eie pas.
Terwyl ons stap sê ons dankie vir al ons seëninge en die genade van die Here wat ons daagliks omvou.