26/03/2026
Meer van HOM minder van my!!
Markus 9:33-35 lees ons die volgende woorde:
Jesus vra die disipels: Wat het julle met mekaar geredeneer? Maar hulle het stilgebly: want hulle het op die pad met mekaar gepraat oor wie die grootste is. En toe Jesus gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle. As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal wees en almal se dienaar wees.
Vandag is daar 'n groot seer wat in die liggaam van Christus uitsteek, en dit is die een wat d**k hy is beter en groter as die ander een!
* Pastore werk eerder teen mekaar as saam mekaar, want my "kerk" is beter en jy gaan nie my mense "steel" nie.
* Ek is 'n profeet, hoè durf jy my op my naam noem?
* Ek is Apostel "so en so" - nie meneer of mevrou nie (selfde met die teologiese manne met hulle dokters grade; hoe durf jy my nie aanspreek as "Dokter so en so nie", of "Professor so en so")
* Ek bedien die Woord beter as hy/sy, wat soek hùlle daar voor?
Hoekom gebruik die Pastoor hùlle en nie mý nie?
* Net èk bid vir die mense, niemand anders, net èk ken God se krag, Sy werke en genesende hand!
En so kan ek die lys verbreed.
Die punt wat ek graag wil uitwys is dat ons as kinders van God groot geraak het in onsself, en selfs die werk van GOD as 'n kompetiesie begin hanteer!
Ek en my vrou deel soms ons getuienisse by plekke van tyd tot tyd, soos die HERE dit moontlik maak, en gewoonlik altyd nà die tyd sal iemand na ons toe opkom en goed sê soos "my getuienis is baie groter as julle sin", of iets in daardie lyn, en regtig dit verstom my elke keer, want ons is hier om GOD se glorie te wys, hoe awesome HY is en was vir ons! nie hoe "grànd" ons is nie, want ons is NIKS sonder JESUS nie!
Hier is vandag so baie profete, Apostels en dokters grade wat links en regs rond gegooi word, dat as jy hulle nie so addreseer nie, het jy groot moeilikheid, "Hoe durf jy my titel disrespekteer? (Ek het niks teen kwalifikasies en iemand se roeping nie, ek het wel 'n probleem met hoogmoedigheid).
Jesus het nie eers die roeping/titel kaart gespeel nie, en HY kon!
Pilatus vra Jesus in Lukas 23:3 die volgende: "Is U die Koning van die Jode? En Jesus kon dan en daar gesê het JA EK IS! WANT HY IS..Maar HY antwoord in vers vier(4) en sê vir Pilatus U sê Ek is".
Ons doen vandag so baie dinge in die "naam van Jesus", wat glad nie eers in SY KARAKTER is nie, en dit is skrikwekkend want ons is veronderstel om HOM te verteenwoordig!
Een van Jesus se grootste karakter- eienskappe is nederigheid, en dit is iets wat totaal en al afwesig is in die liggaam van Christus vandag.
Nee, alles moet oor MY gaan;
My roeping, My probleme, My salwing, My bediening, My gemeente, My naam, My regte! Al wat mens raak sien en hoor is EK, Ek, Ek - en nêrens sien of hoor ons van JESUS nie.
EK moet bedien word, Ek moet die woord gee, EK moet die posisie hê, maar ek sal nie ander dien of help of selfs net terug staan dat ander eerste kan kry nie, of selfs net 'n kans gun nie! NEE- as dit nie oor MY gaan nie, stel ek nie belang nie dankie!!
Jesus se die volgende in Markus 10:45: "Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word, maar om te dien en Sy lewe te gee as losprys vir baie( vir my en vir jou)
So wat maak my dan meer belangriker??
Gee die 'n gedagte vandag!
* Wanneer laas het jy iets opgegee vir iemand anders?
*Wanneer laas het jy iets vir iemand anders gedoen sonder enige verwagting of terug betaling? Of om dit orals te adverteer op sosiale media?
* Wanneer laas was jy bereid om terugtestaan en jou geleentheid op te gee vir iemand anders?
* Wanneer laas het jy iets vir GOD opgegee??
Dit is tyd dat ons begin self ondersoek doen, en weer nederig raak, en besef dit gaan nie oor my nie, maar dit gaan oor JESUS CHRISTUS.
As God iets vir jou bestem het, sal jy daarby uitkom. Hy sal dit laat gebeur, jy hoef nie ander te vertrap, of jouself te "Promote" nie.
Kom ons begin mekaar te dien soos JESUS gedien het, Hy het Sy dissipels se voete gewas. JA, die Seun van God het voete gewas, wanneer laas het ek en jy so iets gedoen vir iemand?
Jakobus 4:6 "Maar HY gee groter genade; daarom sê HY: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die Nederiges gee HY genade.
Laat ons God weer begin verheerlik en nie onsself nie.
Groete
Geleen by...Juan Nagel