04/09/2026
✝️ ✝️ ✝️ ✝️ ✝️ 🛐
BARBERTON BYBELGEDREWE BAPTISTE KERK
h/v Generaal en Bland Strate, Barberton.
U word spesiaal uitgenooi na ons EREDIENS en NAGMAALVIERING, eerskomende Sondag, 6 September 2026, om 9 uur.
Tema
Diegene wat in geloof volhard te midde van vervolging, behoort vol hoop te wees. Hoekom? Die wonderlike belofte is dat hulle beslis die eind-tydse redding deelagtig word, aangesien hulle reeds hier en nou God se reddende beloftes ervaar deur die dood en opstanding van Christus.
Skrifgedeelte; 1 Petrus 1:17 tot 25
1. PROGRAM VIR DIE WEEK 6 tot 13 September 2026
☑️ SONDAGSKOOL – Geen na ons Nagmaalviering
☑️ BYBEL UUR – Sondag middag om 17h00 (5nm) in die saal
☑️ BYBELSTUDIE VIR NIE-WERKENDES – Dinsdag oggend om 10uur (10h00) in die saal
☑️ BYBELSTUDIE VIR MANS – Woensdag aand om 19h00 (7uur nm) in die pastorie
☑️ ONS 4.1.2 JEUG – Vrydag middag vanaf 16h00 (4uur nm) in die saal
2. VOORBIDDING VIR HULLE MET GESONDHEID-UITDAGINGS
🛐 Angelique Smidt
🛐 Susan Jordaan
🛐 Johan Bronkhorst – Bronkie se vader
🛐 Marietjie de Beer
🛐 Corrie Myburgh
3. VERJAARSDAE – Geen gedurende die komende week
4. OMGEE BEDIENING
💟 Asseblief, Indien u kan voort gaan om te help met skenkings van nie-bederfbare kruideniersware en skoonmaak middele om diegene van ons gemeente wat swaar kry te kan help?
💟 Opreg baie dankie aan u wat reeds help.
*******************************