AGS Brakpan-Wes

AGS Brakpan-Wes 🟠 HERSTEL
🟢VERNUWE
🔴DIEN
2026

06/09/2026

☀️ Goeie môre, liewe gemeente! ❤️

Ons is so opgewonde oor vandag se diens, piekniek en sien baie uit daarna om julle daar te sien! 🙌

Ons begin om 09:00, en ons kan nie wag om hierdie spesiale tyd saam met julle deur te bring nie.

Kom drink ’n koppie koffie ☕, kom kuier lekker saam en kom groei saam rondom die Woord van Christus. 📖

Ons sien julle vanoggend om 09:00!
Kom ons aanbid, groei en leef saam! 🙌

https://www.youtube.com/live/Bxn8voq5fXw?si=uirdtyd_pAmvMdFs

03/09/2026

🤔 Dink oor Donderdag

God se liefde is soos ’n rivier — dit vloei. Dit gee sonder om te vra: “Wat kry ek daaruit?”

Die hart van die Evangelie is dat God eerste gegee het. Hy het Sy enigste Seun gegee, nie omdat Hy iets van ons nodig gehad het nie, maar omdat liefde gee.

“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het...”
— Johannes 3:16

Jesus het nie gegee met ’n agenda nie. Hy het gegee omdat dit Sy hart is.

Mag ons hierdie week leer om ook só lief te hê — nie met die vraag: “Wat kry ek terug?” nie, maar met die hart: “Wat kan ek gee?” ❤️

📅 HIER IS ONS KALENDER VIR SEPTEMBER 2026!📅’n Nuwe maand vol gemeenskap, aanbidding en spesiale geleenthede lê voor! 🙌✨M...
01/09/2026

📅 HIER IS ONS KALENDER VIR SEPTEMBER 2026!📅

’n Nuwe maand vol gemeenskap, aanbidding en spesiale geleenthede lê voor! 🙌✨

Maak seker jy merk die belangrike datums op jou kalender en bly op hoogte van alles wat in September by AGS Brakpan-Wes gebeur. 🗓️❤️

Ons sien uit om die maand saam as gemeente en familie in Christus te beleef! 🙏

30/08/2026

☀️ Goeie môre, liewe Gemeente! ❤️

Ons is so opgewonde oor vandag se diens en sien baie uit daarna om julle daar te sien! 🙌

Ons begin om 09:00, en ons kan nie wag om hierdie spesiale tyd saam met julle deur te bring nie.

Kom drink ’n koppie koffie ☕, kom kuier lekker saam en kom groei saam rondom die Woord van Christus. 📖

As jy vandag nie die diens persoonlik kan bywoon nie, is hier onder ’n skakel waar jy steeds saam met ons kan inskakel. Kom geniet die diens saam met ons, waar jy ook al is! 🙏

Saam as ’n familie is ons sterker.
Een in gemeenskap.
Een in God.
Een in Sy liefde. ❤️

Ons sien julle vanoggend om 09:00!
Kom ons aanbid, groei en leef saam! 🙌

"https://www.youtube.com/live/dvS4m9GUF5w?si=eqn7JOrgKE-7m8ds" (https://www.youtube.com/live/dvS4m9GUF5w?si=eqn7JOrgKE-7m8ds)

28/08/2026

🤔 Dink oor Vandag

🎙️ “Hoe sien jy jouself wanneer jy foute maak?”

Wanneer die druk te veel raak, voel dit soms asof jy gaan breek… asof jy misluk het en onbruikbaar is. 💔

Maar die Vader nooi jou vandag: “Moenie opgee nie. Laat My jou herstel. Kom, laat Ek jou nuut maak en jou vorm.” 🙌

Onthou: God se werk in jou is nie ’n eenmalige gebeurtenis nie — dit is ’n voortdurende proses. 🤍

📖 “Hy wat ’n goeie werk in julle begin het, sal dit voleindig.” – Filippense 1:6

☀️ Geseënde Sondag, gemeente!Vandag is nóg ’n geleentheid om nader aan die Here te groei en saam as familie in Sy huis b...
23/08/2026

☀️ Geseënde Sondag, gemeente!

