Vollies Christiana

Vollies Christiana Knowing Jesus and making Jesus known.

Die Here roep ons tot orde en verhouding. Kom hoor wat die scariest vers in die Bybel is en wat nou gemaak. Opgewonde om...
14/08/2026

Die Here roep ons tot orde en verhouding. Kom hoor wat die scariest vers in die Bybel is en wat nou gemaak. Opgewonde om jou te sien, nooi sommer iemand saam. Sien jou daar...

09/08/2026
Opgewonde om jou te sien, kom met ñ verwagting. Sien jou daar...
08/08/2026

Opgewonde om jou te sien, kom met ñ verwagting. Sien jou daar...

Daar is ñ plekkie vir jou, kom kuier gerus saam met ons. Jy is genooi. Nagmaal sal ook bedien word. Sien jou daar....
30/07/2026

Daar is ñ plekkie vir jou, kom kuier gerus saam met ons. Jy is genooi. Nagmaal sal ook bedien word. Sien jou daar....

Moenie hierdie geleendheid mis nie. God het ñ afspraak met jou. Sien jou daar...
26/07/2026

Moenie hierdie geleendheid mis nie. God het ñ afspraak met jou. Sien jou daar...

Ons nooi jou uit om saam met ons die Here te kom aanbid. Net Hy is waardig...
18/07/2026

Ons nooi jou uit om saam met ons die Here te kom aanbid. Net Hy is waardig...

14/07/2026

Bemoediging vir die nuwe seisoen

Op 21 Junie beleef ons die kortste dag en die langste nag van die jaar. Maar daarna begin die dae weer langer word. Dit herinner ons aan 'n belangrike waarheid: geen donker seisoen hou vir altyd aan nie.

As jy vandag deur 'n moeilike tyd gaan, hou moed. God is steeds in beheer, en Hy bring nuwe seisoene van hoop, herstel en seën.

"Laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons die oes insamel as ons nie verslap nie." – Galasiërs 6:9

"Die geween duur net een nag, maar die vreugde kom in die môre." – Psalm 30:6

Mag ons aanhou volhard, ons oë op Jesus hou en met verwagting uitsien na dit wat God nog gaan doen. Na die langste nag kom die lig altyd weer.

Geseënde nuwe seisoen vir elkeen!

29/06/2026

Ons as Kinders van die Here het 'n verantwoordelikheid tov gebeure in ons land. Die wereld kyk na ons om te sien wat ons as gelowiges doen. Kom ons bid saam vir ons land en dorp.

Moenie vrees nie – God is steeds op die troon

Terwyl daar berigte is van moontlike onrus, kies ons as kinders van God om nie deur vrees beheer te word nie, maar deur geloof. Ons vertroue is nie in mense of omstandighede nie, maar in die Here Jesus Christus – die Rots van die Eeue.

"God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Daarom sal ons nie vrees nie..." – Psalm 46:2–3

"Wees sterk en vol moed... want die Here jou God is met jou oral waar jy gaan." – Josua 1:9

"Jy sal hom in volkome vrede bewaar wie se gemoed op U gevestig is, omdat hy op U vertrou." – Jesaja 26:3

Gebed:

Hemelse Vader, ons kom vandag na U toe in die Naam van Jesus. U is ons Skuilplek, ons Vesting en die Rots van die Eeue. Ons bid vir beskerming oor ons dorp, ons gemeenskap en ons land. Bewaar elke gesin, bring vrede waar daar spanning is en laat elke plan van geweld verydel word. Vul ons harte met geloof in plaas van vrees, en help ons om in hierdie tye ligdraers van hoop te wees. Ons vertrou dat U in beheer is en dat niks ons uit U hand kan ruk nie.

"Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees." – Eksodus 14:14

Amen.

Daar is ñ stoel met jou naam op.Almal is welkom, kom aanbid Hom saam ons. Kom met verwagting en kom ervaar liefde. Sien ...
25/06/2026

Daar is ñ stoel met jou naam op.
Almal is welkom, kom aanbid Hom saam ons. Kom met verwagting en kom ervaar liefde. Sien jou daar...

Hierdie Sondag is Vadersdag en nooi ons elke pappa, oupa en stiefpa om saam met ons die Here te kom aanbid. Ons Hemelse ...
19/06/2026

Hierdie Sondag is Vadersdag en nooi ons elke pappa, oupa en stiefpa om saam met ons die Here te kom aanbid. Ons Hemelse Vader is waardig om alle lof en eer te ontvang

Address

22 Voortrekker Street
Christiana
2680

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 22:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27835757344

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vollies Christiana posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share