Familia Alberton

Familia Alberton As Familia jou SEËN, oorweeg om Familia te SEËN • ABSA • TJEK • 4105414083 OF https://pos.snapscan.io/qr/JzxKruNy

Is jy en jou Familie besig met Jesus ??Want as jou Familie met Jesus besig bly - SAL Jesus met jou Familie besig bly 🙌♥️...
05/09/2026

Is jy en jou Familie besig met Jesus ??

Want as jou Familie met Jesus besig bly - SAL Jesus met jou Familie besig bly 🙌♥️🙌

✝️ Deuteronomium 6:6–7 — God sê Sy woorde moet in ons harte wees en dat ons dit by ons kinders moet inskerp, daaroor praat wanneer ons tuis is en wanneer ons op pad is.

Kom wees deel ELKE SONDAG @ 9am by Familia Alberton ♥️🎵🙌✝️ ALMAL is welkom - ons kan nie wag om jou te sien nie 🎉🎉

Môre oggend is Familie Nagmaal Diens ✝️ bring die hele gesin - ons gaan SAAM VIER dit wat Jesus vir ons gedoen het 🙏🏻

05/09/2026

🌧️ BELANGRIKE KENNISGEWING | FAMILIA SAAM-EET ❤️

Liewe Familia-familie

Met die koue, nat weer en swaar reën wat vir môre voorspel word, het ons besluit om môre se Vetkoek-kuier ná die diens eerder te skuif na volgende Sondag, 13 September. 🌧️

Ons wil hê ons Familia-kuier moet lekker, gemaklik én veilig wees — en met volgende Sondag se voorspelling wat tans sonnig en warmer lyk, glo ons dit is die beste besluit. ☀️🙌

En eintlik werk dit sommer ekstra spesiaal uit! ❤️ Volgende Sondag is ook ons DOOPDIENS! 💦🎉

Ons gaan dus ná ’n baie spesiale oggend saam as Familia behoorlik CELEBRATE — doopdiens, lekker saamkuier én Vetkoek! 🥳❤️

‼️ NEEM ASB KENNIS:
Môre se gewone Sondagoggenddiens, Familienagmaal en Kinderkerk gaan steeds voort soos normaal. 🙏
Dit is slegs die saam-eet ná die diens wat na volgende Sondag skuif.

Dankie vir julle begrip, Familia. ❤️
Ons sien julle môre 🙌

Groete
Jacques & Gail

Hey Familia New Gen.Vrydagaand 6pm is JEUG 🎉🎉 💥Die Groot Vraag is: wie bring jy saam???Bring jou vriende en kom geniet ‘...
03/09/2026

Hey Familia New Gen.

Vrydagaand 6pm is JEUG 🎉🎉

💥Die Groot Vraag is:
wie bring jy saam???

Bring jou vriende en kom geniet ‘n aand van “connect”, saam groei en kuier.

Daar’s Pizza 🍕, Frozen Yogurt 🍦 en ander lekker dinge te koop by die LEKKER KOFFIE BAR… 🍕🙌🙌

Ons maak ‘n vuurtjie 🔥 vir ‘n marshmallow braai 👌🏼👌🏼🥳

Moet dit nie mis nie!!

P.S = OUERS
Julle is welkom om binne die kerkgrond te parkeer en saam met ons ‘n koffie ☕te geniet en te kuier terwyl die Jongspan hulle ding doen.

Families saam by die kerk op ‘n Vrydag aand;
vir ons is DIT ‘n Vibe!! 🥳🥳

Sien julle daar !!!

As jou FAMILIE met JESUS BESIG BLY - SAL JESUS met jou FAMILIE BESIG BLY 🙌❣️🙌“WANT ons is medewerkers van God; die akker...
29/08/2026

As jou FAMILIE met JESUS BESIG BLY - SAL JESUS met jou FAMILIE BESIG BLY 🙌❣️🙌

“WANT ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.”
1 Korintiërs 3:9 ✝️

Ons is almal deel van God se Familie - kom wees deel van ‘n Spesiale Sondag van samekoms - saam groei - saam aanbid - en saam kuier 🙌❣️🙌

Almal is welkom by Familia Alberton elke Sondag @ 9am 🙌 Sien jou môre

Ons hartklop ❤️ by Familia Alberton is dat elke Familie met Jesus sal besig bly … want as jou Familie met Jesus besig bl...
22/08/2026

Ons hartklop ❤️ by Familia Alberton is dat elke Familie met Jesus sal besig bly … want as jou Familie met Jesus besig bly - SAL Jesus met jou Familie besig bly 🙌♥️🙌

“Daarom is julle nie meer soos vreemdelinge nie, soos mense wat nie 'n eie plek het nie. Julle is nou ook mense wat aan God behoort, julle is soos sy eie huisgesin.” (Efesiërs 2:19)

Kom kuier by ons elke Sondag @ 9am en wees saam met ons Besig Met Jesus - Families & Vriende Saam 🙌🙌 - almal is welkom 🙏🏻

Address

66 Nelson Mandela Drive, Randhart
Alberton
1501

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Familia Alberton posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Familia Alberton:

Shortcuts

Share

Category