Vandag is nóg ’n geleentheid om nader aan die Here te groei en saam as familie in Sy huis bymekaar te kom. 🙏💛

Die diens begin om 09:00 en ons wil jou aanmoedig om saam met ons in te skakel. Kom ontvang nuwe krag, nuwe hoop en nuwe vreugde in God se teenwoordigheid! ✨🔥

Nooi gerus iemand saam — daar is altyd plek vir nog familie by Brakpan-Wes! 🤍

Ons sien uit daarna om saam met julle die Here te dien!

Goeie more almal, Welkom by ons Oggenddiens. Ons is opgewonde om ...

20/08/2026

🤔 Dink oor Donderdag

Elke dag het ons ’n keuse: Gaan ek my eie pad volg, of gaan ek God vertrou? 🙏

Om oor te gee beteken nie alles word maklik nie—dit beteken jy vertrou die Pottebakker met die proses. 🤍

“Nogtans nie my wil nie, maar U wil moet geskied.”
— Lukas 22:42

Laat God jou vandag weer vorm. 🙌

🌅 Goeiemôre, Gemeente!💫Ons nooi julle hartlik uit na ons diens 09:00 in die kerk. 🙏❤️ Liefde is ’n eenrigtingstraat.❤️📢W...
16/08/2026

🌅 Goeiemôre, Gemeente!💫

Ons nooi julle hartlik uit na ons diens 09:00 in die kerk. 🙏

❤️ Liefde is ’n eenrigtingstraat.❤️

📢Ware liefde gee sonder om iets terug te verwag. Wanneer ek lief is met die doel om net te gee, en nie om iets terug te kry nie, raak my liefde vry van ’n agenda en raak dit **moeiliker om aanstoot te neem as ander nie gee nie... **📢

Kom ons leer om lief te hê soos Jesus — om te gee, te dien, te vergewe en lief te hê, selfs wanneer daar niks vir ons teruggegee word nie.🎯

❤️Ons gee. Ons dien. Ons het lief. Vir God, vir mekaar en vir ander. ❤️

Goeie more almal, Welkom by ons Oggenddiens.Tema: Soos klei (in...

Manne Aand – Registrasie is oop! 🔥Manne, registrasie vir ons volgende Manne Aand is amptelik oop!Ons sien baie uit na ’n...
13/08/2026

Manne Aand – Registrasie is oop! 🔥

Manne, registrasie vir ons volgende Manne Aand is amptelik oop!

Ons sien baie uit na ’n besonderse aand van aanbidding, geestelike bediening en lekker saamkuier as manne.

Hierdie keer het ons die voorreg om Pastoor Carel Joubert van Impak Kerk, saam met hulle Aanbidding-span, by ons te verwelkom. Ons glo dit gaan ’n geseënde en besondere aand wees.

🍽️ Vetkoek & mince – verniet! 🙌🏼

📅 Vrydag, 21 Augustus
🕕 18:00 vir 18:30

👉 Bespreek nou jou plek en moenie wag tot dit te laat is nie.

Nooi gerus ’n vriend en kom beleef die aand saam met ons.

REGISTREER NOU: 👇🏼
https://forms.gle/sMa7sPu6n9EnK2VJA

Yster slyp yster.
Vriende vorm mekaar. 💪🏼

09/08/2026

🌟 Goeiemôre, geliefde gemeente! 🌟

Ons hoop julle het ’n wonderlike naweek gehad! 🙏❤️

Ons wil julle graag nooi om 09:00 saam met ons kerk toe te kom. Daar is niks soos om saam met die gemeente in God se teenwoordigheid te wees nie. 🙌

Maar as jy nie fisies by die kerk kan wees nie, is jy baie welkom om aanlyn saam met ons in te skakel. 💻📱 Ons wil graag hê jy moet deel wees van wat God vandag gaan doen!

📖 Spreuke 3:5 (NLV):“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insig staatmaak nie.”🔥❤️

Ons sien julle 09:00 — by die kerk of aanlyn! 🙏
https://youtube.com/live/Efq27ciFQ2A?feature=share

Address

122 Witpoortjie Road
Brakpan
1541

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 10:30

Telephone

+27795054239

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AGS Brakpan-Wes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to AGS Brakpan-Wes:

Shortcuts

Share