Ons glo die Vader is God (Wese/Siel van God), die Seun is God (God as tasbare Liggaam/Joh 1:1-3, 14; 8:58), en die Heilige Gees is God (God as Gees/Hand 5:3-4). Een God, Almagtig, Alomteenwoordig en Alwetend. Ons is na sy beeld geskape (Gen 1:27) en bestaan dus ook uit gees, siel en liggaam (1 Thess 5:23). Ons gemeente is lief om die Here te verheerlik deur ons aanbidding, ons musiek en ons sang.
Ons hef hande op en klap graag ook hande in spontaniteit tot eer van God en ons aanbid ook in tale wanneer die Gees ons so lei. Tale en uitleg van tale word nie verhinder nie en ons verheerlik God met blydskap. Ons glo in ons dinamiese gemeente en verlustig ons graag in die Here. U is BAIE welkom om saam met ons die Here so te aanbid.