05/12/2022
BOTTER KOEKIES...........................................................
3 DAE KERSFEES PROMOSIE
BESTEL ONS RESEPTE BOEK VIR R100 Waarde R249
En Kry ons Poeding Boek ter waarde van R100 Gratis.
Stuur Email Na: [email protected]..............................................................
Lewer 96
10 ml (2 t) bakpoeier
4 x 250 ml (4 k) koekmeel
knippie sout
300 ml (1¼ k) suiker
250 g STORK BAKE
2 eiers
Geglasuurde kersies, gekap
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n paar bakplate.
Sif die droë bestanddele saam.
Voeg die suiker by en meng goed.
Vryf die STORK BAKE by die mengsel in.
Klop die eiers en voeg dit by die mengsel.
Meng tot ’n stywe deeg vorm, maar moet dit nie te veel hanteer nie.
Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en druk vormpies uit.
Versier met kersies.
Plaas op ’n bakplaat en bak 12-15 minute tot gaar.
Laat effens afkoel op die bakplaat en laat dan heeltemal afkoel op ’n draadrakkie.
Bêre in ’n lugdigte houer.
Bron: Watertand Resepte.